Be Notified of New Posts via Smoke Signals or Something

Wednesday, February 8, 2023

Liebenberg beleggers takel digitale straathoek met sproke van spoke



In 'n nuwe groep wat oor die vermeende swendelaar Louis Liebenberg handel, betreur 'n klomp geldgierige boerbare hul lot, en verwens hulle LL tot in die Hel. Baie dreig sommer openlik om sy pels te gaan afpluk van sy otagtige lyf in die stort en 'n mooi staanlamp daaruit te maak. Christen liefde in praktyk, so weersinwekkend tweegattig. 

Dis hoe Christene optree. As geld op die spel is, dan is dit net fok God, en daar word ou Vuilbaard by die venster uitgemoer. Sal maar later jammer sê en hulself vergewe sodat nóg 'n skomgattigheid daarna gepleeg kan word, en dan begin die self-vergewery weer. Ek wonder hoeveel van hulle woon die liegbek Angus Buchanan se Mighty Money ag ek bedoel Mighty Men se breinspoel kultusklub by. En met Gierige Grietjie wat na die toebroodjiemakers omsien elders. 

En nou wonder ek hoekom hulle enigsins weer om vergifnis moet vra. Is die spul nie 2000 jaar terug al vergewe toe 'n skelm Jood op 'n kruis gevrek het nie? Of is hulle nie meer vergewe omdat die Jood net in 'n koma beland het weens brouwerk van die Italianers wat tot vandag toe nie 'n kar behoorlik aanmekaar kan sit nie.




 En wat gebeur as jy nou 'n sonde pleeg, en dan die emmer skop in 'n motorongeluk voordat jy kans kon kry om weer vir vergifnis te bid, gaan jy dan hel toe? En wat van al die mense vóór die Joodse swendelaar Jesus se tyd, hoekom brand hulle in die Hel, hoekom het ou Vuilbaard nodig gehad om sy kind te laat vermoor voordat hy vergewensgesind kon word? Dis 'n sotlike storie wat geen sin maak nie. Vermoor jy jou een broeiseltjie voordat jy jou ander kinders vir 'n gebreekte venster kan vergewe? 




Toe alles nog goed gegaan het met die moontlike Ponzi-skema Forever Diamonds and Gold, en 'joint venture partners' (lees: beleggers) 'n klomp oormatige winste gemaak het, toe is daar fluks 'gelees' getik op die gottamiet Liebenberg se plasings op FB. Kliphard is daar saam gebid ook. Jig. 




Vyande van Generaal Louis wat die Boere Namakwaland toe gaan lei is deeglik uitgeskel met kenmerkende power spelling. Ek sê mos altyd, hoe meer geloofsgefok, hoe swakker die spelling. Die Bybel beveel mos dat die boom van kennis - lees en dink - vermy moet word. Swak spelling verraai ongedissiplineerde denkprosesse, wat probleemoplossing vergemoeilik. Nie juis iets wat Afrikaners vandag kan bekostig nie. 




Maar noudat die geldkraantjie droog is, nou word hul held se tone van klei gebyt, nou is die werklike Nag van Lang Messe uit. 

Gelowige Afrikaners veral staan mos nie by 'n voormalige vriend wanneer hy val nie, o nee, hy word getrap en gespuug op dan. As die skaaptrop eers wysgemaak is dat iemand skuldig is, dan is hy skuldig en klaar. Selfs al is dit 'n PR maatskappy soos Bell Pottinger en 'n mededingende mynmaatskappy daaragter wat Suid-Afrikaanse swape vir 'n gat met opgemaakte terme vat om hulle iets te laat glo, totdat hulle almal op die bus spring om die voormalige vriend maar nou die vyand te gaan onderstebo ry. 

Wat as dit sou uitkom dat Liebenberg onskuldig is? 




