Be Notified of New Posts via Smoke Signals or Something

Monday, February 8, 2021

Ou Vuilbaard sê Oscar Pistorius Verdien Dadelik Parool



(This article is available in English on this blog too.)

Die bekende satirikus en vlymskerp skryfster Mavis Vannie Lavis het vandag 'n nuusartikel na haar timeline gedeel wat opslae maak.
Die veroordeelde Valentynsdag moordenaar Oscar Pistorius kan dalk oor twee jaar op parool vrygelaat word, en 'n klomp katoolse boertannies het hom nou skielik vergewe en staan nou die vrylating voor. Dieselfde kywende wywe wat 7 jaar gelede niks goeds oor Pistorius wou hoor nie, "die ding moet dood, hoo' jy Stienie! God slaap nie! Sies! Ek het altyd geweet hy gaan nog hard val."

Ek persoonlik - die uwe; 'n begrip wat ongeketterde (!) boerbare heeltemal gatoorkop verkeerd verstaan en skreeusnaaks inspan - het nooit enige ooghare vir die windgat lemnaeler Oscar Pistorius gehad nie. Maar omdat ek 'n kritiese, analitiese persoon is glo ek mens moet uit alle hoeke na 'n saak kyk. As duiwelsadvokaat blink ek natuurlik hierin uit. Ek is geensins oortuig daarvan dat hy sy wyfie Reeva Steenkamp met opset geskiet het nie.

Kom ons kyk na die feite, en dink jouself dan in sy afwesige bene in.

Sonder sy kunsbene is Oscar Pistorius so hulpeloos soos 'n baba-slaansak in 'n geveg tydens 'n inbraak. Nie 'n goeie posisie om in te wees as jy nie hou van die idee dat jou girlfriend langs jou verkrag kan word terwyl jy hulpeloos daar op die mat lê nie. En ons weet sulke dinge gebeur baie, gereeld, tydens inbrake. Só 'n toneel is enige man se ergste nagmerrie. Veral met Reeva se looks was die kanse vir daardie tipe misdaad nog groter.


Die atleet het dus gekompenseer, soos sy harde kinderjare hom geleer het, en was alte lief vir skiet om op te maak vir sy stille minderwaardigheidskompleks. As ek reg onthou het hy soos sy gomgattige gatgabbas 'n keer of twaalf deelgeneem aan moordorgies op Bambi se familie ook, dis mos 'n vreeslike kordaatstuk vir boerbare om weerlose diere te skiet. Dit bevredig die bloedlus van gelowiges, sien. Maar dan skrou die spul blou moord uit vrees wanneer hulle van hul eie tjips kry tydens 'n inbraak deur 'nare swartes affie duiwel' wat gewapend is. Dan voel kleinbal ta en genote soos die bokke wat hulle so meedoënloos gejaag het met hul Ford Rangers deur die veld, voordat hulle die arme diere gekwes, laat ly, en vermoor het.

Terug na die donker nag in die huis. Nou hoor die brawe tier 'n geluid, terwyl hy nog half deur die slaap is, en natuurlik verwag hy dan dis 'n inbreker. Weens sy sport is sy reaksies vinnig, en dis niks om soos 'n pratende slang uit 'n bed te seil as jy nie bene het wat die lakens kan saamsleep nie.

Hy was al voor die voorval paranoïes oor misdaad, soos verskeie mense in die hof getuig het, en dis welbekend dat ryk ou blinkes soos hy dikwels in Pretoria geteiken word deur almal van motorkapers tot inbrekers. Met so 'n skeutjie rassisme ook daarby, onthou bietjie dat die EFF juis toe oral in die publieke oog met hul haatspraak was. Boere was sommer ekstra-sleg daardie tyd, volgens die minderwaardige rassis Malema.

Dis pikdonker, en Die Wit Tier sluipkruip dus in die gang na die badkamer van waar hy die geluid gehoor het, met sy vuurwapen wat soos sy tottie altyd byderhand is, vas van plan om die booswig onskadelik te stel terwyl hy nog die verrassingselement aan sy kant het en die inbrekers hom nie kan aanval nie. Hy is dan nou juis die laaste skans, die ridder op 'n Valentyns-eenhoringperdjie, tussen die nare boosdoeners en sy prinses agter hom op die bed waar sy mos lekker slaap.

