Be Notified of New Posts via Smoke Signals or Something

Sunday, November 27, 2022

Moenie bang wees vir crypto-watse-goeters nie, Kindjies-klein




Ek is redelik verbaas - okay ek is nie - oor Afrikaners se onkunde betreffende crypto geldeenhede, die metaverse, en hoe blockchain werk. (Ekself het redelike goeie kennis daarvan, ek adverteer dit eintlik net nooit.)

Ek het netnou op 'n Facebook groep die foto hierbo gesien, en toe hierdie plasing as kommentaar daarby geplaas, en dit daarna toe hier ietwat kom aanpas.

Net omdat die genius Jood Friedman se FTX verhandelingsplatform onlangs getuimel het, beteken nie crypto is sleg of bedenklik nie. Hy het eenvoudig uit gierigheid fondse belê in nuwe startups wat gevou het. Hy het dit voorheen ook gedoen, toe het sy waagstuk gewerk, en het hy en sy venture capital partners groot winste gemaak.

Nou, weens die ekonomiese en politieke klimaat wat uiterste onsekerheid skep op veral risiko markte, het sy waaghalsige streke tussen die digitale pixels deur ongelukkig geboemerang. 'n Paar entrepreneurs se drome dryf nou dood op die Dooie See by Jodeland in baie se nagmerries. Saam daarmee die gelde vanaf FTX om daardie nuwe ondernemings te finansier. 

Mens kan Putin indirek blameer, ja. Tydens ekonomiese en politieke onstabiliteit soek beleggers veiliger hawens as die onstuimige crypto markte op.

As 'n gewone bank sou vou, beteken dit dan alle fiat geldeenhede soos dollars, euros en liras is ook sleg? Nee. (Ons weet wel die ZAR is sleg, kyk hoe val die ding.) 

Tradisionele banke vat ook vet kanse met beleggers - lees: gewone deponeerders wat hul salarisse aan banke toevertrou - se geld, maar omdat hulle peanuts as rente uitbetaal wat hulle terugsteel met bedrieglike transaksiekostes kan hulle verliese absorbeer. 

FTX is nou sleg, crypto nie. Die beginsels agter crypto en blockchain tegnologie is solied. Dis tans nog die Wilde Weste stadium soos nuwe tegnologie getoets en verbeter word, en regulering ingestel word, voordat stabiliteit op verskeie blockchains sal intree soos hulle begin waarde ontsluit.

Die MLM-skema waarin die fake prokureur Schalk van der Merwe tans betrokke is, het wel 'n hele klomp rooi vlae, selfs my regering het 'n waarskuwing daaroor uitgereik. Maar Argentinië, België, Kanada, die Seychelles, en 'n paar ander lande is altyd voor in die koor om te waarsku teen nuwe finansiële tegnologie. Dalk uit politieke korrekheid, of uit oorbesorgdheid vir die beswil van beleggers, of - en dis meer waarskynlik - omdat tradisionele banke biljoene euro's letterlik oornag verloor in winste wanneer 'n nuwe finansiële instrument wat hulle nie beheer nie, suksesvol is.

Daarom stook tradisionele banke altyd regerings op om sulke nuwe era maatskappye te probeer sink. FTX as tweede grootste crypto valuta verhandelingsplatform (nuwe generasie stock exchange, kan mens maar sê) is nie beheer deur enige bank nie, en die feit dat soveel mense begin oorskakel na cryptocurrency bedreig die formele banksektor se abnormaal hoë woekerwinste.

MLM (netwerk bemarking) is 'n goeie, beproefde konsep, wanneer daar by die reëls gehou word. Kyk hoeveel dekades lank al bestaan Amway, Herbalife en baie ander. Maar omdat 'n paar sluwe slakke mense uit biljoene bedreig het met MLM skemas, reik regerings dikwels oorhaastig waarskuwings uit. Wanneer mens by so-iets betrokke is moet jy seker maak jy monitor die binnekringe van die maatskappy persoonlik. Bevriend insiders. Ondersoek die model. Kyk die boeke. Doen navorsing oor die stigters. Ens.

Op die einde van die dag kom dit neer daarop dat mense meer finansieel-geletterd moet word. Geld is net 'n tool, selfs die blomkool in jou tuin is geld. Crypto en veral die onderliggende blockchain tegnologie gaan baie beroepe oorbodig maak, kostes oral verlaag, transaksies bespoedig, en haal die houvas van regerings en banke oor mense se geld weg.

 Laai tog 'n boek daaroor af en lees die ding. En dan nog so twintig. En sluit dan by forums en ondernemings in hierdie nuwe industrie aan.







No comments:

Post a Comment


Get Paid to Hang Out on Social Media, Travel the World!