Die kanse daarvoor lyk baie skraal, maar feit is, niemand het nog ál die feite tot hul beskikking oor wat agter die skerms gebeur het nie, dis hoekom 'n goeie funksionerende regstelsel - wat SA nie meer het nie - so belangrik is. 

Hou ook in gedagte dat Liebenberg se aanvanklike besigheidsmodel - dieselfde as wat die Afrikaners ná die Groot Depressie ingespan het om Volkskas en Sanlam op die been te bring - 'n bedreiging vir mynmaatskappye in swart en in oorsese besit, inhou. Geen gierige Engelsman gaan dit gelate aanvaar nie. 

Onthou daardie jong Indiërvrou (Anni...?) op haar wittebrood wat in Kaapstad vermoor is, en haar man wat deur die publiek skuldig bevind is? Die een wat later deur 'n hof vrygespreek is? En onthou julle Inge Lotz in Stellenbosch met sy baie skelm sakemanne, en haar "absoluut definitief skuldig, mag hy brand in die Hel" kêrel wat ook na 'n lang hofsaak onskuldig bevind is?




Dis 'n ope vraag of geloofsgefokte Afrikaners ooit gaan leer dat mens eers alle feite moet bekom, voordat mens 'n oordeel durf vel. 

Selfs al is Liebenberg skuldig - en net weereens 'n disclaimer: ek is in geen opsig geaffilieerd met hom in enige opsig nie, en beslis ook nie in sy kamp nie, juis weens sy godsnotsmousery - kan 'n mens hom steeds nie skuldig noem, voordat 'n hof wat al die feite voor oë gehad het, nie eers so bevind het nie. Maar tipiese reëlbrekers en wetsongehoorsames wat soveel boerbare is, steur min hulle daaraan om almal 'n regverdige kans te gee. 

Die skaaptrop het gespreek, laat die vertrappery begin. Wat sê dit van die karakter van die Afrikaner aan die internasionale gemeenskap? 




En rakende oordele, die ironie is skreiend: In besprekings oor Liebenberg op sosiale media, is die grootste veroordelers juis Christene wat net 'n uur terug nog gepreek het dat mens nie mag oordeel nie, net ou Vuilbaard mag. Gaan vertel dit vir regters en landdroste, né. Dit bewys mos hoe uitgedien die Bybel is, hoe uit pas met realiteit, en ook watter 'hypocrites' (tweegatjakkalse) Christenskap oplewer. En Islam ook, terloops. Ek diskrimineer nie, ek verag albei strains van breinvigs ewe veel. 

Al het geen hof Liebenberg skuldig bevind tot dusver nie, het omtrent al wat 'n Afrikaner is nou reeds vir Liebenberg skuldig bevind. Net omdat soveel beleggers nog nie hul gelde gekry het nie, nou is Lewies sommer outomaties skuldig. Bring die strop, kies 'n boom, laat ons die kind van Satan hang. 




Wat as 'n Engelse sakeman in Suid-Afrika, of een van 'n ander pelskleur, 'n klomp krediteure of beleggers geld sou skuld, sou Afrikaners steeds so rumoer het? Nee, en ons almal weet dit. Afrikaners vertrap hul mede-Afrikaner uit pure afguns, trek hom blitsig af van die leertjie van sukses, maar ta bekak hulself eerder voordat hulle Malema op 'n EFF blad sou gaan aanvat. Of hulle gaan kruip in 'n skuur op 'n plaas buite Senekal weg.

Daarenteen beny swartes 'n ander swarte wat sukses behaal het (selfs wanneer ta dit weens misdaad bereik het), en help hulle hom op, in die hoop om self opgehelp te word. Kyk maar self. Natuurlik vergeet die swart kat dan van baie van hulle, maar ander help hy wel op na sy nuwe ryk vlak. Wanneer hy wel uitgevang en skuldig bevind word aan 'n misdaad, ontken hy en sy kornuite dit net, dan is hy weer onskuldig. So werk Suid-Afrika mos. 




