Be Notified of New Posts via Smoke Signals or Something
Showing posts with label spelling. Show all posts
Showing posts with label spelling. Show all posts

Saturday, November 4, 2023

Moed asblif ni 'privaat' op Fysboek soek nee





Gister kom ek op Facebook op 'n plasing af waarin 'n boerbaar die woordjie 'privaat' behoorlik verfomfaai. Dis 'n maklike, algemene woord, maar ek het al opgelet dat die kommin komponent van Afrikaners sukkel met v's en f's en klinkers en t's vs d's, en dies meer. 


Overgesetsynde, die alfabet met sy baie letters is so 20 te veel vir die moderne boerbaar. Wag net totdat hulle sou uitvind mens moet 2000 simbole ken voor mens 'Simplified Chinese' kan leer, of 50 000 vir tradisionele Chinees. Daardie China shops se eienaars by julle is almal baie slimmer as enige ploertploffer





Ek praat nou nie van die dan en wan spelfout, of selfs typos danksy sleutelborde wat wil autocorrect, of selfs van Engelse woorde so tussendeur (soos autocorrect, WTF is die Afrikaans daarvoor wat maklik sê?) nie, ek praat van mense wat hul eie taal vertrap, maar dan pure tweegatjakkals lawaai wanneer die swart ANC saam help trap. 


En toe gaan sleutel ek die woord 'privaat' in op FB se soekbalkie... O god Gert.

Ek gooi enkele skermgrepe so tussendeur in hierdie artikel, met 'n kommentaartjie daarby. Ek verdof nié name nie, omdat daardie mense self hul IK - of gebrek daaraan - geadverteer het in die publieke domein. 


As iemand mos die gevreesde K-woord (kant) gebruik, dan word ta se naam mos nie verdof nie. Net so met ander onnooslikhede saam. Kinders van die toekoms moet darem hul ouers kan google, dis deel van my veldtog om die siklus van godsnot besmetting te verbreek. 


Terloops, as jy wil sien hoe intelligente Afrikaners die gek skeer met swak spelling van onnooslike Afrikaanssprekendes, soek die blad 'Spelfout Vingerfout' op Facebook. 

Friday, March 24, 2023

Afriekaaners dyt en us pilsuurug




So... Ek gaan surf toe mos 'n Afrikaanse maatjie-soek speelput, nie dat ekself spesifiek op hitte is nie, het net trolmateriaal gaan soek. Ek het lankal geleer dat Afrikaanse dating groepe altyd iets oplewer wat die oë laat rek. Omdat ek mos vreeslik diplomaties en beskof - dit moet die teenoorgestelde van onbeskof wees, reken ek - kan wees, sal ek maar nie sê wat ek van die spul vertrapte boerbare daar gedink het nie. 🙄

Of wag, laat ek maar meer vertel. 

Natuurlik, siende dat dit produkte van inteling is wat mekaar met gevatte sêgoed soos 'hey' probeer opchat in daardie 'dating' groep, word godsnot ook oral woes ingesleep soos mens van Afrikaners kan verwag. Sowat 80% van hulle is mos deur 'n pratende slang in die platte kop gepik. En wie wil nou 'n malle date, wonder ek. Die droesems sukkel daarom maar om mekaar se sieltjies te vind om spookgenote te kan word. 

Hulle​​ lyk armoedig en verwaarloos en grys van haar en pels op 35 al, ondanks beauty filters. Een wyfie post sommer 'n foto waar sy glo pas uit die bad geklim het, geen grimering, want fok beste pootjie voorsit soos dating etiket bepaal. Soos sy daar lyk is 'n dereksie enige man se voorland. Ek kon dit nie aan my sellulêre toestel doen om die foto af te laai nie, so nou spaar ek die leser darem 'n WTF oomblik. 

Die spelling en artikulasie van bykans elke lid daar is afgryslik, dis spesiale kindjies-klein kollektief verwronge. Dis sowaar soort soek soort. Wat sou sulke lae-IK mense hê om oor te gesels tot die dood hulle skei as hulle die dag trou? Ek het so blitsig daar weggehardloop dat my hakskene woer-woer my ore geflap het. Met daai tipe gaan ek nie meng nie. 

Ek het dus geen woord gesprak, geen rapse vir hul ooglopende gebrek aan selfdissipline om hulself te verbeter uitgedeel nie. Party mense kan met kritiek en raad en ondersteuning weer op die been gehelp word, maar daardie tipe wil eenvoudig nie eens hulself help nie.

Hoekom tog is soveel Afrikaners, so 'n kommerwekkende groot persentasie, só onverdund puurbloedig onnooslik? 



Get Paid to Hang Out on Social Media, Travel the World!