Dis tog wat enigeen van ons as mans sou doen, reg? Die verskil is, ons kan eers meer seker maak wie die booswig is, want ons kan blitsig agter 'n kas inspring en dan skiet. Pistorius nie, ek reken sonder enige bene is hy 'n maklike teiken vir enige aanvalle. Hy moes dus van die eerste oomblik af beheer neem van die situasie, soos wat sy gebrek sedert kindsgeenbeen hom op die harde mat van die lewe geleer het.

Dus vuur hy vier skote af deur 'n toe deur, omdat hy nie kon weet of slegs een of twee skote die inbrekers buite aksie sou stel nie, en hy uiteraard nie hulle 'n kans wou gee om terug te skiet nie. Vrek moes hulle vrek, dis letterlik 'n geval van hulle of hy. Dit alles gebeur baie vinnig, en die knaap is vol adrenalien, en eers ná die skote toe hy die deur ooppluk besef hy hy het 'n moerse berekeningsfout gemaak. Wat toe ook die geval was. Ons almal het al impulsief iets gedoen veral in die nag, terwyl ons dit hard vergeet het, wat niks anders as 'n misrekening was nie.

Hy is boonop nie die eerste mens in die wêreld wat só 'n moerse fout maak nie. Ongelukkig het sy saak 'n presedent geskep wat nou deur ander howe in SA nagevolg moet word, en wat dus ander onskuldige mense ook in die tronk kan laat beland.


Só gestel is Pistorius se weergawe beslis moontlik. Hy het nie 'n geskiedenis van vrouslaan gehad nie, en sy en sy modelpoppie se verhouding was goed. Niemand kon in die hof enige redes verskaf hoekom hy so ver sou gaan om Steenkamp met opset te skiet nie. Natuurlik het hy vyande gehad, en agterbakse vriende ook, wat toe hul kans gesien het om die man te beswadder in die swak tydskrif Huisgenoot en in die hof self. Maar selfs hulle kon hom nie uitbeeld as 'n vroueslaner of psigopaat nie, net as 'n doos met grootheidswaan so elke elfde uur.

Pistorius het egter wel al voorheen sy vuurwapen sommer net vir die sports in die lug afgevuur, sy manlikheid was blykbaar daaraan gekoppel om sy vernuf tentoon te stel. Dis teen hom in die hof gebruik. En met hom wat ernstig gestrem was maak dit sin dat hy op sy vuurwapen sou staatmaak om homself te beskerm, en dat hy geweet het as 'n inbreker hom eers oorrompel hy nie sou kon terugveg nie. Dus moes hy eerste aanval (skiet) om beheer oor die situasie te behou. Dit maak sin, reg?

Pistorius is geensins dom nie, én sou tog nie met opset sy hele loopbaan in gevaar stel deur iemand te skiet as hy dit nie sou kon regverdig nie. Daar was geen voorafbeplanning soos wat mens by moordenaars kry wat met opset hul lewensmaats uitwis nie. Oral was leidrade wat sy weergawe gestaaf het, niks was ge-stage nie. Sou 'n nie-dom ou só sy lewensmaat uitwis? Nee.

Iemand anders - soos Henry van Breda - sou die skuld op 'n onbekende inbreker gepak het. Nie Pistorius nie, hy het dadelik erken dis sy skote wat sy meisie getref het. Sy weergawe is net so moontlik soos die ma wat oor haar eie kind ry omdat sy nie geweet het die kind is agter die motor nie. Natuurlik is sy skuldig aan die kind se dood, maar nie aan moord nie.

Sou hy iemand skiet om sy gf te beskerm? Ja. Hy het mos al voorheen teenoor sy brawe tjomme te kenne gegee hy vat nie kak van 'n kroek nie, hy wat Oscarius (Icarus) sonder vlerke is sal sulke kabouters goed regsien. En dis wat hy daardie fatale nag van 14 Februarie 2014 gedoen het, en te laat besef het dis sy hartspuntjie agter die deur wat nou deur meer as net Cupido se pyltjies getref was.

Maar hoe moes hy dan eers seker gemaak het, moes hy geroep het 'kom uit jou skurk, en moet my tog nie skiet nie hoor!'? Daarmee sou hy sy eie doodsvonnis geteken het, as dit wel 'n inbreker was soos hy vas oortuig was van. Aanvallers daar sou dadelik op hom losgebrand het sonder enige ontsag vir die mooi teëls en hom in 'n sif verander het.