Liebenberg se aantreklike vrou Dezzi is ook sommer klaar as heks gebrandmerk, en net 5 eeue terug sou sy nou al op 'n brandstapel gebraai het. Vooroordele speel 'n moerse, sieklike, afskuwelike rol in die psige van gelowige Afrikaners. Fok feite, dit wat ons wíl glo is sommer waar en klaar, en fok die wetenskap en feite en behoorlike deurdenking. Fok Fauzi ook, en Killary Clinton kan gerus aan pizza verstik. Dezzi is 'n heks, mens kan dit sommer in haar haarstyl sien, né. 



As jul gebrekkige regstelsel die dag vou, swaai elke tweede Afrikaner aan die poot van 'n ander Afrikaner aan 'n lamppaal. 

Natuurlik, soos dit met skisofrene gaan, kan veral geloofsgefoktes in Afrika nie hul hallusinasies vir hulself hou nie. In bloedlustige zombie styl moet ander ook besmet word met fabelfokkery. Dus besmeer hulle die hele digitale straathoek met hul godsnot, mens gly jou gat af op al daai stink slym in al wat 'n Afrikanergroep op Facebook is. 




Bybelverse word ingesleep. Haat word gesaai. Liegstories word gefabriseer. Immoraliteite in die Bybel word reg of weg gelieg. Oor was in bloed word gefantaseer. Lus vir Hiesis se bloed uitsuip laat die bekke water. Pure agterbakse skaap word 'n gevalle mede-boerbaar verguis. Ware kleure kom tevoorskyn.  




Maak nie saak wat die onderwerp van 'n groep of bespreking is nie, dit kan karre of glasvesel of reis wees, maar jy kan absoluut verseker wees daarvan dat 'n mental pasiënt daar aangesit sal kom met 'n sak vol spooksprokies. Dan moet daar eers amen getik word, voordat daar skoorgesoek kan word oor wie het die meeste sondaars wat passeerde Sondag gewerk het, met klippe doodgegooi, soos die Boek van Waarheid mos beveel. 




En ons weet Christene kom daardie opdrag na, want hulle weet mos as hulle ongehoorsaam is met die klipgooiery saam gaan hulle nie Snertsprokiesland toe na hul dood nie. (Kyk of jy enige weerspreking kan optel.)

Die ekstra-malles vat sommer die hele verbode vrugtetert. Hulle kwyl kliphard soos hulle bid tot hul gemorsgod, kompleet asof die drogbeeld daar by hulle in die vertrek is. 'n Direkte gesprek word met die fiktiewe karakter in 'n baie gaga boek gevoer. Dis weersinwekkende gedrag, tiperend wat mens in mental inrigtings ook aantref. 




Verbeel jou jy kom af op 'n plasing waar die pasiënt in publiek direk met Pinocchio wat sy neus vir die pasiënt se sondes laat groei het, praat. 

"Liewe Pinnie, praat tog met Pappa Gepeto, laat hy ons genadig wees en ons sondes vergewe, al verdien minderwaardige slegte sondige vieslike ons dit glad nie. En keer tog die plaasmoorde, al bepaal alleswetende U se perfekte plan dat 'n kind vannag gemartel, verkrag, en vermoor gaan word op 'n plaas. Staan alomteenwoordige U asseblief mooi daar en doen niks om dit te keer nie, baie dankie vir die genade. Amen."

Dis mos baie siekies, en presies wat die spul skisofrene sit en aanvang op FB. Hulle gebruik net 'n nóg kakker snertsprokiesbundel. Intelligente lesers wil oor skelmstreke lees, nie fokken Joodse kampvuurstories van pratende donkies en 'n oupa van 900 jaar oud hoor nie. My jissis god man. 




