Be Notified of New Posts via Smoke Signals or Something

Wednesday, June 7, 2023

Die Staat versus wit Schalk van der Merwe in die saak van aanranding teen 'n swart prokureursklerk





Op 'n Facebook 'haatgroepie' waar al sewe lede die gek skeer met ene Schalk van der Merwe het 'n plasing verskyn waarin Hannes Lottering se plasing oor 'n beweerde aanranding as skermgreep verskyn. Ek weerhou die groep se naam omdat dit 'n private groep is waarvan Van der Merwe nie weet nie en lede alte vermaaklik oor die twee skinder. 

As duiwelsadvokaat wil ek graag die heer Van der Merwe se verdediging behartig rakende bogenoemde aangeleentheid. 

Hannes Lottering is die ouerige man - maar met nog baie lood in die potlood, dames - teen wie 'n samesweringsplot om hom permanent van suurstof te beroof tans 'n ander hofsaak tot gevolg het, met Van der Merwe as beskuldigde no. 2 en sy aanvallerige wyfie as die baasbrein no. 1. En daar is 'n werklike regte egte opreggeteelde veroordeelde moordenaar - Dean van Coller, wat na sy vrylating die smalle weg bewandel en raad uitdeel oor hoe om nie moord te pleeg nie - as huurmoordenaar ook in die prentjie, wat toe die Suid-Afrikaanse Poot Squad (SAPS) in kennis gestel het. 

Die poeierpaartjie (power couple; maar weens al Leoni se maskara maak ek dit toe sommer powder > poeier) beland toe in 'n lokval, kompleet met die ondersoekende SA TV-program Carte Blanche wat die betaling vir die beplande moordjie verfilm het. Dis nog onbekend of die Michelinmannetjie - Van der Merwe, weens sy opgeblase postuur en ego - wel toe sy woefkardoes gekry het waarvoor hy gevra het tydens hul inhegtenisname. 

Net so terloops, is daardie een poot wat die poeiers gearresteer het dalk skeef? Watter man gebruik 'n woord soos 'tweetjies' toe hy op film vir die poeiers vra 'sal julle tweetjies ons dalk na die poot parade vergesel'? Raak 'n bietjie professioneel, a nee a, konstabel. 

Schalk van der Merwe is 'n omstrede Suid-Afrikaner wat homself voorheen as advokaat en prokureur voorgedoen het, en aan die lewe gebly het tydens die Covid-19 pandemie deur boerbare te oortuig hulle moenie die wetenskap vertrou nie. Baie goedgelowige kindjies-klein het dus toe al wat 'n samesweringsnertlike teorie opgedis as waarheid, soos dat 5G affie duiwel is en mens laat vasplak teen jou yskas. (Laasgenoemde is wel waar, na my negende Covid inspuiting gaan kyk ek gereeld om middernag of my yskas nog nie weggeloop het nie.)

Van der Merwe word ook beskuldig daarvan dat hy rassisties is, wat wel waar mag wees, maar niks meer as baie swartpelsiges in daardie land is nie, en daarom kan die pot vol paddas nie die ketel verwyt nie. Die skreiende onbevoegdheid van swartes met grade en teoretiese kennis wat munisipaliteite, rioolplase, energie, waterinfrastruktuur en omtrent alles in SA in die afgrond in besteel verleen kredietwaardigheid aan boerbare se kamma rassistiese stellings. Feite is feite, né. 

Daar is ook fotos in omloop van Van der Merwe waarin hy 'n Bic pen in sy tollie opgedruk het, iets wat baie verpleegsters wat kateters moet insit met bewondering betrag. Soveel tegniek, die pasiënt lyk skoon ekstaties orgasmies. Die Universiteit van Zimbabwe gebruik die materiaal tans by hul opleidingskursusse. Die maatskappy Bic ontken dat hulle die woepsie wapsie se skrywende worsie avontuur geborg het. Meneer van der Merwe ontken dat dit hy daarin is en noem dit gedokterde fotos. 'n Paar skermgrepe vanuit Whatsapp waarin hy ene Belinda Horn affie Kaap vertel hoe hy 'vars, blink kom' in die yskas stoor het die Armageddon Vault in Swede gaande. 

