Be Notified of New Posts via Smoke Signals or Something
Showing posts with label geloofsgefoktheid. Show all posts
Showing posts with label geloofsgefoktheid. Show all posts

Thursday, July 6, 2023

Wil stoute ou hangbal Kleintjie Kleynhans 'n dier sy wyfie maak?




Ek kyk netnou my boodskappe op Facebook, en gelukkig kyk ek toe sommer die spam lêer ook. Iets wat ek selde doen sedert die aantal doodsdreigemente van bygelowige swape afgeneem het. Selfs gratis vliegkaartjies Hel toe het opgedroog. Begin die malles uiteindelik dink oor hoekom hulle glo wat hulle glo, begin my herhalende vrae deur hul dik skedels dring? 

In my spamdoos wag onderstaande boodskappie soos op die skermgreep vanaf die diep geloofsgefokte boerbaar Kleintjie Kleynhans toe. (Terloops, dis 'n man, nie 'n vrou nie.)

Monday, November 1, 2021

Alles Werk Ten Goede Uit?



Die meme sê dit alles. Êrens op die ver verlate vlaktes van Suid-Onnooslikia dans en baljaar 'n klomp geloofsgefoktes nou. Pure blydskap dat alles so mooi ten goede vir hulle verloop. Die berge en den dale weergalm soos die kindjies-klein vir die ontsnappende bontvarkies in hul hoofde liedjies sing en prys. 

  Dis mos darem heerlik om te hoor 'n gesinslid het die lewe ingeskiet in 'n motorongeluk. (Ek verneem die gesin in die motor was witpelsig, en dié in die taxi natuurlik swartpelsig.) 

Friday, May 28, 2021

WTF? Alle Gepompte Wyfies gaan Derde Malhuis toe?


Ek is lank reeds van mening dat bykans sonder uitsondering, amper alle boerbare in Suid-Afrika in wie se naam die woord 'chris' voorkom, ekstra-geloofsgefok is. Of dit nou Christina of Christo of Christopher of Christoffel of watookal is, as daardie vieslike woordjie met sy geloofskonnotasie voorkom in die naam dan kan jy maar weet, êrens was daar onbevoegde ouers wat hul breinsiekte op hul kind permanent wou af-tjap. 

Saturday, May 15, 2021

Afrikaners Geteiken met Noorse Mitologie



'n Advertensie vir T-hemde - gemaak in China, raai ek, o die ironie - wat die Afrikaner se geskiedenis verheerlik, word deur 'n Suid-Afrikaanse onderneming met 'n Noorse naam bemark. Die advertensie verskyn netnou op my tydslyn op Facebook, en die ironie skrei ten Valhalla ag ek bedoel ten hemele.

Die Afrikaner het wel veel om op trots te wees vergeleke met ander etniese groepe, hoewel geloofsgefoktheid en die algemene onnooslikheid as resultaat dit oorskadu. Vir elke uitblinkende ster soos Musk, Barnard, en Shuttleworth is daar negeduisend dowwe sterre wat hulself as Christene uitgee terwyl hulle mede-Afrikaners probeer inloop. Die advertensie se naam tref dus diep, vir diegene van julle wat darem weet wat Valhalla is.

Saturday, April 18, 2020

Boerbarinne Sleep Pratende Slang in Virtuele Paradys Binne

Foto: Gert du Plessis

Ag jissis godt tog. Dan vra geloofsgefoktes hoekom ons ateïste nie hul breinsiekte kan uitlos nie. Dis omdat hulle hul hallusinasies oral moet inwurm en probeer afsmeer, en dan verwag hulle dat gesonde mense dit steeds gelate moet aanvaar en stilbek bly. Se moer sal ek 'n geliegery uitstaan.

  Ek behoort al geruime tyd aan 'n werklike goeie groep op Facebook, 'Ek reis deur my pragtige land Suid-Afrika.' Die admin doen beslis baie moeite met die groep, en die meerderheid van die lede hou by die groep se onderwerp en almal is mooi beskof (die teenoorgestelde van onbeskof, reken ek) met mekaar. Die mooiste foto's word geplaas. Beskaafde taalgebruik word gebesig. Suid-Afrika is nie verniet deur twee internasionale reistydskrifte aangewys as die mooiste land in die wêreld nie. Ek gaan nog eendag my ou land gaan plattoer, gaan wel weird voel om dit as buitelandse toeris te doen.

Friday, April 17, 2020

Breinvigs Pandemie by Orania Volkskool Lei tot Godsnot Diarree


Wêreldwyd is die weerstand teen boeliegedrag in skole aan die toeneem. Opgevoede gemeenskappe weier dat geweld teen kinders toegelaat word, wat uiteraard reg is. Gemeenskappe met 'n intelligensiekwosiënt bo 20 punte besef ook dat geweld en boeliegedrag nie noodwendig fisiek hoef te wees nie, verbale geweld se effek is dikwels net so erg of selfs erger, met 'n negatiewe sielkundige impak wat dekades lank 'n siek skuldgevoel by die slagoffers wek.

Maar boeliegedrag kom nie altyd net vanaf medeleerlinge nie. Onderwysers maak hulself ook daaraan skuldig, en ek het 'n voortreflike voorbeeld daarvan gevind waaroor dié artikel handel in die 'Volkskool' Orania. Ongelukkig is die aanspreeklikes dikwels te breinbeseerd om self te besef watter skade hulle aanrig, hulle is soos oorgroeide kinders sonder toesig in 'n winkel vol oop verfblikke. 

Get Paid to Hang Out on Social Media, Travel the World!