Be Notified of New Posts via Smoke Signals or Something

Thursday, April 16, 2020

Steek SA Vrektes Weg, of Vreet Julle Spykers?


Teen Woensdagaand 15 April 2020 het Suid-Afrika 2506 bevestigde gevalle van Covid-19 infeksies gehad, met 34 daarvan wat gesterf het.

Dit ruik nie lekker lykshuis nie, dit ruik meer na verbrande speenvarkie molesteer ('n gekonkel en gelieg.)

Met só min sterftes - boonop in 'n fisiese siek land met die hoogste persentasie gevalle in die wêreld van TB en rooistrikkiegriep wat juis die immuniteitstelsel kompromitteer - behoort iets dadelik vars sesdag-oud vis te ruik. Dis boonop ook nie asof die meerderheid Suid-Afrikaners sommer maklik 'n dokter kan gaan sien en daarom gesond van pels en posdons is nie. Dis gewoonlik 'n lang uitgerekte gewag dat die olike kabouter óf dood of alweer gesond is teen die tyd wat hy voor in die ry kom.

Ja ja, ek hoor die onkundige boerbaar daar agter wat sê dis omdat SA so min bevestigde gevalle het, en dan pure Christen wat kamma nie veroordeel nie onbevoegdheid en bobbejaanstreke probeer insleep as verskoning. Maar feit van die saak is, 2506 gevalle is aangemeld, en daarvan het slegs 34 gesterf. Dit gee 'n sterftesyfer van slegs 1.4%, afgerond.

Daarteenoor wissel die wêreldwye gemiddelde tussen 2% en 11%, afhangende van watter land mens na kyk. Onthou, die uwe praat nie nou hier van die totale aantal gevalle nie (selfs dan is SA s'n onnatuurlik laag), ons praat hier van die persentasie wat sterf nadat hulle geïnfekteer was.



Suid-Afrika se sterftesyfer per aantal infeksies is opsigtelik laer as die wêreldwye gemiddelde. (Ek doen die wiskunde sommer gou in my kop, so doen gerus jou eie somme ook.) Hoe kan só 'n lae sterftesyfer verklaar word? Selfs Afrika s'n, met SA se lae syfer boonop ingereken, staan op 5.3%.

Daar is slegs drie opsies:
1. Weens Suid-Afrika se hoë persentasie van inentings aan babas - dis na raming sowat 70% van alle babas, een van die goeie gebruike wat uit apartheid se dae dateer - het Suid-Afrikaners 'n weerstandigheid teen virusse opgebou, óf
2. Die SA regering lieg oor die aantal sterftes,
3. of hulle is onkundig oor die werklike syfer, eenvoudig omdat nie almal wat sterf aan bestaande siektetoestande (pre-existing conditions) getoets was vir die virus ook nie. Dit kan moontlik verklaar hoekom so 'n groot tros verpleegpersoneel by St. Augustine hospitaal die virus opgedoen het. Nie maskers gedra omdat iemand aan 'n liefdesteleurstelling dood is nie, byvoorbeeld.

Toetse kos geld, en hospitale kan maklik voel 'ag, daai vreksel is dood, en nog witter as toe hy nog gelewe het, waarom bronne verkwis om sy lyk nou te toets. Gee hom 'n skop laat ons seker kan wees die ding is dood, dan gaan vreet ons gou 'n hoenderboudjie.' Ja, rassistiese gedagtes en gevolglike gedrag is mos deel van Suid-Shitholia se karakter, laat ons nou nie verbande omdraai nie. Boonop gaan elke staatshospitaal gebuk onder tekorte aan materiaal, te min bevoegde personeel, en te veel slapvetdikgattigheid wat deur olierige gemors soos KFC veroorsaak word.

