Be Notified of New Posts via Smoke Signals or Something
Showing posts with label Volkskool. Show all posts
Showing posts with label Volkskool. Show all posts

Friday, April 17, 2020

Breinvigs Pandemie by Orania Volkskool Lei tot Godsnot Diarree


Wêreldwyd is die weerstand teen boeliegedrag in skole aan die toeneem. Opgevoede gemeenskappe weier dat geweld teen kinders toegelaat word, wat uiteraard reg is. Gemeenskappe met 'n intelligensiekwosiënt bo 20 punte besef ook dat geweld en boeliegedrag nie noodwendig fisiek hoef te wees nie, verbale geweld se effek is dikwels net so erg of selfs erger, met 'n negatiewe sielkundige impak wat dekades lank 'n siek skuldgevoel by die slagoffers wek.

Maar boeliegedrag kom nie altyd net vanaf medeleerlinge nie. Onderwysers maak hulself ook daaraan skuldig, en ek het 'n voortreflike voorbeeld daarvan gevind waaroor dié artikel handel in die 'Volkskool' Orania. Ongelukkig is die aanspreeklikes dikwels te breinbeseerd om self te besef watter skade hulle aanrig, hulle is soos oorgroeide kinders sonder toesig in 'n winkel vol oop verfblikke. 

Get Paid to Hang Out on Social Media, Travel the World!