Natuurlik, wanneer ek op sulke sieklike plasings afkom wat 'n onderbewustelike impak op selfs lesers wat net verbyrol se sielkundige welstand het, oefen ek my reg uit om stellings deur boerbaar se kind gemaak te weerlê - soos dat ou Vuilbaard nie slaap nie - met gewone logika. As ou Vuilbaard nie slaap nie, raak hy nie moeg op die sewende dag nie? Lol. 

Maar wat doen die condescending kindjies-klein dan? Hulle raak kinderlike kak kwyt soos "ek gaan met my onsigbare maatjie in my plat kop oor jou praat." (Hulle noem dit bid; tomato tomatoe.) Dit terwyl hulle weet en kan sien ek is 'n ateïs wat nie kak glo nie, maar hul breinvigs voorkom dat hulle snap dat iemand nié hul onbewese snert glo nie. 

Jy moet in Rooikappie wat haar ouma vir ons opgeoffer het glo, en klaar. Anders gaan die Wolf jou vir ewig en ewig opvreet. Hoe kan jy nie in Rooikappie glo nie, huh, wat is fout met jou. 




Baie van die malles gaan verder, tot by 'n gevaarlike punt. Hulle gooi dreigemente van geweld in die derde persoon, iets wat baie goed werk op veral goedgelowige kinders wat na 'n ouer as gesagsfiguur opsien. 

Hulle pleeg emosionele terrorisme, en dan dink hulle sowaar sulke sielkundige manipulasie moet aanvaarbaar vir my wees wanneer hulle my met die Hel in hul bygelowige koppe dreig. Dis gewoon condescending (kan wragtig nie die baie mooi Afrikaanse woord nou onthou nie) en skadelik, en daar is geen rede waarom ek dit moet duld en nie terugpraat nie. 

Wanneer mens vir 'n kind sê hy gaan met vuur brand, en sommer vir ewig en ewig as hy nie wil lief wees vir 'n gemorsgod wat babas in Egipte vermoor het nie, dan noem ek dit uiters onbevoegde ouerskap. Verskeie studies het al die langtermyn skade van 'emotional abuse' bewys, en dis nie beperk net tot 'n man wat sy vrou 'n minderwaardige sluwe slet noem vir 20 jaar lank nie, al is sy ook niks sonder hom nie. 




Om 'n kind wys te maak hy is minderwaardig, sleg, vol denkbeeldige sonde, dis growwe sielkundige mishandeling. Talle studies het vasgestel dat kinders van ateïste meer suksesvol en gelukkig in die lewe as volwassenes is, as die kinders van geloofsgefoktes. Mens het nie eens 'n navorsingstudie nodig gehad om dit te weet nie. 




Ek antwoord breinsiekes dus in dieselfde condescending trant dan, want die spul breinvigsdraers moet darem weet, ek het 'n swart gordel in trolling. Ek het 'n baie spesiale stel talente soos Liam Neeson, waarmee ek myself tot binne-in FB jail kan kry met 'n enkele selfgeskepte vloekwoord. (Glo my, dis één woord waaroor ek my vir myself geskaam het.) LMGA.

(Wenk: Dis twee woorde wat saam een woord vorm, net soos 'werf + etter'. Geloofsgefoktes wil die een suip en die ander streep. Wanneer afgekort, spel dit die naam van 'n bekende brandstofmaatskappy. Pleks van iemand 'n PK wil gee, noem hom 'n ...)




Met die vrye internet tot ons beskikking, het ons almal 'n verantwoordelikheid teenoor toekomstige lesers en jong beïnvloedbare kinders om alle oneerlikheid, alle fopnuus, alle propaganda, alle sielkundige terreur, teen te staan, uit te daag, aan kritiese analise te onderwerp, en aan te dring op bewyse vir claims gemaak. 

Soos mens van slaprug lafaards wat 'n denkbeeldige wolkmonstertjie nodig het om hul ruggrate regop te hou teen die lewe kan verwag, rapporteer die boerbariese tweegatjakkalse - want fok 7 x 70 keer vergewe, né - my dan aan Facebook en by hul groep se admin. En laasgenoemde, wanneer ook verkramp van kop en gepla met spookstories, skop my dan uit die speelput uit. 

