Be Notified of New Posts via Smoke Signals or Something
Showing posts with label Suid-Afrika. Show all posts
Showing posts with label Suid-Afrika. Show all posts

Wednesday, June 7, 2023

Die Staat versus wit Schalk van der Merwe in die saak van aanranding teen 'n swart prokureursklerk





Op 'n Facebook 'haatgroepie' waar al sewe lede die gek skeer met ene Schalk van der Merwe het 'n plasing verskyn waarin Hannes Lottering se plasing oor 'n beweerde aanranding as skermgreep verskyn. Ek weerhou die groep se naam omdat dit 'n private groep is waarvan Van der Merwe nie weet nie en lede alte vermaaklik oor die twee skinder. 

As duiwelsadvokaat wil ek graag die heer Van der Merwe se verdediging behartig rakende bogenoemde aangeleentheid. 

Tuesday, November 29, 2022

Wat steek regtig in media aanvalle op diamantgottamiet Louis Liebenberg?




Na aanleiding van 'n plasing in die 'haatgroepie' Not a VDM or HL Fan Flub (ja, gespel flub, nie club) op Facebook, deur Pieter Duminy oor wat 'n SA koerant (Rapport?) te sê gehad het oor die berugte diamanthandelaar Louis Liebenberg wat glo nie die regte diamanthandelpermitte het nie, het ek die onderstaande as kommentaar geplaas. Ek plaas wat ek daar as kommentaar - en daarna as hele plasing op die groep gedoen het - op hierdie blog weer, en pas dit ietwat aan vir helderheid, net as iets om oor te dink. Duminy se plasing, ingeslote die kopiëring van die koerantberig wat hy aanhaal, plaas ek onder my opinie.

Sunday, November 27, 2022

Moenie bang wees vir crypto-watse-goeters nie, Kindjies-klein




Ek is redelik verbaas - okay ek is nie - oor Afrikaners se onkunde betreffende crypto geldeenhede, die metaverse, en hoe blockchain werk. (Ekself het redelike goeie kennis daarvan, ek adverteer dit eintlik net nooit.)

Ek het netnou op 'n Facebook groep die foto hierbo gesien, en toe hierdie plasing as kommentaar daarby geplaas, en dit daarna toe hier ietwat kom aanpas.

Net omdat die genius Jood Friedman se FTX verhandelingsplatform onlangs getuimel het, beteken nie crypto is sleg of bedenklik nie. Hy het eenvoudig uit gierigheid fondse belê in nuwe startups wat gevou het. Hy het dit voorheen ook gedoen, toe het sy waagstuk gewerk, en het hy en sy venture capital partners groot winste gemaak.

Nou, weens die ekonomiese en politieke klimaat wat uiterste onsekerheid skep op veral risiko markte, het sy waaghalsige streke tussen die digitale pixels deur ongelukkig geboemerang. 'n Paar entrepreneurs se drome dryf nou dood op die Dooie See by Jodeland in baie se nagmerries. Saam daarmee die gelde vanaf FTX om daardie nuwe ondernemings te finansier. 

Mens kan Putin indirek blameer, ja. Tydens ekonomiese en politieke onstabiliteit soek beleggers veiliger hawens as die onstuimige crypto markte op.

As 'n gewone bank sou vou, beteken dit dan alle fiat geldeenhede soos dollars, euros en liras is ook sleg? Nee. (Ons weet wel die ZAR is sleg, kyk hoe val die ding.) 

Tradisionele banke vat ook vet kanse met beleggers - lees: gewone deponeerders wat hul salarisse aan banke toevertrou - se geld, maar omdat hulle peanuts as rente uitbetaal wat hulle terugsteel met bedrieglike transaksiekostes kan hulle verliese absorbeer. 

FTX is nou sleg, crypto nie. Die beginsels agter crypto en blockchain tegnologie is solied. Dis tans nog die Wilde Weste stadium soos nuwe tegnologie getoets en verbeter word, en regulering ingestel word, voordat stabiliteit op verskeie blockchains sal intree soos hulle begin waarde ontsluit.

Sunday, September 11, 2022

Twee Stories: Die Kwien is 'n Reptiel, en 'n Pryswenner Boerbaresse




Koningin Elizabeth van Brittanje is op 96-jarige ouderdom die afgelope week oorlede. Slegs twee dae voor dit het die werkoholiese dame nog Brittanje se nuwe Eerste Minister wat Boris Johnson vervang, Mewyfie Liz Truss, se aanstelling tydens 'n persoonlike besoek van laasgenoemde by Balmoral kasteel in Skotland bekragtig.

Die oorlye van die koningin het wêreldwyd opslae gemaak, en vir dae lank al vergas al wat 'n nuuskanaal is die publiek met beelde van die massiewe voorbereidings vir die begrafnis. Uiteraard, weens Brittanje se omstrede rol tydens kolonialisme, is nie almal alte gaande oor die Britte nie, en die Britse koningshuis het sulke mooi mure wat nou met modder geblaker kan word.

Mens moet darem egter steeds 'n mate van simpatie betoon, en erkenning gee waar van toepassing. QE (koningin Elizabeth) se rol as hoof van die Statebond het bygedra daartoe dat talle lande verenig die gevaar vanuit kommunistiese Rusland kon teenstaan, en Russiese invloed kon beperk. Andersins het ons almal dalk nou Russies gepraat en onder 'n totalitêre regime gestaan sonder enige vryhede van spraak en beweging.

