Op Facebook is 'n 'Kaapse Kleurlingvrou' (ek het nie 'n fokken clue of dit polities-korrek is nie) wat skerp van tong, en moersnaaks is. Dink Patricia de Lille, net tien keer beter. As sy in jul parlement was het Malema homself aan Floyd Shivambu se snot opgehang.
Soek haar op FB onder die naam 'Mavis Vannie Lavis', as jy hou van eg-Kaapse vermaak op jou timeline.
Elk geval, kom ek op 'n plasing van haar af wat ek sonder haar toestemming net so gaan kopieër en hier plak, sodat as FB die dag haar account verban, van haar skerp skryfstyl darem behoue sal bly op die internet wat klaar so min Afrikaans het. Sy het darem wel haar plasing in die publieke domein geplaas op 'n platform wat haar nie betaal nie, so ek reken darem nie sy sal omgee vir ekstra publisiteit nie.
Sy bring glo volgende jaar 'n boek uit, dis absoluut 'n vereiste dat al sewe my lesers hul spaarvarkies begin gereedkry daarvoor. As mens na haar plasings op FB kyk en hoe sy dinge beskryf gaan haar boek een van daardie wees wat nie net gekoop gaan word nie, maar beslis gelees gaan word ook. Capies weet mos hoe om 'n ding te beskryf soos geen niemand anders in die wêreld nie.