Ek wik en weeg tussen opsies 1 en 3. Twee groot townships, Khayelitsha en een by Durban, het beide 'n enkele geval elk aangeteken wat selfs hier in Europa op die nuus beland het. Almal het dadelik gedog, ah, hier gaan ons lus vir aksie beloon word. Ook is daardie pragtige groot mansions in die townships gewys, 'n volle drie by drie meter elk, met net tot tien mense wat heerlik snoesig daarbinne saamlewe in harmonie en in vrede. Ons almal hier in kou'gat Europa het darem wel gewonder of die mense soggens stort deur op mekaar te nies. Een ha-tuu-shu kan sekerlik 'n hele nes op 'n slag bad.


So, ons weet die Oom Faak Ap - dis 'n Chinese oom - was daar in die townships. Dalk nog steeds. Hulle kan mos winkels opsit sonder om Engels magtig te wees, al sê die land se immigrasiewetgewing anders. Maar dis nie 'n oom wat sommer geïgnoreer word nie, wie met daai oom wil kung fu gaan hospitaal toe, of word ge-bric sonder 'n 's'.

Hoekom dan gebeur die hoop besmettings nie? Hoekom word klinieke nie reeds 'n maand lank deur proesers oorstroom nie? Dokters in SA sê self dat daar 'n onverklaarbare stilte heers in alle hospitale, omdat alle operasies soos snoetverlengings en spataaruitplukkery mos uitgestel is.

Ongeag die waarskuwings van die SA regering dat dit die stilte voor die storm is - en dit is, maar dis nie wat jy dink nie - gebeur daar baie duidelik nie die verwagte infeksies in townships nie. Dit juis onder uiterste arm mense wat nie gesonde kos kan bekostig nie en pensie-rond van net papvreet is, waar baie aan vigs en tuberkulose ly, en wat vir alle praktiese doeleindes soos diere onder sinkplate en gesteelde padborde moet lewe. (Ja Koos Flentergat daar agter, nóú kan jy ANC onbevoegdheid noem.)

Kan dit wees dat daar juis weens die vigspandemie se klomp medisyne 'n ongeëwenaarde weerstandigheid teen Covid-21 - ek pas maar die naam aan, ons gaan die klong en sy gemuteerde boetie volgende jaar nog sien - in townships ontwikkel het? Of, dat daar wel baie siekes met die virus is, maar dat hulle dit wegsteek uit vrees vir hul regering? Nie almal vind die idee van 'n oorstokkie in die neus op en 'n lepel daar by die mangels rond vreeslik eroties nie, hoor. Net as jou naam Donald is sal jy 'n video maak met 'n oorstokkie in die snoet terwyl jy be-EFF probeer lyk. 

Soos ons op die nuus gesien het hou veral Suid-Afrikaners in plakkerskampe nie van die binnenshuise lewe nie, hulle is buitelugmense wat selfs 'n boom agter 'n pratende slang aan sal klim as dit maar net nie gister op die vuur beland het nie. Die boom, bedoel ek, die slang is lankal gesmous aan die plaaslike Chinees. 

  Die spul in sulke kampe is ook vreeslik bedrywige mense, hulle loop rond asof hulle op soek is na 'n kuur teen werkloosheid. En die bra's en broekies gee mekaar drukkies (dikwels ongevraagd, maar dié artikel handel nie oor die land in die wêreld met die hoogste verkragtingsyfer nie) en pomp vuis en stamp boud en drink 'n paar slukkies bier tesame voor hulle mekaar gou beroof voor tjailatyd. Sulke gasvrye mense tog. Daar is niks van afstand hou nie, dalk omdat hulle net soos die baie boerbare in Suid-Afrika ook nie sosiale distansiehering kan spel nie.

Soos die intelligente terroristiese leser kan aflei is kampe die perfekte teelaarde vir kieme en virusse versprei.  Tog, in SA gebeur dit nie. Mens sou reken SA moes onder sulke omstandighede soos hierbo genoem minstens 'n 5% sterftesyfer al gehad het, en tienduisende infeksies. Oftewel, minstens 125 mense dood, maar nee, drie keer minder. 

