Be Notified of New Posts via Smoke Signals or Something

Friday, February 25, 2022

Bekende 'Prokureur' en NKP-leier Vasgetrap vir 'Sluipmoord'



Die boereverneuker Schalk van der Merwe - hy het basies boerbare laat betaal vir dokumentasie wat hulle gratis by die KVBA se webtuiste kon afgelaai het, en ander streke - en sy wyfie Leoni is gearresteer en word aangekla van sameswering tot moord. Die paartjie het na bewering 'n sluipmoordenaar probeer huur om 'n hele lys mense van suurstofgebruik te ontneem.

Dis die held wat homself uitgegee het as prokureur vir maande lank, en met die verspreiding van samesweringsnert op sy blad bygedra het tot die sterftes van bygelowige gottamiete wat aborsies in die Covid entstowwe geruik het. 

Omdat Trumpsters / anti-vaxxers / geloofsgefoktes 'n drang het om enige snert te glo wat hul vooroordele pas, het Van der Merwe 'n groot aantal volgelinge op sy blad opgebou. Dit dui daarop dat die lae intelligensie in Suid-Afrika nie net aan swartes toegeskryf kan word nie, soos sy verkrompe gatkruipers mos so graag as feit verkondig. Dit blyk die inteling tydens die Groot Trek 180 jaar terug slaan nou uiteindelik in die vierde geslag onder die 'Boervolk' deur.

Van der Merwe is, soos ek verstaan van 'n paar mense, gebore in die Karoodorpie Fraserburg, en ek vermoed hy gaan nie 'n watervoor daar na hom vernoem kry nie. Die afgelope jaar of drie skrop hy nes in die Vrystaatse dorp Hennenman, en êrens kom Parys in die Forei Stata ook in die prentjie. Ek het werklik nie hard probeer om 'tabs' te hou met die vent en sy aanlyn streke nie, dit was net 'n bietjie moeilik om al die Gottamiete te ignoreer wat bly val het vir sy liegstories.

Nadat 'n witwarm vrou dramaties in swart my genooi het na Suid-Afrika se nuutste sepie op FB, wat Van der Merwe se aansprake betwyfel en waar mooi vrouelede Leoni se naels kritiseer, het ek toe maar ook 'n bietjie begin oplet in die klas. Daarom hierdie artikel, nadat ta se hofverskyning vanoggend uiteindelik gebeur het. Eintlik al 'n paar dae terug snuf in die snoet ontwikkel, maar amptelik het ek niks geweet tot vanoggend nie. Ek kan geheime hou.

Schalk van der Merwe het bekend geraak vir sy vitrioeliese aanvalle aanlyn op enigiemand wat sy talle aansprake betwyfel het, vir sy fisieke aanranding op straat van 'n vroueprokureur, dat hy nie onderhoud vir sy kinders by sy eks betaal het nie, en ook vir sy bykans daaglikse ego-videos waarin hy homself bemark het. Met die aantreklike en rondborstige nuwe vroutjie Leoni aan sy sy, 'n voormalige ontkleedanseres met 'n skerp tong.

Nadat die Sondagkoerant Rapport enkele weke terug 'n gebalanseerde dog kritiese artikel oor ta geplaas het, het Van der Merwe die betrokke joernalis aanlyn probeer intimideer met verskeie dreigemente. Soos ek êrens genoem het op Facebook, en so ewe 'n 'like' van ta homself gekry het daarop, dis nooit 'n goeie idee om 'n joernalis te dreig nie.

Die 'advokaat' - soos hy homself voorheen voorgedoen het, met baie geloofsgefoktes wat dit tot enkele weke terug nog vas geglo het - het ook bekend geword vir sy seksvideos wat aanlyn versprei het, en wat hy self aan vroue gestuur het, sê diegene wat hom persoonlik ken. Van dit is deur vertrouelinge van hom aan my gestuur. Een daarvan is waar hy 'n pen met die bekende handelsnaam Bic in sy penis opdruk. Ek moes wonder of sy pa daardie hanswors uit die 1980's televisie reklameflits is wat Bic oornag bekend gemaak het. "Kyk pappa, kyk! Ek kan op my tollie staan!"