Met die gedeeltelike agtergrond agter die rug oor die betrokkenes, hier is die skermgreep van die plasing wat Hannes Lottering geplaas het, in 'n saak onverwant aan die saak waarin hy die moordslagoffer sou wees. 




Ek het begin kommentaar lewer op daardie stukkie goud, maar toe dog ek, laat ek 'n vinnige blog possie daaruit maak. So hier is dit. 

Hannes verloor die plot teen die einde deur die perp se identiteit bekend te maak. Nou is daar geen cliffhanger nie, nou hoef ons nie te raai van wie gepraat word nie. As hy 'n script writer vir die beste sepie op FB was, was hy nou ge-fire. 

As duiwelsadvokaat moes ek daarom intree hier, en die lede van die verskeie haatgroepe teen Svdm op FB sal die jurie wees. (Ook 'n spesifieke regter wat stilletjies onder 'n vals naam op twee van daardie groepe is, ek weet van jou, en het ook die name en details van SAPS ondersoekbeamptes wat spioen-spioen speel. Snort en ParrotSec vertel baie; moenie dit Google nie, ander lesers.)

Hannes skets net die helfte van die prentjie in die aanrandingsaak, lede van die jurie.

Die beweerde perp, wat eintlik 'n baie magtige en vooraanstaande man is wat gereeld ou tannies oor die straat help, bly in 'n baie groot mansion waarop hy baie trots is. Soos julle sal verstaan, want julle bly mos in houthuisies, geagte lede van die jurie.

Natuurlik wou my kliënt nie hê dat sommer enige posbode fotos van die huis neem nie, netnou beland dit op HoboHub of êrens. Daar is klaar genoeg grappies oor hom met sy vet stêre wat laaifs maak vir FB terwyl hy op 'n verfblik moet sit. Meneer van der Merwe is dus ten tyde van die beweerde aanranding uit die huis uit tydens die voorval om beleefd navraag te doen by die posbode oor die ongewenste fotografie.

 Meneer van der Merwe is altyd baie beleefd teenoor dames, in daad en in handel, en het selfs saam met sy fraai maar moerige wyfie 'n projek begin om slagoffers van geslagsgeweld te melk. Ag ek bedoel om hulle van regsadvies en hulp te voorsien. Dis nie ter sake dat daardie projek soos my kliënt se radiostasie en 'hub' en klerereeks en reis na die Seychelles skipbreuk gelei het nie, dis apartheid se skuld daardie, dis die gedagte wat tel wat julle krediet voor behoort te gee. 'n Begraafplaas mag wel vol onbekende, onvervulde drome en grootse ideale wees, maar ten minste spreek my kliënt dit uit terwyl hy nog lewe sodat mense nog eeue later daaroor sal kan lag. 

Die klaer in hierdie aanrandingsaak het hom toe in Engels aangespreek, u Edele. En my kliënt is nie te vlot daarin nie. Daar was toe 'n misverstand, en my kliënt het afgelei dat die posbode hom uitdaag tot 'n armdruk kompetisie. Siende dat my kliënt effens te rond van postuur is het hy geweier, en haar daarom eerder gewys hoe goed hy met gewigstoot op sy Karoonessie Fraserburg was.

 Al voorwerp byderhand om te stoot was 'n hoop karsleutels, en vroue het mos altyd 'n hele hoop daarvan bymekaar om hul mans mooi opgesluit te hou, en ons sal aanvoer dat die klaer die sleutels aangebied het. My kliënt het toe die sleutels geneem, en in 'n magtige vertoon van gewigstoot tot oorkant die pad gestoot. Die skok van soveel boerbaarse krag was een te veel vir die swart klaer, en sy het toe flou geword en na die grond neergedaal teen 'n onbehoorlike snelheid.

