Be Notified of New Posts via Smoke Signals or Something

Thursday, July 6, 2023

Wil stoute ou hangbal Kleintjie Kleynhans 'n dier sy wyfie maak?




Ek kyk netnou my boodskappe op Facebook, en gelukkig kyk ek toe sommer die spam lêer ook. Iets wat ek selde doen sedert die aantal doodsdreigemente van bygelowige swape afgeneem het. Selfs gratis vliegkaartjies Hel toe het opgedroog. Begin die malles uiteindelik dink oor hoekom hulle glo wat hulle glo, begin my herhalende vrae deur hul dik skedels dring? 

In my spamdoos wag onderstaande boodskappie soos op die skermgreep vanaf die diep geloofsgefokte boerbaar Kleintjie Kleynhans toe. (Terloops, dis 'n man, nie 'n vrou nie.)




Ek het voor hierdie boodskap nooit eens geweet van sy bestaan nie, hoewel hy my duidelik in 'n Suid Afrikaanse groep of blad moes gesien het waar ek protes aangeteken het teen die liegstories wat geloofsgefokte Afrikaners so mildelik fabriseer. Dis slegs Suid-Afrikaanse, veral Afrikaanse, groepe en bladsye waar elke enkele plasing in die kommentaarseksie deur fabels van 'n god-ding ontsier sal word, ongeag die onderwerp van die plasing. 

Die malles móét mos eenvoudig hul hallusinasies van pratende slange en vlieënde perdjies oral insleep, die spul digitale Fariseërs. En so oneerlik en agteraf van karakter! Preek een ding, doen 'n ander, bedrieg en belieg mekaar in die week, net om Sondae ewe vroom in 'n breinspoelingsentrum te sit en kwyl oor 'n immorele gemorsgod. 

Mens sien sulke godsnot propaganda bykans glad nie op Europese groepe nie, en redelik min op Amerikaanse en Australiese groepe. Maar lande vol konflik en haat, wat 'pure toeval' altyd gelowig is, hul groepe is besmet met breinsiekes. Suid-Afrika en Nigerië voor in die koor. 

Soos te verwagte ly die soldaatjie vir Jissis net soos sy mede-geloofsgefoktes aan 'n slap ruggraat. Dit kom ek agter nadat ek 'n boodskap as repliek tik, en toe moes sien die siek visbraaier het my geblok. Dis mos hoe lafhartig Christene van aard is, hulle kots 'n slymstreep godsnot of uiter persoonlike beledigings (wat baie van hulself sê) sonder om aan 'n debatspunt enige oorweging te gee, dan blok en hardloop hulle weg. Kindjies-klein gedrag, mos. 

Soos die intelligente leser al op Facebook opgemerk het:

"Hoe meer geloofsgefok, hoe swakker die spelling, en hoe kakker die denkprosesse."

Dis my sêding daardie, en dis so waar as om te sê dat die Afrikaner as etniese groep met sulke boerbare soos Kleynhans goed gefok is. Mens dink in jou taal, en jy los probleme met gedissiplineerde denke op. Maar hoe lyk die denkprosesse van iemand wat nie eens in sy eie moedertaal kan spel nie? 

Ek kan nou al wed dat Kleynhans 'n blouboordjiewerker is of was, want sy vermoë om 'n boek se bladsye om te blaai is bedenklik. Hy kan nie eens basiese woorde soos 'enigiets' gespel kry nie! For suck fake. (!) En moenie altyd disleksie die skuld gee nie, dis net 'n slaprug verskoning daardie omdat iemand bang was vir die boom van kennis op skool. 




Ek raai sy drinkebroers het sommer geweet Slaphansie is maar klein van verstand, toe bynaampie hulle hom Kleintjie. Want dis nie juis asof hy weens 'n groot liggaamsbou die bynaam gekry het nie, of hoe. 

Elk geval, hier is my boodskap wat ek aan ta getik het wat nie wou deurgaan nie. 

"
Ek het geen benul waar jy aan jou onsmaaklike aantygings kom nie. Is dit 'n geval van wat jou geloofsgefokte hart van vol is loop jou vuil bek van oor, hé?
Jy stuur uit die bloute jou vieslike boodskap net omdat ek op 'n groep gevra het waar jou gemorsgod tydens plaasmoorde is. Hoekom nie liewer my vraag beantwoord en ophou fantaseer oor seks met diere nie? Jy projekteer, pasiënt Kleintjie Kleynhans. Die term beastialiteit of enige verwante term of plasing in dien verbande kom nêrens eens op my timeline voor nie, so wat jou aan diereseks laat dink het sal net jy weet. 
Dus, beantwoord my vraag waar ou Vuilbaard tydens plaasaanvalle is, óf word groot en besef dat jou gemorsgod net in jou onstabiele plat kop bestaan, of kry 'n beter denkbeeldige wolkmaatjie, of gaan malhuis toe. Laasgenoemde opsie bied jou die voordeel dat jy na hartelus elke dag kan fantaseer oor bloedsuip en lykvreet soos jy elke Paasfees mos klaar doen. Maar los net die arme diere uit, gehoor. 
"



Kopiëer gerus die artikel se skakel en stuur dit vir hom, of gebruik die 'share button' hieronder. Dis wat gebeur wanneer 'n slaprug zombie my uit die bloute probeer beledig en dan pure lafaard my blok. Êrens sal ek my sê sê. 

Ek verwag dat soekenjins hierdie kort artikel sal optel, sodat as iemand Kleintjie Kleynhans eendag Google hulle kan sien watter tipe persoon hy is. Ek sou hom nie naby my Koi-vis vertrou het nie. Ook nie naby enige kraai nie, ek raai daar sal mense wees wat sê hy hom die vuil wit baas hy smaak vir hom braai die kraai in Kerkstraat. 



No comments:

Post a Comment


Get Paid to Hang Out on Social Media, Travel the World!