Enkele weke terug het die ondersoekende joernalisprogram Carte Blanche na hom begin ondersoek instel, en heel beskaafd vrae per e-pos gestel, en gevra vir 'n onderhoud op kamera in persoon. Van der Merwe het self met fotos van die e-posse op sy blad gespog, en kon nie bra 'n onderhoud weier nie. Maar, hy was ook nie juis van plan om wel op TV te verskyn nie.

Dus, net voor die onderhoud sou plaasvind, dreig hy toe die betrokke joernalis met regstappe. Dis ook nooit 'n goeie idee om 'n joernalis met die reg te dreig nie, terloops.

Uiteraard het die onderhoud toe nie plaasgevind nie, vir verskeie regsredes. Suid-Afrika se Frank Abignail (dink Catch Me If You Can) het dit natuurlik geweet. Ongelukkig staan daardie land se vliegtuie, of dalk was Schalk net bang vir vlieënier speel en dan dalk regtig meer te weet as 'n SAL-loods. 

Dit was 'n besonder slim, maar kortsigtige skuif van Van der Merwe om 'n onderhoud wat hom aan die kaak sou stel te vermy. Ek raai dis toe dat hy dalk 'n tweede keer aan 'n loopbaan in vlieg gedink het. 

Die befaamde ondersoekende joernalis Derek Watts van Carte Blanche, wat misleidend mak en beskof voorkom, het self deurgeloop onder Svdm se vuil smoel en beledigings aanlyn. Skalla het Watts se naam en reputasie probeer swartsmeer op  eersgenoemde se FB blad/groep, met 'n paar uitinge wat enigeen de donder in sou maak. Net sodat, as die onderhoud wel sou plaasvind, die program reeds gediskrediteer sou wees onder sy geloofsgefokte kykers. 

My vermoede is dat Derek Watts toe aan iemand genaamd Flaffie gesê, vat hom, Flaffie. En toe vat Flaffie die vet Frankie, agter die skerms. Ek kan nou nie juis sê wat die afgelope week gebeur het nie, kom ons sê maar ek fokken weet nie, okay. Kom ons hoop maar daar is 'n TV episode of iets daaroor aan die kom. 😉

Al wat ek weet, is toe die drama se gordyne lig, staan tant Koek se hoenderhaan ag ek bedoel die fake prokureur self in die beskuldigdebank, en sy fraaie Leoni ook so 'n snotklappie weg, en albei staar ernstige klagtes in die gesig. Hulle het blykbaar beplan om nie net een lastige krapper te poetenize nie, maar het sommer 'n hele lys vol name gehad van mense wat darem alte vraerig geword het. En sê die Bybel nie dat mens nie moet vrae vra nie en net moet glo?

 O, ek moet byvoeg, Kaspaas en Bytende Stemmetjie het die godwortel fluks onder hul skape se neuse geswaai om 'n hele hoop R 850-fooie uit die lede van die death cult Gottamiete te lok. Wanneer ant Soufie in die kommentaarseksie haar godsnot uitgegrawe het om ander breinsiekes verder te besmet, is daar fluks saam geamen. 

Die paartjie het vanoggend glo nie eens na mekaar gekyk in die hof nie, waar aansoek vir borg uitgestel is met 'n Bybelse 7 dae, en ons kan 'n egskeiding in die toekoms verwag. Wie die paal en groot spieël teen die plafon in die slaapkamer gaan kry is nog onseker. Hulle sal die volgende 7 dae uitstedig wees op besoek aan Sepie-in-die-Stort, synde die insameling van programmateriaal vir hul komende program Ogodnouhetonskak. Dis nie 'n stad in Oekraïne nie, wel 'n tronk êrens in Suid-Afrika.


