Be Notified of New Posts via Smoke Signals or Something

Saturday, April 18, 2020

Boerbarinne Sleep Pratende Slang in Virtuele Paradys Binne

Foto: Gert du Plessis

Ag jissis godt tog. Dan vra geloofsgefoktes hoekom ons ateïste nie hul breinsiekte kan uitlos nie. Dis omdat hulle hul hallusinasies oral moet inwurm en probeer afsmeer, en dan verwag hulle dat gesonde mense dit steeds gelate moet aanvaar en stilbek bly. Se moer sal ek 'n geliegery uitstaan.

  Ek behoort al geruime tyd aan 'n werklike goeie groep op Facebook, 'Ek reis deur my pragtige land Suid-Afrika.' Die admin doen beslis baie moeite met die groep, en die meerderheid van die lede hou by die groep se onderwerp en almal is mooi beskof (die teenoorgestelde van onbeskof, reken ek) met mekaar. Die mooiste foto's word geplaas. Beskaafde taalgebruik word gebesig. Suid-Afrika is nie verniet deur twee internasionale reistydskrifte aangewys as die mooiste land in die wêreld nie. Ek gaan nog eendag my ou land gaan plattoer, gaan wel weird voel om dit as buitelandse toeris te doen.
"You know, I was born in this country."
"Yo, wena! But why you have da EU passeporte now? You rich white apartheid spy in the white man land now?"
"I did the intelligent thing to emigrate before SA inevitably fall over the cliff into civil war."
"Haibo. Give us money."


  Maar ongelukkig is daar in Suid-Afrikaanse groepe altyd 'n pratende slang wat in die paradys wil inseil om vrot appels te kom smous. Oftewel, geloofsgefoktes wat onverwante, nie-geloofsgefokte groepe misbruik om hul godsnot in te sleep. In geen ander land buite Afrika sien mens dit nie, admins skop sulke breinsiekes eenvoudig af. Het al op talle Amerikaanse, Britse en Belgiese groepe gesien dat die oomblik wat 'n zombie daar ewe bloedlustig iets plaas oor sy god-ding, sy god-ding hom nie kan red om onder sy gat uitgeskop te word nie. Maar vir een of ander rede laat party Suid-Afrikaanse admins dit toe dat liegstories hul groepe besoedel en dit die groep se kwaliteit verlaag. 'n Toenemende aantal Suid-Afrikaners is gatvol daarvoor om belieg te word.

Hier is die skermgreep wat my 'n moerige kaboutermannetjie gemaak en hierdie artikel genoodsaak het.
Regtig? Waar is die bewyse dat 'n god-ding dit gemaak het? En waar is die bewyse van sy bestaan?

Elk geval, kinders van 'n toekomstige generasie, ek skryf hierdie sodat julle eendag kan sien hoe jul voorouers gelieg het. Hulle het dit gedoen omdat hulle te lui was om te lees (baie daarvan; en daarom ook so vrot gespel het in hul eie moedertaal in baie gevalle) en te bang om te krities te dink en vrae te vra. So om die wêreld aan hulself te verduidelik het hul gode opgemaak, en dit wat hulle nie verstaan het nie daaraan toegedig. Dit was soos om 'n god te skep as jy nie weerlig verstaan nie, en hom Thor te noem. Gelukkig het die wetenskap al daardie liegstories stukkie vir stukkie ontbloot en die werklike antwoorde ontdek.

Jammer dat ons so 'n verwoeste planeet aan julle agtergelaat het, hoor.








No comments:

Post a Comment


Get Paid to Hang Out on Social Media, Travel the World!