My kliënt, wat saam met sy kennis van spekskiet en hoe om nie met R 20 000 te dobbel nie ook 'n uitgebreide kennis van die mediese professie het, het dadelik 'n spieëltjie probeer bekom om die pasiënt se asemhaling te probeer bepaal. Soos hierdie hof weet is dit 'n bekende gebruik om 'n spieëltjie teen die pasiënt se lippe te hou om te let op wasem, wat lewe aandui. My kliënt kon weens sy oorgewigtige postuur nie die ver afstand oor sy groot estate se renbaan - want dis hoe lank sy driveway is, dis mos 'n mansion - aflê om daarbinne 'n spieëltjie te gaan soek nie, en die butler is juis die vorige dag vir spieëltjies vanuit die sex room steel afgedank.

Meneer van der Merwe het dus onverwyld die naaste voertuig se ligte uitgeslaan, op soek na die weerkaatsende blink oppervlak materie wat mens agter gloeilampies daar aantref. Hy het daarmee sy eie lewe in gevaar gestel, 'n versplinterde stuk glas kon maklik sy vinger raakgesny het sodat hy homself dan sou doodbloei. 

Ongelukkig het die klaer 'n minderwaardige voertuig bestuur sonder sulke benodigde blink materiaal. Iets soos 'n Ford, of nog erger, 'n Mazda. My kliënt was dus verplig om op die klaer neer te daal in 'n desperate poging om noodhulp toe te pas. Mond tot mond, indien nodig, maar eers 'n paar aggressiewe drukke op die borskas om hartstilstand te verhoed. Ons almal weet dat 'n swart dame 'n hartaanval kry wanneer 'n wit man haar probeer kus. 

Dis op daardie stadium wat die beweerde getuie verbygery, en die situasie verkeerd geïnterpreteer het. My waarde kliënt, wat net ter interessantheid familie is van Wolraad Woltemade, is toe bruut van sy reddingspoging beroof, en ons beplan 'n dokkit in dien verbande.

Gelukkig was my kliënt se heldedaad nie tevergeefs, en het die klaer net op daardie stadium weer haar positiewe herwin. Sommer baie daarvan, sy was skoon in trane dat sy net betyds by die poorte van die Hemel vol whites only weggeraap was. 

Verwysende na die skermgreep in hierdie skrywe soos ingedien as bewysstuk no. 1274, die verdediging sal ook aanvoer dat die heer Lottering 'n kwaadstoker is wat net wil skinder by 'n denkbeeldige babamoordenaar in 'n snertsprokiesbundel, en ons bevraagteken die edelheid van sy motiewe om met ou Vuilbaard van die Bybel te praat. Ons wil dus graag die transkripsie bekom vanaf meneer Lottering oor wat tydens sy gesprekke met sy onsigbare wolkmaatjie gesê is, dit mag dalk lasterlike inhoud bevat, soos dat my kliënt 'n plattepoesie is. 

Ek laat dit dus aan die jurie op die haatgroepies teen my kliënt oor om objektief te oordeel of my kliënt wel skuldig is aan die tipe laakbare misdaad, aanranding, waarvoor hy homself al talle vuil kriminele laat toesluit het. U moet asseblief in ag neem tydens die vel van u oorwoë oordeel dat daar net twee kante van die waarheid is, en albei weergawes behoort aan Meneer Schalk van der Merwe. Die oggend s'n en die aand s'n. 



*Hierdie is 'n werk van satire. Blykbaar moet mens so 'n disclaimer byvoeg wanneer Suid-Afrikaners potensiële lesers is. Geen Popi of Barbie wette is oortree nie. 




2 comments:

  1. Uitstekende skrywe... EK het die heldhaftige (NOT) reddingspoging voor ny oë sien afspeel, mos. 1 van die 7 haterthies.

    ReplyDelete
  2. Nou lag ek rerig baie leilik. Goed geskryf en beskryf.

    ReplyDelete


Get Paid to Hang Out on Social Media, Travel the World!