Be Notified of New Posts via Smoke Signals or Something
Showing posts with label vermaaklik. Show all posts
Showing posts with label vermaaklik. Show all posts

Monday, April 11, 2022

Vrot van Lekker Spuls van Lus op Facebook



Ek slaan my hande saam en lag myself onderstebo. Waar sal ontlading vir 'n wilde Kaapse bo'jaan vandaan kom? 'n Ou kees wil paar, en hy steun sy belustigheid sommer so oor die glad nie verlate vlaktes van die internet uit.

Daar is 'n nuwe blad op Facebook, Netseks in Afrikaans, wat deur iemand wat ek ken bedryf word. Ek het nog nie daarby uitgekom om dit te gaan aai (dis die Afrikaans vir 'like') nie, en miskien ook maar goed so. Afrikaans se erotiese sy word besonder poëties daar ingespan om die oë te laat rek in wilde verbeeldingsvlugte.

Nêrens plaas die admin 'n foto van hom of haarself nie, slegs sexy generiese fotos vanaf die internet ter illustrasie. Baie betaamlik, eintlik. Maar dit verhinder geen boerbaar nie, as hy lus is is hy lus en basta. 'n Prentjie is geskets in die verbeelding en hormone is geskommel, laat die vasdrukkery begin.

Sommer met die eerste storie wat ek lees merk ek toe daarby een kommentaar - die enigste - én die benoude bloubaldraer vervat so 'n slag aan 'n gewurgde wors en volg toe dadelik op met 'n tweede kommentaar. Dis soos om tydens 'n dieet aan 'n verbode stukkie koek te proe, en dan te besluit fok dit, ek vreet die hele koek op.


Get Paid to Hang Out on Social Media, Travel the World!