Be Notified of New Posts via Smoke Signals or Something
Showing posts with label Afrikaans. Show all posts
Showing posts with label Afrikaans. Show all posts

Wednesday, June 7, 2023

Die Staat versus wit Schalk van der Merwe in die saak van aanranding teen 'n swart prokureursklerk





Op 'n Facebook 'haatgroepie' waar al sewe lede die gek skeer met ene Schalk van der Merwe het 'n plasing verskyn waarin Hannes Lottering se plasing oor 'n beweerde aanranding as skermgreep verskyn. Ek weerhou die groep se naam omdat dit 'n private groep is waarvan Van der Merwe nie weet nie en lede alte vermaaklik oor die twee skinder. 

As duiwelsadvokaat wil ek graag die heer Van der Merwe se verdediging behartig rakende bogenoemde aangeleentheid. 

Saturday, January 28, 2023

Dankie Jissis God, rassisme is hier om te bly



 
Vanoggend het 'n 13-jarige Palestynse kind in 'n geplaveide straat in Jerusalem gestap, 'n wapen uitgehaal, en 'n Israeliese pa en seun geskiet, net omdat hulle Joods is. Nie per ongeluk, maar met opset het hy eers na die een man gemik en geskiet, toe na die ander een gemik en weer die sneller getrek. Hy is daarna deur 'n ander burgerlike Jood doodgeskiet, wat sekerlik wonder of dit ooit reg is om 'n kind te skiet. Nie asof hy 'n keuse gehad het nie, maar nogtans.

 Daardie dooie kind is nou 'n held onder sy klasmaats en die helfte van die bevolking, en 'n klein werfetter vir die ander helfte van die zombie mense van die streek. Net as iemand dalk gewonder het of die geloof in iets dalk skade veroorsaak en haat en verdeling aanblaas. 

Saturday, January 8, 2022

Google Translate was Gesuip op Doosdag



Op Boxing Day, oftewel Doosdag - die dag na Kersfees, wat ook as Gesinsdag bekendstaan wanneer 1 uit 2 volwassenes die ure aftel voor hulle weer hul ouers by die ouetehuis kan gaan afgooi vir nóg 'n jaar van vrede - gooi ek 'n possie in Afrikaans op Twitter.

En uit pure nuuskierigheid wil ek toe sien hoe Google Translate dit vertaal.

Wel, wel, wel. Dat ek toe sowaar die aardskuddende ontdekking moes maak dat 'n rekenaarbedienerplaas (computer server farm) vol kunsmatige intelligensie net so hoog in die takke kan wees soos die suipelinge na wie my tweet verwys. 🤣

En hoe de fok, liewe god Google, kan iets 'godforsaken' wees as daar geen god bestaan nie? Jy is mos Rooikappieverlate so tussen jou moederborde deur, kunsman.

Maar as 'n interessante nota: Ateïsme het in net 3 jaar, vanaf 2016 tot 2019, met 'n verstommende 6% toegeneem in die Verdeelde State van Amerika, volgens Pew Research. 

Mens kan net dink hoeveel meer infidelle daar nou is nadat ou Vuilbaard homself so skaars gehou het tydens die Covid-19 pandemie, terwyl miljoene geloofsgefoktes so tussen snakke na asem deur vergeefs na hom geroep het. Hul kinders wat nie so erg deur godsnot geïnfekteer is nie het sekerlik nou nog meer bedenkinge oor daardie kak god.

Dis die Laaste Dae, ja. Maar nie laaste dae soos geloofsgefoktes so graag wil hê nie, maar laaste dae voordat geloof tot breinsiekte verklaar en mental vigslyers in omskepte kerke as malhuise geprop word. Dan kan ons ateïste uiteindelik begin om die planeet te probeer red van klimaatsverandering, sonder geloofsgefoktes wat 'n stok in die wiel probeer steek.


Monday, February 8, 2021

Ou Vuilbaard sê Oscar Pistorius Verdien Dadelik Parool



(This article is available in English on this blog too.)

Die bekende satirikus en vlymskerp skryfster Mavis Vannie Lavis het vandag 'n nuusartikel na haar timeline gedeel wat opslae maak.
Die veroordeelde Valentynsdag moordenaar Oscar Pistorius kan dalk oor twee jaar op parool vrygelaat word, en 'n klomp katoolse boertannies het hom nou skielik vergewe en staan nou die vrylating voor. Dieselfde kywende wywe wat 7 jaar gelede niks goeds oor Pistorius wou hoor nie, "die ding moet dood, hoo' jy Stienie! God slaap nie! Sies! Ek het altyd geweet hy gaan nog hard val."

Thursday, April 16, 2020

Steek SA Vrektes Weg, of Vreet Julle Spykers?


Teen Woensdagaand 15 April 2020 het Suid-Afrika 2506 bevestigde gevalle van Covid-19 infeksies gehad, met 34 daarvan wat gesterf het.

Dit ruik nie lekker lykshuis nie, dit ruik meer na verbrande speenvarkie molesteer ('n gekonkel en gelieg.)

Met só min sterftes - boonop in 'n fisiese siek land met die hoogste persentasie gevalle in die wêreld van TB en rooistrikkiegriep wat juis die immuniteitstelsel kompromitteer - behoort iets dadelik vars sesdag-oud vis te ruik. Dis boonop ook nie asof die meerderheid Suid-Afrikaners sommer maklik 'n dokter kan gaan sien en daarom gesond van pels en posdons is nie. Dis gewoonlik 'n lang uitgerekte gewag dat die olike kabouter óf dood of alweer gesond is teen die tyd wat hy voor in die ry kom.

Ja ja, ek hoor die onkundige boerbaar daar agter wat sê dis omdat SA so min bevestigde gevalle het, en dan pure Christen wat kamma nie veroordeel nie onbevoegdheid en bobbejaanstreke probeer insleep as verskoning. Maar feit van die saak is, 2506 gevalle is aangemeld, en daarvan het slegs 34 gesterf. Dit gee 'n sterftesyfer van slegs 1.4%, afgerond.

Daarteenoor wissel die wêreldwye gemiddelde tussen 2% en 11%, afhangende van watter land mens na kyk. Onthou, die uwe praat nie nou hier van die totale aantal gevalle nie (selfs dan is SA s'n onnatuurlik laag), ons praat hier van die persentasie wat sterf nadat hulle geïnfekteer was.

Get Paid to Hang Out on Social Media, Travel the World!