Dis iets wat my nog nooit in die talle Amerikaanse en Europese groepe waaraan ek behoort oorgekom het nie. Ek kan onomwonde sê dat selfs hillbillies in 'Murica meer volwasse is as geloofsgefokte Afrikaners. 

Dis ook opmerklik hoe vinnig sulke slaprûe mens die vieslikste dreigemente per indoos sal stuur, net om 'n mens dan dadelik te blok. Hoe volwasse is dit? Ek wil mos darem terug-dreig, a nee a. Dat sulke mense stemreg het waarmee hulle jou toekoms bepaal, is die rede waarom geloofsgefokte lande soos Nigerië, Suid-Afrika, Amerika, en alle Suid-Amerikaanse lande soveel konflikte ervaar. 




Betreffende my avontuurtjie gister op die anti-Liebenberg groep, waaroor ek eintlik vandag wou geskryf het: Die ta' Stienie op die skermgreep, Marlene, is baie ontsteld oor enkele van my replieke op boerbare se kommentare. WTF, knor die vrou, en slyp haar tande vir 'n lekker haatgevulde skindersessie. (Ek is mos geblok, so ek kan nie saam skinder oor myself nie.) Sy laat egter gerieflik uit om skermgrepe te wys van die kommentare waarop ek repliek gelewer het, wat enige tyd erger is as myne en boonop dreigemente bevat. 

Ongelukkig vir haar, en omdat ek weet hoe agterbaks geloofsgefokte boerbare is deur blitsig hul eie kommentare uit te vee, neem ek altyd skermgrepe wanneer ek met geloofsgefoktes te doen kry. Sal moet soek waar die betrokke skermgrepe van gister tussen duisende ander is, maar sy moet darem weet, op boerbaarse groepe neem ek kiekies dat dit klap. 




Ek glo dat die oneerlikheid om verduidelikings vir Bybelse snert te fabriseer om immoraliteit in daardie boek te regverdig, die gevaarlike onkunde, en die krom logika van die moderne boerbaar moet gedokumenteer word vir toekomstige geslagte, sodat die kringloop van die godsnotpandemie verbreek kan word. Ons kan nie bekostig dat kinders teen jaar 2030 steeds gedwing word om te glo evolusie en klimaatsverandering is elk 'n klug nie, nie terwyl wetenskaplikes die teenoorgestelde kan bewys sedert dekades terug al nie. 




Leer die les, geloofsgefoktes in Boerbareland. Dis nie meer die 1980s met sy verkrompe sensuur toe jy nog iemand kon 'cancel out' wanneer jy iets nie wil hoor nie. Vryheid van spraak is meer heilig as enige god-ding, en ek beskerm daardie universele reg. Daar is geen wet teen gebelgdheid oor ongemaklike feite nie, en al was daar, sou ek dit net soos 'n slawerny-wet verbreek het. As feite jou borrel vol hallusinasies prik word jy mos 'n slag mooi groot. 




Die Afrikaner is besig om homself as etniese groep te verongeluk met sy bygelowige aard, ensy geneigdheid om soos 'n sak patats vir al wat 'n piramideskema is te val wanneer die baasbrein 'n klomp godsnotlikhede in elke 'laaif' uiter. Dan praat ek nog nie eens van die Afrikaner se aandrang om samesweringsnert oor 5G en meer te glo, en met baie wat die mees verstommende goed aanlyn erken wat hulself inkrimineer, en met hul skreiende onkunde van en teenkanting teen wetenskap. 




Daarom dat ek hierdie artikel buite Facebook plaas, waar Google dit kan optel. Lekker lees, arme kinders van die toekoms. Jul pappies en mammies was maar lekker toe. Gaan stop hulle daar in 'n vergete ouetehuis ses dorpe ver weg, en laat jul kindertjies hulle net eenmaal 'n jaar sien. 