Pistorius is skuldig bevind omdat hy wit is, en Afrikaners 'n sondebok vir hul frustrasies met Zuma en alles wat op daardie tydstip verkeerd was in SA gesoek het. Hulle kon hom kruisig, wetende dat hulle nie van rassisme beskuldig sou word nie. Dit is ongelukkig 'n algemene, veragtelike kenmerk van die Afrikaner dat hy sonder huiwering 'n mede-Afrikaner sal veroordeel en vertrap wanneer laasgenoemde op die grond is, uit pure naywerigheid, jaloesie, en selektiewe toepassing van die Bybelsnot in sy kop. Daai 'jy mag nie oordeel nie' het blitsvinnig 'fokof God, staan syntoe, ons trap nou eers lekker hier, sal later sorry sê en myselwers vergewe' geword.

Die swart vroueregter was verplig om hom skuldig te bevind, publieke opinie weeg swaarder as wat meeste mense besef, en meer as wat enige regslui sal erken. En hy was tog skuldig dat hy sy vriendin geskiet het, wat dit 'n raps makliker gemaak het om hom skuldig te bevind. Maar skuldig aan voorbedagte moord? Aikôna, sê ek. Haar uitspraak was in my opinie besonder gebalanseerd, en sy het duidelik sy weergawe in ag geneem, ondanks geweldige druk van bloedsuipers van Hiesis.

Sy het hom tereg 6 jaar tronkstraf gegee, ook omdat hy in die publiek uit windgatgeid sy tweede tottie laat blaas het, maar die geloofsgefokte 'vergewensgesinde' tweegatjakkalsige Afrikaner boerbaar in Snor City het bloed geruik. En dis mos darem lekker om 'n ou sonder bene wat down in die lewe is te skop, of hoe. Dis mos boerbariese kultuur daai, my China. Mik vir die kop, die ding het nie eens bene nie, Jurgie.

Die staatsaanklaer Gerrie Pretorius het al sy vernuf ingespan, teenoor Barry le Roux van die verdediging wat nie heeltemal die mas kon opkom nie. Pistorius is dus aan die hangpaal vasgemaak met die eerste verhoor, die spreekwoordelike tou het halfweg gebreek, en die Afrikaner het hom toe eenvoudig in Britse Slagtersnek fêshion weer gehang, en Pistorius het - weens misdaad wat buite beheer in SA is, en mense paranoïes en irrasioneel maak tydens 'n krisissituasie - uiteindelik 'n totaal van 15 jaar tronkstraf gekry.

Nou is daar sprake dat Pistorius op parool vrygelaat kan word in 2023, hoewel dit geen uitgemaakte saak is nie. Reeva Steenkamp se gelowige ouers staan dit natuurlik teen, hul sompompie wil nog nie 7 x 70 optel nie. Wat het geword van vergewe soos Christus wil hê julle moet vergewe? As ek nie soveel simpatie vir hul posisie en verlies gehad het nie sou ek my in baie onkiese taal daaroor uitgedruk het.

Volgens verskeie koerante het Pistorius kort na sy toesluiting opnuut besmet geraak met breinvigs, die Religionosa Idiotica Virus (RIV), en kwalifiseer hy dus nou vir 'n plekkie op ou Vuilbaard se skoot in Fabelland, en kon hy homself dus ook vergewe deur net met homself te praat in die derde persoon. Ook moet hy mos nou - eintlik in 2015 al - vergewe word deur alle geloofsgefoktes. Die Bybel beveel dit dan, sondige broer Skaap en minderwaardige suster Ossewania.

Maar as die Paroolraad nie daarvoor wil val nie kan mens net aan hulle die miljoene voorbeelde toon van watter skade geloof al aangerig het, om hulle te laat besef hoe gevaarlik daardie breinsiekte RIV is, en kan die tronkvoël dadelik mediese parool kry.

Ek hoor graag van bloeddorstige veroordelendes, van presies wat hulle in Pistorius se skoene (of eerder, met sy afwesige spookbene daar in 'n donker gang en hoogs-gestres oor 'n alte werklikvoelende gevaar net 'n kathoesie verder) sou doen as hulle 'n geluid in die badkamer sou hoor, vas oortuig sou wees vroulief is aan die slaap in die nes, en wetende dat mens nie goed baklei sonder bene met een of meer aanvallers wat in jou huis skuil.

Toe, laat Regter Pontius bietjie hoor, en dié keer word pote net gewas om 'n virus wat 'n godjie een oor is uit die hofsaal weg te hou.







No comments:

Post a Comment


Get Paid to Hang Out on Social Media, Travel the World!