Op Boxing Day, oftewel Doosdag - die dag na Kersfees, wat ook as Gesinsdag bekendstaan wanneer 1 uit 2 volwassenes die ure aftel voor hulle weer hul ouers by die ouetehuis kan gaan afgooi vir nóg 'n jaar van vrede - gooi ek 'n possie in Afrikaans op Twitter.
En uit pure nuuskierigheid wil ek toe sien hoe Google Translate dit vertaal.
Wel, wel, wel. Dat ek toe sowaar die aardskuddende ontdekking moes maak dat 'n rekenaarbedienerplaas (computer server farm) vol kunsmatige intelligensie net so hoog in die takke kan wees soos die suipelinge na wie my tweet verwys. 🤣
En hoe de fok, liewe god Google, kan iets 'godforsaken' wees as daar geen god bestaan nie? Jy is mos Rooikappieverlate so tussen jou moederborde deur, kunsman.
Maar as 'n interessante nota: Ateïsme het in net 3 jaar, vanaf 2016 tot 2019, met 'n verstommende 6% toegeneem in die Verdeelde State van Amerika, volgens Pew Research.
Mens kan net dink hoeveel meer infidelle daar nou is nadat ou Vuilbaard homself so skaars gehou het tydens die Covid-19 pandemie, terwyl miljoene geloofsgefoktes so tussen snakke na asem deur vergeefs na hom geroep het. Hul kinders wat nie so erg deur godsnot geïnfekteer is nie het sekerlik nou nog meer bedenkinge oor daardie kak god.
Dis die Laaste Dae, ja. Maar nie laaste dae soos geloofsgefoktes so graag wil hê nie, maar laaste dae voordat geloof tot breinsiekte verklaar en mental vigslyers in omskepte kerke as malhuise geprop word. Dan kan ons ateïste uiteindelik begin om die planeet te probeer red van klimaatsverandering, sonder geloofsgefoktes wat 'n stok in die wiel probeer steek.
No comments:
Post a Comment