Ek kyk netnou my boodskappe op Facebook, en gelukkig kyk ek toe sommer die spam lêer ook. Iets wat ek selde doen sedert die aantal doodsdreigemente van bygelowige swape afgeneem het. Selfs gratis vliegkaartjies Hel toe het opgedroog. Begin die malles uiteindelik dink oor hoekom hulle glo wat hulle glo, begin my herhalende vrae deur hul dik skedels dring?
In my spamdoos wag onderstaande boodskappie soos op die skermgreep vanaf die diep geloofsgefokte boerbaar Kleintjie Kleynhans toe. (Terloops, dis 'n man, nie 'n vrou nie.)