(This article is available in English on this blog too.)
Die bekende satirikus en vlymskerp skryfster Mavis Vannie Lavis het vandag 'n nuusartikel na haar timeline gedeel wat opslae maak.
Die veroordeelde Valentynsdag moordenaar Oscar Pistorius kan dalk oor twee jaar op parool vrygelaat word, en 'n klomp katoolse boertannies het hom nou skielik vergewe en staan nou die vrylating voor. Dieselfde kywende wywe wat 7 jaar gelede niks goeds oor Pistorius wou hoor nie, "die ding moet dood, hoo' jy Stienie! God slaap nie! Sies! Ek het altyd geweet hy gaan nog hard val."
