Be Notified of New Posts via Smoke Signals or Something

Sunday, January 9, 2022

Die Vergete Kuns van Familie-Uitlê



Ek het onderstaande op Facebook teëgekom in 'n groep, met die skrywer daar (wat self anoniem is) wat geen bron gee waar hý die storie gedief het nie. So dit lyk my dis nou een van daardie stories wat maar deur een en almal gesteel kan word. Gee dus 'Fokkitekweetnie' as bron aan, as jy die storie by my sou dief.

My pa en ek woon saam en ons het 'n radio en 'n TV. Hy is 'n wewenaar en ek ongetroud.
Onder ons woon 'n weduwee en haar dogter, albei baie mooi en sonder 'n radio of TV. Hulle kom kuier gereeld by ons en ek raak toe verlief op die weduwee. Ons trou toe uiteindelik.

Intussen raak my pa verlief op die dogter en hulle trou toe ook. Net daar begin my kak.

Omdat my pa met die dogter van my vrou getroud is, (ook my dogter), is my dogter nou my ma. Ek is ook terselfdertyd haar pa, omdat ek met haar ma getroud is.

Verder is my pa my vrou se skoonseun en ek is dus sy skoonpa omdat ek met die ma van sy vrou getroud is. Toe kry my vrou 'n seuntjie. Dit is ook my seun en die broer van my skoondogter, omdat sy die dogter van my vrou is. Die seuntjie is ook ek en my pa se swaer. Ek is dus my eie seun se neef en ook die neef van my skoondogter, omdat sy my seun se suster is. Daarom is my skoonma ook my tannie.

Toe kry my pa se vrou ook 'n seuntjie en hy word dus my broer. My seun is oom van my kleinkind, omdat hy die broer van my dogter is. My vrou is sy ouma grootjie, want sy is die kind van haar dogter. Ek is dus sy oupagrootjie.

Aangesien die oupagrootjie van my broer ook myne is, is ek dus my eie oupagrootjie!
En daar het julle die proses van inteling. Want die een laaitie raak toe mos nog verlief op sy agterkleinniggie wat ook sy ma is.

 

No comments:

Post a Comment


Get Paid to Hang Out on Social Media, Travel the World!