Be Notified of New Posts via Smoke Signals or Something
Showing posts with label Orania. Show all posts
Showing posts with label Orania. Show all posts

Saturday, August 8, 2020

Saterdag-wenner van Boerbaar Bazaar Grotman van die Week Aangewys

  Die lyding wat baie diere deurgaan aan die misdadige pote van die mens is veel erger, en veel meer algemeen, as wat die meeste van ons wil erken. Daarom neem ek sterk eksepsie teen vertrapte gomgatte wat die doodmaak van diere verheerlik. 

  Ek is een van 'n groeiende aantal bewaringsbewustes wat enige Suid-Afrikaanse boer wat diere vir die 'pret' doodskiet, se internasionale kopers van sy produkte in kennis stel van hoe die betrokke boer met diere omgaan, en ook sulke grootmaataankopers se eindkopers. As al hoe Suid-Afrikaanse geloofsgefokte boerbare kan leer hoe om ordentlik teenoor diere op te tree deur hul beursies moet geskied, laat dit dan so wees. Ons het voorheen al gesien hoe Denemarke alle SA wyne vanaf hul winkelrakke afgehaal het, en die weersin internasionaal teenoor primitiewe Afrikaners groei steeds. 

Friday, April 17, 2020

Breinvigs Pandemie by Orania Volkskool Lei tot Godsnot Diarree


Wêreldwyd is die weerstand teen boeliegedrag in skole aan die toeneem. Opgevoede gemeenskappe weier dat geweld teen kinders toegelaat word, wat uiteraard reg is. Gemeenskappe met 'n intelligensiekwosiënt bo 20 punte besef ook dat geweld en boeliegedrag nie noodwendig fisiek hoef te wees nie, verbale geweld se effek is dikwels net so erg of selfs erger, met 'n negatiewe sielkundige impak wat dekades lank 'n siek skuldgevoel by die slagoffers wek.

Maar boeliegedrag kom nie altyd net vanaf medeleerlinge nie. Onderwysers maak hulself ook daaraan skuldig, en ek het 'n voortreflike voorbeeld daarvan gevind waaroor dié artikel handel in die 'Volkskool' Orania. Ongelukkig is die aanspreeklikes dikwels te breinbeseerd om self te besef watter skade hulle aanrig, hulle is soos oorgroeide kinders sonder toesig in 'n winkel vol oop verfblikke. 

Get Paid to Hang Out on Social Media, Travel the World!