Kan dit wees dat die kuur vir die virus reeds in SA in veral swartes se bloed te vinde is? Die gevreesde pokke is jaar toet mos juis gekuur toe 'n oplettende koei-hatende witpelsige (Jenner? Wat was sy naam nou weer? Sal moet naslaan) êrens in of van Europa opgemerk het dat koeipokke - wat in koeie aangetref was, as jy dit nie kon raai nie - dalk verdun kon word en in mense ingespuit kon word, sodat die ingespuiteling dan 'n natuurlike weerstand teen pokke kon opbou.

 Om sy teorie te toets het hy toe 'n kind - hy het blykbaar ook nie van daardie goed gehou nie - aan die nek gegryp en vol koeisap - nie melk in dié geval nie, eerder 'n heerlik gestoofde afgeroomde brousel van koeibloed - gespuit. Die pa kom daar aangejae op syse Sahara Sierra, skoon op die voorste boggel van die kameel uit ontsteltenis, en van daar bo af skrou hy so op volspoed "Warrefok espuitie nai tjent?!" Dis natuurlik Arabies vir "Mag ek verneem of u 'n entstof teen die pokke op my liewe eersgeborene getoets het?"

Nog voor pappa Sandvlooi daar van bo Jissis - want daai fokken kameel het mense leer bid - kon afvlieg om die nare Europeër die opstopper der opstoppers te gee, gil Kleinvlooi daar vanaf die dokter se bed: "Pôppa, pôppa! Niegt moerie, niegt moerie, mein pokkels weg! Ik ben ein gesund vagebond!" Wat natuurlik Arabies is vir iets soos dat die gebroedseltjie geskiedenis gemaak het. Toe was die heer Sandvlooi gelukkig, al het hy so by homself gewonder hoekom Afrikane altyd as proefkonyne gebruik moet word.


'n Week of wat terug het twee Franse dottore in 'n regstreekse televisie uitsending voorgestel dat moontlike entstowwe teen die Kung Fu Virus - want jy voel omtrent getrap ná daai virus jou beetgekry het - op Afrikane getoets moet word. Of liewer, in Afrika. En die twee het net edele bedoelings gehad, en as mense met grade kan hulle sekerlik nie so onnooslik soos geloofsgefoktes wees nie. 

  Daar was wel 'n saak uit te maak oor hoé edel, maar ongelukkig het hulle nie juis kans gekry om te verduidelik wat die saak is nie. Want dadelik is rassisme geskree deur elke Jan Rap en sy maat, en wit bloed sonder koeisap is gesoek. Dalk het daardie twee dokters gedink Afrika is in die mees netelige posisie wat hulpbronne teen die virus betref, en 'n kuur moet eerste vir swartpelsiges ontwikkel word? Die Franse is mos juis bekend vir liberalisme en anti-rassisme. Elk geval. 

Dis 'n mediese feit dat ras veel meer as die diepte van velkleur is, sekere soorte kankers tref 'swart rasse' beduidend erger as hul witpelsige eweknieë. En daar is verskeie medisynes wat vir een ras dramaties beter werk as vir 'n ander ras, en omgekeerd. Ekonomies gesproke sowel as gesondheidsgewys is Afrika die kontinent wat enige pandemie die minste kan bekostig. Dit gaan darem 'n storie afgee as die edele dokters 'n kuur ontwikkel wat per ongeluk net op witpelsiges werk, die leser kan self dink watter samesweringsteorieë dan onder Afrikane sal ontstaan. Daarenteen sal Europeërs meer geneë daarmee neem as 'n middel ontwikkel sou word wat net op Afrikane werk en nie op Kaukasiërs nie, want soos die nuuskierige whitey mos maar is sal hy dan net aanhou soek totdat hy 'n kuur vir homself teen die virus ook het. Ons is mos maar oplossingsgedrewe. 

