Gister kom ek op Facebook op 'n plasing af waarin 'n boerbaar die woordjie 'privaat' behoorlik verfomfaai. Dis 'n maklike, algemene woord, maar ek het al opgelet dat die kommin komponent van Afrikaners sukkel met v's en f's en klinkers en t's vs d's, en dies meer.
Overgesetsynde, die alfabet met sy baie letters is so 20 te veel vir die moderne boerbaar. Wag net totdat hulle sou uitvind mens moet 2000 simbole ken voor mens 'Simplified Chinese' kan leer, of 50 000 vir tradisionele Chinees. Daardie China shops se eienaars by julle is almal baie slimmer as enige ploertploffer.
Ek praat nou nie van die dan en wan spelfout, of selfs typos danksy sleutelborde wat wil autocorrect, of selfs van Engelse woorde so tussendeur (soos autocorrect, WTF is die Afrikaans daarvoor wat maklik sê?) nie, ek praat van mense wat hul eie taal vertrap, maar dan pure tweegatjakkals lawaai wanneer die swart ANC saam help trap.
En toe gaan sleutel ek die woord 'privaat' in op FB se soekbalkie... O god Gert.
Ek gooi enkele skermgrepe so tussendeur in hierdie artikel, met 'n kommentaartjie daarby. Ek verdof nié name nie, omdat daardie mense self hul IK - of gebrek daaraan - geadverteer het in die publieke domein.
As iemand mos die gevreesde K-woord (kant) gebruik, dan word ta se naam mos nie verdof nie. Net so met ander onnooslikhede saam. Kinders van die toekoms moet darem hul ouers kan google, dis deel van my veldtog om die siklus van godsnot besmetting te verbreek.
Terloops, as jy wil sien hoe intelligente Afrikaners die gek skeer met swak spelling van onnooslike Afrikaanssprekendes, soek die blad 'Spelfout Vingerfout' op Facebook.
Newwermaaind 'n extended car warranty smous, hier is enigiemand wat spellesse onder 'n afdak wil gaan aanbied se kans. Stefaansie sal mooi soet daar sit en 'erk', wat ek dink 'n nuwe tipe breinfloute mag wees.
Jagse Jannie het so amper vir 'n sluwe slet - wat toe blyk 'n Nigeriese manlike swendelaar wat Afrikaners teiken te wees wat Google Translate gebruik - geval, maar toe betyds die lig gesien. Waarmee 'sy' hom probeer afpers het sal net hy weet, terwyl ons almal net kan raai dat daar dalk 'n private worsie te wyse was. En, nee, Janneman, 'haar' naam wat sy as Megan opgee is óók 'n vals naam, net soos haar fake fotos. As die brein van bloedtoevoer beroof is deur Worsman dink mens soos jy, né.
Kontak asseblief vir Tant Stienie as jy jou huis in Rustenburg wil verkoop. Oor Marie gaan ek maar nie iets sê nie, want sy praat van haar hondjie, ek hoop dié het herstel, en dat daar geld oor was vir spellesse daarna.
Okay, ek verstaan nou hoekom eienaars wat hul eiendomme verhuur so skepties is oor nuwe huurders. Begin my mos lyk die onnooslikes soek die meeste broeiplek.
Bostaande is 'n absolute juweel. Dié vrou wil praat. En praat gaan sy praat. As dit by skinder kom is sy los voor in die koor, dit is sommer 'n baie logiese raaiskoot.
Alle mans, julle praat oor die verkeerde moewie met Afrika-Barbie. Barbie is skaam vir jul biologiese drange. Sies vir julle.
Ek raai nou, maar die een George se schnitzel was dalk afgesny en toe soek hy met 'n welsyntjekkie 'n ambulans om weer te laat aanwerk, terwyl 'n ander George meer die afsnyerige tipe is wat boonop hou van worsbraai oor 'n groot vuur.
Mariëtte het soos ek nie veel ooghare vir swapelinge wat Afrikaans vertrap nie, wat toon dat daar darem hoop is vir Afrikaans. Dis vir my interessant dat ek spesifiek 'privaat' in die soekbalk ingesleutel het, en desondanks gooi FB toe al die ploertspellers onder en bo haar kommentaar ook in die resultate.
Adrie - wie se ouers nie die behoorlike spelling van Adri kon regkry nie; spel mos soos hulle hoor want boeke en taalreëls is uit die bose - sê julle is vieslik, mense. Sies.
Oor Rimpel van der Willie kan mens niks sê nie, sy spelling is net perfek.
My weersin in 'n spesifieke komponent van Afrikaners, na wie ek as 'boerbare' verwys, is welbekend.
Om vir hierdie benaming te kwalifiseer, moet die persoon:
- uiteraard 'n Afrikaner wees (en dikwels sê boerbare hulle is 'n Boer maar nie 'n Afrikaner nie, om hul onnooslikheid nog verder te onderstreep), oftewel
- 'n witpelsige Afrikaanssprekende van baster afkoms,
- Onnooslik wees (en inteling en bloedskande onder die voorgeslagte dra beslis by, en godsnot in die plat koppe baie beslis),
- denkprosesse soos 'n geklede bobbejaan hê,
- Swak spel in sy/haar/dit se eie moedertaal (dis gewoonlik weens die vrees vir lees danksy die Bybelse opdrag 'vermy die boom van kennis', oftewel lees en dink, en 'glo net soos 'n kindjie-klein, moenie vrae vra nie'), en
- Geloofsgefok (gelowig) wees, danksy onbevoegde Afrikaner-ouers wat hul kinders mos belieg en emosioneel mishandel met dreigemente van wat 'n gemorsgod aan hulle gaan doen as hulle nie (voeg afpersingvereiste hier in),
- gereeld en maklik val vir liegstories (mos mooi voorberei deur godsnotspoegers) en samesweringsnert, sonder enige werklike bewyse, en vir skelm swendels, en
- regs tot verregs op die politieke spektrum wees, dis klaarblyklik die grotmense se domein daardie.
Soos ek altyd sê, hoe meer geloofsgefok hoe swakker die spelling en hoe swakker die denkprosesse. Sonder uitsondering, kyk maar self.
Mens dink mos darem in jou eerste taal. As jy nie eens behoorlik in die taal waarmee jy opgegroei het kan spel nie, hoe gekonfokuleerd moet die denkprosesse in die brein nie wees nie? En dit lei tot swak besluitneming, iets wat dan verklaar hoekom lande soos Suid-Afrika soveel probleme het. Dis van pure onnooslikheid, mense, en indoktrinasie met godsnot het dit veroorsaak. Neem waar en leer. Spelling sê baie van 'n persoon.
*'N.S: Uiteraard het ek hierdie artikel se titel met opset geboerbariseer (nóg 'n nuutskepping van my, so pas); dit word satire genoem. Maar ek laat my nie vertel dat elke tweede Afrikaner se swak spelling aan satire, of selfs aan disleksie toegeskryf kan word nie.
No comments:
Post a Comment