>>>Norrefokekke (disclaimer): Geen name en/of foonnommers op skermgrepe is deur my verdof nie, omdat die betrokke persone self daardie inligting saam met hul wyshede in die publieke domein op die publieke platforms Facebook en Twitter en ander geplaas het, en daarmee uiteraard verantwoordelikheid vir hul onnooslikhede aanvaar. 



4 comments:

  1. Die ou is die grootste ateis en spandeer driekwart van sy lewe om godsdiens en christenskap af te breek. Al wat die sot bevestig is dat hy erken daar is iets groter as hy. Jy is niks anders as n sopdrol wat Belgie toe gevlug het omdat jy te kak sleg was om van jouself iets te maak in SA nie. Regte keyboard warriortjie wat dink hy kan sy mond spoel. Bepaal jou by jou nuwe tuiste. Duidelik is jy nie eers daar aanvaar nie vandaar dat jy heeldag op blogs rondle en SA'ners slegmaak. Good riddance to bad rubbish. Jy was iets wat op die middelblad van n scope vasgeplak het en groot gemaak was met suurpap. Cheers jou stupid Ateis

    ReplyDelete
    Replies
    1. Natuurlik is ek 'n ateïs, my blog maak dit baie duidelik. Oftewel, ek glo nie in belaglike kak nie.

      Jou logika is gelykstaande aan 'n idioot s'n. Net omdat 'n sielkundige met sy mal pasiënte in 'n gestig oor hul waanbeelde gesels, beteken nie dat hy glo Big Foot en Rooikappie en watter drogbeelde in hul plat koppe hulle ookal daar laat beland het, is real nie. Verstaan jy? Net omdat ek die belaglikhede in die Bybel uitwys, beteken nie ek glo jou god-ding bestaan nie. Verstaan jy?

      As jy nie so 'n breinsiek bygelowige kindjie-klein was nie, sou ander lande jou ook verwelkom het, en sou jy self met die spoed van diarree uit jou kak land gewaai het. Wie op aarde wil tussen so 'n klomp onnooslike, geloofsgefokte, breinbeseerde geloofsgefoktes bly in SA as hy daar kan padgee en 'n baie beter lewe oorsee kan maak? Maar jou tipe sal eerder in 'n tronk beland voordat jy uit SA sal kan padgee, of hoe. ;)

      Dis nie meer 1980 nie. Moenie my reg tot vryheid van spraak probeer inperk met sensuur en slapgat beledigings nie. As jy kommentaar kan lewer oor wat in ander lande aangaan, so kan ek. Ek het nog baie vriende in SA en stel daarom belang wat daar aangaan, en ek moet erken, dis moerse fun om soveel lae-IK mense soos jy te trol. Mens kry hulle nie hier nie, net daar in jou shithole.

      Dis nie ek wat Suid-Afrikaners slegmaak nie, gaan kyk enige boerbariese groep, dis julle self wat jul name met 'n plank slaan dat jul dowwe oë skoon oormekruis rol. So tussen jul vrot spelling deur.

      Ek, 'n keyboard warrior? LMGA. Wat ek aanlyn sê, sal ek in jou ronde deeg-agtige gesig ook vir jou sê. Ek het al voorheen, en 'n paar boerbare was toe nie so braaf nie.

      Terloops, ek weet natuurlik presies wie jy is. Jy vergeet dat weens my werksagtergrond, ek oor 'n paar talente beskik. Jou pappie het jou agter die trash can met suurpap uitgelok, né.

      Delete
  2. Lekker gelees hieraan. Ek hou van die hardegat, uitdagende styl oor dinge wat jou pla/hinner. Groete, Fanie

    ReplyDelete


Get Paid to Hang Out on Social Media, Travel the World!