Be Notified of New Posts via Smoke Signals or Something
Showing posts with label boerbaar. Show all posts
Showing posts with label boerbaar. Show all posts

Saturday, November 4, 2023

Moed asblif ni 'privaat' op Fysboek soek nee





Gister kom ek op Facebook op 'n plasing af waarin 'n boerbaar die woordjie 'privaat' behoorlik verfomfaai. Dis 'n maklike, algemene woord, maar ek het al opgelet dat die kommin komponent van Afrikaners sukkel met v's en f's en klinkers en t's vs d's, en dies meer. 


Overgesetsynde, die alfabet met sy baie letters is so 20 te veel vir die moderne boerbaar. Wag net totdat hulle sou uitvind mens moet 2000 simbole ken voor mens 'Simplified Chinese' kan leer, of 50 000 vir tradisionele Chinees. Daardie China shops se eienaars by julle is almal baie slimmer as enige ploertploffer





Ek praat nou nie van die dan en wan spelfout, of selfs typos danksy sleutelborde wat wil autocorrect, of selfs van Engelse woorde so tussendeur (soos autocorrect, WTF is die Afrikaans daarvoor wat maklik sê?) nie, ek praat van mense wat hul eie taal vertrap, maar dan pure tweegatjakkals lawaai wanneer die swart ANC saam help trap. 


En toe gaan sleutel ek die woord 'privaat' in op FB se soekbalkie... O god Gert.

Ek gooi enkele skermgrepe so tussendeur in hierdie artikel, met 'n kommentaartjie daarby. Ek verdof nié name nie, omdat daardie mense self hul IK - of gebrek daaraan - geadverteer het in die publieke domein. 


As iemand mos die gevreesde K-woord (kant) gebruik, dan word ta se naam mos nie verdof nie. Net so met ander onnooslikhede saam. Kinders van die toekoms moet darem hul ouers kan google, dis deel van my veldtog om die siklus van godsnot besmetting te verbreek. 


Terloops, as jy wil sien hoe intelligente Afrikaners die gek skeer met swak spelling van onnooslike Afrikaanssprekendes, soek die blad 'Spelfout Vingerfout' op Facebook. 

Sunday, September 11, 2022

Twee Stories: Die Kwien is 'n Reptiel, en 'n Pryswenner Boerbaresse




Koningin Elizabeth van Brittanje is op 96-jarige ouderdom die afgelope week oorlede. Slegs twee dae voor dit het die werkoholiese dame nog Brittanje se nuwe Eerste Minister wat Boris Johnson vervang, Mewyfie Liz Truss, se aanstelling tydens 'n persoonlike besoek van laasgenoemde by Balmoral kasteel in Skotland bekragtig.

Die oorlye van die koningin het wêreldwyd opslae gemaak, en vir dae lank al vergas al wat 'n nuuskanaal is die publiek met beelde van die massiewe voorbereidings vir die begrafnis. Uiteraard, weens Brittanje se omstrede rol tydens kolonialisme, is nie almal alte gaande oor die Britte nie, en die Britse koningshuis het sulke mooi mure wat nou met modder geblaker kan word.

Mens moet darem egter steeds 'n mate van simpatie betoon, en erkenning gee waar van toepassing. QE (koningin Elizabeth) se rol as hoof van die Statebond het bygedra daartoe dat talle lande verenig die gevaar vanuit kommunistiese Rusland kon teenstaan, en Russiese invloed kon beperk. Andersins het ons almal dalk nou Russies gepraat en onder 'n totalitêre regime gestaan sonder enige vryhede van spraak en beweging.

Tydens die afsterwe van 'n belangrike persoon, kan mens ander se karakter opsom uit hoe, en of, hulle medelye betoon. Selfs vyandige lande se staatshoofde betuig simpatie wanneer 'n ander land se leier sterf, dis hoe diplomasie en goeie maniere werk. Want onthou, niemand is net altyd nét sleg nie.