Hoe dit ookal sy, die doel van my artikel is om ondanks lang draaie en 'n paar pokies in sensitiewe siele se rigting, die vraag te vra hoekom SA se sterftesyfer persentasiegewys so laag is in verhouding tot die aantal bevestigde gevalle, vergeleke met ander lande. Tot dusver weet ons dat wit, bruin, swart, en Indiër reeds in SA onder daardie 34 sterfgevalle tel, hoewel veral haatdraende swartes op politieke groepe op Facebook aanhou om die storie te versprei dat blankes minder virusbestand as swartmense is. Dalk is hulle reg? Sal eers die stats moet sien, maar ons weet dat in Detroit, New Orleans, en ander oorwegend swart areas in Amerikaanse stede swaar getref is deur die virus. Ons weet ook dat danksy Jan van Riebeeck nie almal gelyke toegang tot kraanwater het in SA nie, dus kan die geheim nie in SA se water lê nie.

Party lesers wat dit kon uithou tot hier mag verkeerdelik die indruk kry dat ek die erns van die vlêrmuisvirus onderspeel. Dis geensins die geval nie, en ook geen regverdiging vir jou lus vir vlêrmuissop nie, Chin Lee.

Ek het vroeër genoem dat die 'stilte voor die storm' waarvan jul regering praat nie is wat baie Suid-Afrikaners dink nie. Wat volg is 'n belangrike punt wat baie nie begryp nie. Baie is onder die indruk dat daar een dag sommer 'n massiewe hoop nuwe virusgevalle gaan wees, en dit dan die gesondheidstelsel gaan oorstroom. Dis waar, en ook nie.

 Dis duidelik dat die SA regering heelwat doen om die aantal gevalle laag te hou, en die inperking werk duidelik ook. En hulle sal voortgaan met verskeie maatreëls vir minstens een jaar, hulle het geen keuse nie. Dus verwag ek dat die aantal gevalle selfs onder verwagting laag sal bly, as mens so 'n vyftigduisend laag kan noem, en 'net' 750 sterftes teen einde van die jaar. Gots, in 'n jaar vermoor julle 20 000 van jul landgenote, ironies genoeg sal dit minder wees hierdie jaar weens jul huisarres. 750 is darem nie soveel nie, of hoe. (As mens nou Trumplik-sensitief kan wees daaroor.)

Elke jaar tref die gewone verkouevirus sowat 10 miljoen Suid-Afrikaners. En net daar, geagte leser, tref die bol snot die waaier, en jy weet nie watter een van die twee kieme was daarbinne nie, die mak ene of die wilde ene. Gewoonlik gaan klim die gemiddelde Saffa in sy nes vir drie dae, en word daar heerlik bederf deur die hele dorp. Van hoendersop tot afslagkoepons op pajamas tot verbode vrugpastei word aangedra deur 'n ieder en elk en dis sommer lekker om so oes te voel. Soos 'n verpligte vakansie waaroor jy nie skuldig hoef te voel by die baas 'n week later nie. 

Maar dié jaar, oe my blinkoog joernalismaatjie, gaan anders wees. Aksie, drama, vrektes, faaits, katte wat dit nie meer met hul onderdane kan uithou nie en krappe uitdeel, alles op een slag. Lanklaas het die media so 'n lekker tyd gehad en is hulle so angstig vir meer vrektes, veral as dit 'n hoëprofielpersoon is oor wie drie dae lank geskinder kan word tot die ou naderhand van viesgeid sommer uit die dood opstaan. 

Hierdie jaar se winter vir die suidelike halfrond is op Suid-Afrika se voordeur. En natuurlik vlieg politici wêreldwyd nog alte lekker stilletjies na ander lande, jy weet net nie daarvan nie. Of 'n vragvliegtuig gaan draai in China, en gaan land met 'n besending verkoue in Suid Afrika. En so kry iemand dit, en steek die res van die land aan, en ekstra advertensies vir kankerwekkende poeiersop (ja, poeiersop is karsinogenies, nie geweet nie né) verskyn op televisie, en almal was altyd gelukkig. 