Na al die samesweringsnert wat hy en Leoni vir baie lank versprei het, en finansieel baat by gevind het, moet sy goedgelowige swapelinge maar hoop die beweerde reël van 'n sluipmoordenaar - om 'n klompie mense wat hul swendelary op Facebook groepe ontbloot en bespreek het - van kant te laat maak is ook vals. Dit is na bewering tydens 'n 'sting operation' op film vasgelê.

Anders gaan die poorte oop wees om ook diegene wat die beweerde suurstofrower - onthou, ons weet nog nie of dit verkeerd is om 'n hitman te reël nie, 'n regter moet eers vir ons sê - bygestaan het in enige kapasiteit, ook te vervolg.

 Selfs die verspreiding van disinformasie is 'n kriminele oortreding in baie lande, insluitende Suid-Afrika. Daaraan het sommer baie van sy volgelinge hulself skuldig gemaak, willens en wetens nadat hulle gewaarsku was dat wat hulle versprei fopnuus is.

 Ene Tros Bekker, 'n mediese dokter nogals, het beweer dat die entstowwe vigs bevat, en Schalk het omtrent sy mikrofoon onderstebo gespring om dit op sy timeline te gooi. Of een van sy skapies in 'n kommentaar. Waar elke tweede boerbaar natuurlik net so blitsig dit gegryp en versprei het. Ek meen, as 'n prokureur en 'n dokter dit sê, dan is daar vigs in daardie gifspuit, ek sê jou, Stienie! 

Hierdie 'lawyer', wat ook die onderleier van die obskure politieke party Nasionale Konserwatiewe Party (NKP) is, sal in my opinie enigiemand onder die bus gooi om sy voël met die Bic pen daarin te red. Dis moontlik dat Mewyfie Leoni hom 'n smakie daarvan gaan gee soos sy vir 'n korter vonnis beding, ás hulle wel skuldig is. 

Die NKP beywer ditself vir afstigting, waar witpelsiges hulself kan regeer in hul eie land, weg van swartpelsiges af. Dit lyk egter asof Svdm meer van integrasie met die swak komponent van swartes gaan leer in die toekoms. 

Dis nie onmoontlik dat die Suid-Afrikaanse regering in die nabye toekoms liegbekkige boerbare gaan begin vervolg wat fopnuus versprei het nie, en ons almal weet hoe vinnig draai 'n geloofsgefokte pure tweegatjakkals om vriende uit te verkoop. Dis maar die resultaat van pure suiwerbloedigheid in die gebrekkige DNS, reken ek. 

Sy bewonderaars op sy talle Telegram groepe waar die spul mekaar sit en belieg vir die eerste prys probeer tans 'n martelaar uit Penneman van Hennenman maak, en hul gebede kan dalk net 'n Woensdag in 'n Vrydag verander. Ons weet die mental pasiënte se kwyl is kragtig, mens gly maklik daarin op die digitale straathoek.

Kyk gerus na dié stiksienige ouwyfies Frances Rottenmaaier Rademeyer en Amanda Viviers op Telegram wat eenvoudig blindelings weier om realiteit te aanvaar:








Dis net jammer (okay, ek lieg nou net soos Miss Rottenmaaier se hof hier) dat hy soveel geloofsgefokte anti-vaxxers laat glo het dis reg om 'n fok te voel vir ander werknemers en klante se gesondheid, en daarmee hulle hul werke laat verloor het.

Hoewel diegene met 'n gesonde IK veel pret met die 'magtigste man in Gauteng' (soos hy tydens 'n toeval van grootheidswaan in 'n video beweer het) gehad het, is die enorme skade wat hy aan ontelbare duisende mense aangerig het op soveel vlakke baie ernstig. SA se Bonnie en Clyde het hul slagoffers geëis op 'n moderne manier.






No comments:

Post a Comment


Get Paid to Hang Out on Social Media, Travel the World!