Gister kom ek op Facebook op 'n plasing af waarin 'n boerbaar die woordjie 'privaat' behoorlik verfomfaai. Dis 'n maklike, algemene woord, maar ek het al opgelet dat die kommin komponent van Afrikaners sukkel met v's en f's en klinkers en t's vs d's, en dies meer.
Overgesetsynde, die alfabet met sy baie letters is so 20 te veel vir die moderne boerbaar. Wag net totdat hulle sou uitvind mens moet 2000 simbole ken voor mens 'Simplified Chinese' kan leer, of 50 000 vir tradisionele Chinees. Daardie China shops se eienaars by julle is almal baie slimmer as enige ploertploffer.
Ek praat nou nie van die dan en wan spelfout, of selfs typos danksy sleutelborde wat wil autocorrect, of selfs van Engelse woorde so tussendeur (soos autocorrect, WTF is die Afrikaans daarvoor wat maklik sê?) nie, ek praat van mense wat hul eie taal vertrap, maar dan pure tweegatjakkals lawaai wanneer die swart ANC saam help trap.
En toe gaan sleutel ek die woord 'privaat' in op FB se soekbalkie... O god Gert.
Ek gooi enkele skermgrepe so tussendeur in hierdie artikel, met 'n kommentaartjie daarby. Ek verdof nié name nie, omdat daardie mense self hul IK - of gebrek daaraan - geadverteer het in die publieke domein.
As iemand mos die gevreesde K-woord (kant) gebruik, dan word ta se naam mos nie verdof nie. Net so met ander onnooslikhede saam. Kinders van die toekoms moet darem hul ouers kan google, dis deel van my veldtog om die siklus van godsnot besmetting te verbreek.
Terloops, as jy wil sien hoe intelligente Afrikaners die gek skeer met swak spelling van onnooslike Afrikaanssprekendes, soek die blad 'Spelfout Vingerfout' op Facebook.

