Koningin Elizabeth van Brittanje is op 96-jarige ouderdom die afgelope week oorlede. Slegs twee dae voor dit het die werkoholiese dame nog Brittanje se nuwe Eerste Minister wat Boris Johnson vervang, Mewyfie Liz Truss, se aanstelling tydens 'n persoonlike besoek van laasgenoemde by Balmoral kasteel in Skotland bekragtig.
Die oorlye van die koningin het wêreldwyd opslae gemaak, en vir dae lank al vergas al wat 'n nuuskanaal is die publiek met beelde van die massiewe voorbereidings vir die begrafnis. Uiteraard, weens Brittanje se omstrede rol tydens kolonialisme, is nie almal alte gaande oor die Britte nie, en die Britse koningshuis het sulke mooi mure wat nou met modder geblaker kan word.
Mens moet darem egter steeds 'n mate van simpatie betoon, en erkenning gee waar van toepassing. QE (koningin Elizabeth) se rol as hoof van die Statebond het bygedra daartoe dat talle lande verenig die gevaar vanuit kommunistiese Rusland kon teenstaan, en Russiese invloed kon beperk. Andersins het ons almal dalk nou Russies gepraat en onder 'n totalitêre regime gestaan sonder enige vryhede van spraak en beweging.
Tydens die afsterwe van 'n belangrike persoon, kan mens ander se karakter opsom uit hoe, en of, hulle medelye betoon. Selfs vyandige lande se staatshoofde betuig simpatie wanneer 'n ander land se leier sterf, dis hoe diplomasie en goeie maniere werk. Want onthou, niemand is net altyd nét sleg nie.
Ongelukkig is die regse komponent van Afrikaners bykans sonder uitsondering altyd besmet met godsnot, en het daarom 'n bykans totale afwesigheid van ware moraliteit. Wanneer so 'n Afrikaner semi-geletterd, onkundig, onnooslik, geloofsgefok, tweegatjakkalsig, en verregs is, bestempel ek sulke mans as boerbare, en sulke wyfies se vroulike vorm wat dan boerbaresse heet. Dis 'n portmanteau van die etniese groeperingsnaam 'Boer' (nie boer soos in landbouer nie) en 'barbaar', en dus nie 'n spelfout nie maar 'n nuutskepping wat ek so ongeveer 2013 opgedis het.
Heelwat boerbare het die afgelope week hul Christelik-lieftallige, vergewensgesinde karakters (ek mag dalk sarkasties wees) ten toon gestel, deur na QE in ongure taalgebruik te verwys en haar na hul denkbeeldige Hel toe te verwens.
So hier is vandag se toekenning. Dis gewoonlik 'n weeklikse ding, maar boerbare slaan deesdae hul name so woes met 'n plank internasionaal, dat daar nou elke dag een is wat meer onnooslik en onguur probeer wees as die vorige ene.