 Dié jaar egter gaan 'n paar miljoen mense in SA weer die gewone verkoue kry - juis omdat die opskorting van die inperking onvermydelik is weens publieke druk - maar pleks van in die kooi te gaan plons gaan daar dadelik afgesit word kliniek en hospitaal toe. Tien miljoen proesers gaan in enkele weke op die gesondheidstelsel toesak, almal gaan dink hulle het die Chinese virus en sal getoets wil word. Hoe gaan SA se hospitale wat in 'n jaar nie 'n halfmiljoen pasiënte kan hanteer nie, binne 2 maande tien miljoen hanteer? Natuurlik gaan dit 'n fokop wees, ek is 'n profeet, ek kan sulke dinge sien. Lmga. Dis dan ook die rede hoekom regerings nou inentings teen gewone griep aanmoedig. Ongelukkig vir SA het julle nie genoeg entstof nie, en gaan julle ook nie kry nie.

Dis natuurlik dat jy nou 'n ekstra woonstelletjie knoffel by jou kos gaan inwerk daagliks, en ek beveel dit sterk aan, dit werk vir immuniteitsversterking én vir sosiale distansiëring. So jy, jy gaan beslis nie daardie Covid-19 kry nie, reg. Ander mense gaan, maar nie jy nie, jy is Liewe Hiesis se spesiale maatjie. Fok Ouma Soetlief, sy kan maar gaan, dan erf jy. Maar jy sal okay wees, pastoor Skelmjannie het jou mos so verseker toe jy getrou jou tiende gaan betaal het. (Hy was mos juis op pad daai dag om 'n faith healing te gaan doen by die hospitaal, onthou jy?)


Ongelukkig gaan jy dalk van iets simpel soos carpet burn die wonderlike aarde vir die denkbeeldige hel moet verruil, weens die Covid-19 virus. En ek praat nou nie van die burn wanneer jy en jou opblaaspop met mekaar rofstoei op die mat nie, o nee, neerbukkend op jou kniegies daar by die bed soos jy vir ou Vuilbaard wil vra waar hy dan tydens laasweek se plaasaanval op Sarelsak en Kakebenia Langlaagte was sal jy jou velaf skraap op daai deurgeskifte ou matjie voor die kooi. 

 Soos dit maar gaan sal die seerplek begin sweer, en wanneer die pyn darem die rumatiek s'n begin oortref sal jy afsit dokter toe. Geen polisie sal jou voorkeer nie, want almal sal in die bed of besig met onlustebeheer wees. By die dokter sal daar geen dokter beskikbaar wees nie, ook geen verpleegster nie, en by die hospitaal sal jy nog 'n knie nerf-af val bo-oor 'n ouvossie wat van 'n hartaanval op die sypaadjie in die lang ry dood is. Dis hoe dit in Italië was, hoekom sal SA anders wees? 

Maar miskien sal die spykers wat Suid-Afrikaners blykbaar soggens vir ontbyt eet darem die sterfgevalle bly laag hou. Want die SA regering gaan dit nie doen nie, en beslis ook nie Dominee Doos wat met jou geld lekker met 'n gesmokkelde drankie by sy verhitte vuurpoel lê en geldmaak uit aanlyn begrafnisse nie.

*Naskrif: Soos gewoonlik het ek 'n paar woorde self opgemaak wat jy nie in woordeboek sal kry nie. Raai maar self wat posdons is, maar hier's 'n wenk: Ek wou eers 'huid en haar' daar gebruik het. Ja, kapsel! Dis 'n posdons. 😀 En daar kan dalk nog so een of twee ongewone woorde wees. Leer gebruik die goed, man, dis die lekkerste speelgoed in die wêreld. Of amper, maar my pop is pap.





1 comment:


Get Paid to Hang Out on Social Media, Travel the World!