Tydens die afsterwe van 'n belangrike persoon, kan mens ander se karakter opsom uit hoe, en of, hulle medelye betoon. Selfs vyandige lande se staatshoofde betuig simpatie wanneer 'n ander land se leier sterf, dis hoe diplomasie en goeie maniere werk. Want onthou, niemand is net altyd nét sleg nie.

Ongelukkig is die regse komponent van Afrikaners bykans sonder uitsondering altyd besmet met godsnot, en het daarom 'n bykans totale afwesigheid van ware moraliteit. Wanneer so 'n Afrikaner semi-geletterd, onkundig, onnooslik, geloofsgefok, tweegatjakkalsig, en verregs is, bestempel ek sulke mans as boerbare, en sulke wyfies se vroulike vorm wat dan boerbaresse heet. Dis 'n portmanteau van die etniese groeperingsnaam 'Boer' (nie boer soos in landbouer nie) en 'barbaar', en dus nie 'n spelfout nie maar 'n nuutskepping wat ek so ongeveer 2013 opgedis het.

Heelwat boerbare het die afgelope week hul Christelik-lieftallige, vergewensgesinde karakters (ek mag dalk sarkasties wees) ten toon gestel, deur na QE in ongure taalgebruik te verwys en haar na hul denkbeeldige Hel toe te verwens.

So hier is vandag se toekenning. Dis gewoonlik 'n weeklikse ding, maar boerbare slaan deesdae hul name so woes met 'n plank internasionaal, dat daar nou elke dag een is wat meer onnooslik en onguur probeer wees as die vorige ene.

Monday, January 10, 2022

Hey, Lesufi! Stop that white people, man!



Die grootbaas van AfriForum, die mijnheer Kallie Kriel, plaas vandag 'n foto van 'n berig in die Afrikaanse koerant Beeld op sy Facebook bladsy. Met reg ook, opgevoede mense is mos darem trots daarop wanneer iets opbouend vermag word deur Liewe Heksie se uitverkore volk. 

Monday, November 1, 2021

Alles Werk Ten Goede Uit?



Die meme sê dit alles. Êrens op die ver verlate vlaktes van Suid-Onnooslikia dans en baljaar 'n klomp geloofsgefoktes nou. Pure blydskap dat alles so mooi ten goede vir hulle verloop. Die berge en den dale weergalm soos die kindjies-klein vir die ontsnappende bontvarkies in hul hoofde liedjies sing en prys. 

  Dis mos darem heerlik om te hoor 'n gesinslid het die lewe ingeskiet in 'n motorongeluk. (Ek verneem die gesin in die motor was witpelsig, en dié in die taxi natuurlik swartpelsig.) 

Saturday, April 18, 2020

Boerbarinne Sleep Pratende Slang in Virtuele Paradys Binne

Foto: Gert du Plessis

Ag jissis godt tog. Dan vra geloofsgefoktes hoekom ons ateïste nie hul breinsiekte kan uitlos nie. Dis omdat hulle hul hallusinasies oral moet inwurm en probeer afsmeer, en dan verwag hulle dat gesonde mense dit steeds gelate moet aanvaar en stilbek bly. Se moer sal ek 'n geliegery uitstaan.

  Ek behoort al geruime tyd aan 'n werklike goeie groep op Facebook, 'Ek reis deur my pragtige land Suid-Afrika.' Die admin doen beslis baie moeite met die groep, en die meerderheid van die lede hou by die groep se onderwerp en almal is mooi beskof (die teenoorgestelde van onbeskof, reken ek) met mekaar. Die mooiste foto's word geplaas. Beskaafde taalgebruik word gebesig. Suid-Afrika is nie verniet deur twee internasionale reistydskrifte aangewys as die mooiste land in die wêreld nie. Ek gaan nog eendag my ou land gaan plattoer, gaan wel weird voel om dit as buitelandse toeris te doen.

Thursday, April 16, 2020

Steek SA Vrektes Weg, of Vreet Julle Spykers?


Teen Woensdagaand 15 April 2020 het Suid-Afrika 2506 bevestigde gevalle van Covid-19 infeksies gehad, met 34 daarvan wat gesterf het.

Dit ruik nie lekker lykshuis nie, dit ruik meer na verbrande speenvarkie molesteer ('n gekonkel en gelieg.)

Met só min sterftes - boonop in 'n fisiese siek land met die hoogste persentasie gevalle in die wêreld van TB en rooistrikkiegriep wat juis die immuniteitstelsel kompromitteer - behoort iets dadelik vars sesdag-oud vis te ruik. Dis boonop ook nie asof die meerderheid Suid-Afrikaners sommer maklik 'n dokter kan gaan sien en daarom gesond van pels en posdons is nie. Dis gewoonlik 'n lang uitgerekte gewag dat die olike kabouter óf dood of alweer gesond is teen die tyd wat hy voor in die ry kom.

Ja ja, ek hoor die onkundige boerbaar daar agter wat sê dis omdat SA so min bevestigde gevalle het, en dan pure Christen wat kamma nie veroordeel nie onbevoegdheid en bobbejaanstreke probeer insleep as verskoning. Maar feit van die saak is, 2506 gevalle is aangemeld, en daarvan het slegs 34 gesterf. Dit gee 'n sterftesyfer van slegs 1.4%, afgerond.

Daarteenoor wissel die wêreldwye gemiddelde tussen 2% en 11%, afhangende van watter land mens na kyk. Onthou, die uwe praat nie nou hier van die totale aantal gevalle nie (selfs dan is SA s'n onnatuurlik laag), ons praat hier van die persentasie wat sterf nadat hulle geïnfekteer was.

Get Paid to Hang Out on Social Media, Travel the World!