Ongelukkig is die regse komponent van Afrikaners bykans sonder uitsondering altyd besmet met godsnot, en het daarom 'n bykans totale afwesigheid van ware moraliteit. Wanneer so 'n Afrikaner semi-geletterd, onkundig, onnooslik, geloofsgefok, tweegatjakkalsig, en verregs is, bestempel ek sulke mans as boerbare, en sulke wyfies se vroulike vorm wat dan boerbaresse heet. Dis 'n portmanteau van die etniese groeperingsnaam 'Boer' (nie boer soos in landbouer nie) en 'barbaar', en dus nie 'n spelfout nie maar 'n nuutskepping wat ek so ongeveer 2013 opgedis het.

Heelwat boerbare het die afgelope week hul Christelik-lieftallige, vergewensgesinde karakters (ek mag dalk sarkasties wees) ten toon gestel, deur na QE in ongure taalgebruik te verwys en haar na hul denkbeeldige Hel toe te verwens.

So hier is vandag se toekenning. Dis gewoonlik 'n weeklikse ding, maar boerbare slaan deesdae hul name so woes met 'n plank internasionaal, dat daar nou elke dag een is wat meer onnooslik en onguur probeer wees as die vorige ene.

Saturday, May 15, 2021

Afrikaners Geteiken met Noorse Mitologie



'n Advertensie vir T-hemde - gemaak in China, raai ek, o die ironie - wat die Afrikaner se geskiedenis verheerlik, word deur 'n Suid-Afrikaanse onderneming met 'n Noorse naam bemark. Die advertensie verskyn netnou op my tydslyn op Facebook, en die ironie skrei ten Valhalla ag ek bedoel ten hemele.

Die Afrikaner het wel veel om op trots te wees vergeleke met ander etniese groepe, hoewel geloofsgefoktheid en die algemene onnooslikheid as resultaat dit oorskadu. Vir elke uitblinkende ster soos Musk, Barnard, en Shuttleworth is daar negeduisend dowwe sterre wat hulself as Christene uitgee terwyl hulle mede-Afrikaners probeer inloop. Die advertensie se naam tref dus diep, vir diegene van julle wat darem weet wat Valhalla is.

Saturday, January 9, 2021

Sal 'n Enema in Boerbare se Gatte Op Hul van Onnooslikheid Genees?



'n Kwasi-sanger affie plopse wat bedags by 'n gatgrouery met 'n fensie Engelse titel staat en skrop met kooperasie syftie boots saam is van mening dat 'hulle' - seker die nare swart anti-Chris Kommunistiese Kapitalistiese regering né, as sy regse politieke uitkyk en puur onkunde gebekyk worre - hulle se entstof in hulle se gatte moet opdruk. O ja, ewe met 'n Trump-skroutjie agterna, die uitroepteken, soos die leser op die komende skermgreep sal sien. Afrikaners gebruik tog die skreeteken te veel en die vraagteken te min.

Saturday, August 8, 2020

Saterdag-wenner van Boerbaar Bazaar Grotman van die Week Aangewys

  Die lyding wat baie diere deurgaan aan die misdadige pote van die mens is veel erger, en veel meer algemeen, as wat die meeste van ons wil erken. Daarom neem ek sterk eksepsie teen vertrapte gomgatte wat die doodmaak van diere verheerlik. 

  Ek is een van 'n groeiende aantal bewaringsbewustes wat enige Suid-Afrikaanse boer wat diere vir die 'pret' doodskiet, se internasionale kopers van sy produkte in kennis stel van hoe die betrokke boer met diere omgaan, en ook sulke grootmaataankopers se eindkopers. As al hoe Suid-Afrikaanse geloofsgefokte boerbare kan leer hoe om ordentlik teenoor diere op te tree deur hul beursies moet geskied, laat dit dan so wees. Ons het voorheen al gesien hoe Denemarke alle SA wyne vanaf hul winkelrakke afgehaal het, en die weersin internasionaal teenoor primitiewe Afrikaners groei steeds. 

Get Paid to Hang Out on Social Media, Travel the World!