Be Notified of New Posts via Smoke Signals or Something

Saturday, May 15, 2021

Afrikaners Geteiken met Noorse Mitologie



'n Advertensie vir T-hemde - gemaak in China, raai ek, o die ironie - wat die Afrikaner se geskiedenis verheerlik, word deur 'n Suid-Afrikaanse onderneming met 'n Noorse naam bemark. Die advertensie verskyn netnou op my tydslyn op Facebook, en die ironie skrei ten Valhalla ag ek bedoel ten hemele.

Die Afrikaner het wel veel om op trots te wees vergeleke met ander etniese groepe, hoewel geloofsgefoktheid en die algemene onnooslikheid as resultaat dit oorskadu. Vir elke uitblinkende ster soos Musk, Barnard, en Shuttleworth is daar negeduisend dowwe sterre wat hulself as Christene uitgee terwyl hulle mede-Afrikaners probeer inloop. Die advertensie se naam tref dus diep, vir diegene van julle wat darem weet wat Valhalla is.

Dit is kenmerkend van Suid-Afrika dat hoe meer regs mens op die politieke spektrum is, hoe meer trots en hoe meer gelowig is die persoon. En hoe meer onkundig is sulke mense ook, soos mens uit hul vrot spelling in hul eie moedertaal - waarop hul glo trots is, maar in praktyk bekak hulle dit - kan sien. Dis sulke ploerte wat die teikenmark van die Valhalla onderneming blyk te wees. Selfs die advertensie is darem in goeie Afrikaans, gee die duiwel - of wie was Odin se nemesis nou weer? - wat hom toekom. 

Wat belangrik is om hier op te let, is dat Suid-Afrikaanse boerbare - geloofsgefok, onkundig, bygelowig - spesifiek oor een god-ding kwyl, een wat glad nie ooreenstem met die oorspronklike snertfabels van die Jode wat nie eens 'n hemel bevat nie.

Die geloof wat Christene in Suid-Afrika onderskryf is deur die moffie-koning James van Brittanje slegs enkele eeue terug aangepas vanuit wat die Rooms-Katolieke Kerk vanuit Italië en Spanje verkondig het, met 'n paar fabels wat uitgelaat en ander wat verfokfaai (!) is deur die swendelaars wat James aangestel het om die Bybel te herskryf. Om mense in iets te laat glo gee politici mag en beheer oor hulle.

Daarom dat die Protestantse leer en die Roomse leer soveel verskil, en albei wat dramaties verskil van die oorspronklike bokwagtersprokies wat in die Talmud as waar gepropageer word. Terloops, wie het die hemel-snot in die Bybel ingeskryf? As jou nuwe motor twee handleidings het wat dramaties verskil, en die vroeëre derde een verskil nog meer, watter een is die mees kredietwaardig? 

Hierdie moderne weergawe van die Bybel maak dit duidelik - asof dit 'n opdrag van ou Vuilbaard (God) homself is - dat geen ander gode aanbid of verheerlik mag word nie, en selfs dat gemeenskappe wat ander gode aanbid - die Kaapse Vlakte vol Moslems moet maar in pasoppens wees so tussen hul messtekery daar deur - ingeval en gestroop moet word, dat babas se koppe teen rotse daar langs die see flenters geslaan moet word, en maagdelike dogters as seksslawe ontvoer moet word.

Dis die Bybel wat Afrikaner geloofsgefoktes as waar onderskryf, van 'n onveranderlike god wat nêrens sy direkte opdragte gewysig het nie. Goed, ons weet 'n klomp Italiaanse, Britse en Spaanse skelms wat maklike geld wou maak het die spookstories wat mekaar so fluks weerspreek geskryf, maar probeer dit nou in 'n breinbeseerde se hoof inkry. Hoe immoreel, korrup en oneerlik van karakter is iemand nie wat só 'n veragtelike boek onderskryf nie. 

En hier kom 'n Afrikaner onderneming, en bemark T-hemde op Facebook onder 'n naam wat 'n direkte konneksie het met 'n heel ander god as neef Skaap en nig Ossewania s'n. Valhalla is die Noorweegse god Odin se grot, blykbaar 'n moerse groot saal wat as hemel dien vir sondaars wat lief was vir Odin, met ander sondaars - dis 'n sonde om nie lief te wees vir 'n ding waarvan jy nie die bestaan kan bewys nie; geloofslogika - wat na 'n ander plek gepos was na hul vrekte.

So lui die folklore, wat vir eeue lank as net so waar opgedis was aan Vikings en ander, as Christelike godsnot vandag. En as jy dit nie wou glo nie is jy lewendig brandgesteek, net soos Christene eeue later gedoen het toe hul snertfabels begin vlamvat het. Onthou gerus dat die Koning James weergawe van sy herskryfde Bybel so vinnig aanklank gevind het omdat die Engelse juis daardie tyd die sewe oseane behoorlik oorheers het en kolonies oral gehad het. Wat hulle gepreek het was wet en waar en klaar.

Wat my dus tref van die advertensie ter sprake is die ironie dat geloofsgefokte boerbare hemde sal koop vanaf 'n onderneming wat 'n ander geloof verheerlik as die een wat hulle onderskryf, net omdat dit hulle geskiedenis waarvan hulle elk geval slegs selektief kennis van dra nog verder verwring.

En as Suid-Afrika so 'n trotse geskiedenis het soos die onderneming adverteer, waarom gebruik hulle dan nie 'n Afrikaanse naam of term nie? Dink aan die brandewyn (wat hul advertensies afsluit met 'jou rowwe bliksem') en ander nuwe regtig trots-Afrikaner ondernemings wat treffende name gekies het reg uit Afrikaans. 

Op die advertensie op die skermgreep is die bekende Zuid-Afrikaanse Republiek se legendariese president Paul Kruger se gesig op iemand anders se lyf geretoesjeer. Hy was inderdaad 'n groot man, wat 'n nuwe land onder geweldige druk moes bestuur.

Op 10-jarige ouderdom het hy reeds sy eerste leeu vermoor, self 'n indrukwekkende dier, maar magteloos soos 'n baba teen 'n geweer. ('n Kindersoldaat in die Kongo is net so gevaarlik soos 'n volwasse soldaat, as analogie.) Kruger word dus deur baie boerbare wat nie by verandering kan aanpas en na die verlede terug hunker verafodin. (Eie skepping, nou net.) Net soos die Slag van Bloedrivier 'n wiskundige klug was, maar dit snap Jannie Driefontein affie plaas ook nie. Kyk na die meme heel onder hierdie artikel daarvoor.

Paul Kruger was egter diep geloofsgefok, met die gevolglike breinskade wat die mental breinsiekte geloof veroorsaak wat hom onnosel besluite laat neem het. Sy misplaaste geloof in 'n fiktiewe gemorsgod het hom laat kans sien om met 'n hopeloos ontoereikende 'weermag' oorlog te verklaar teen die magtige Britse ryk. Dit was in alle opsigte uiters onnosel. Dis soos Zimbabwe vandag wat sou kans sien om Amerika aan te vat. 

Kruger se besluit het die dood van sowat 'n derde van alle blanke vroue en kinders in die ZAR en Oranje-Vrystaat tot gevolg gehad. Was dit nie daarvoor, sou Suid-Afrika vandag tussen 10 en 20 miljoen blankes gehad het, en natuurlik in 'n veel beter posisie gewees het polities en ekonomies gesproke teen 'die swart vyand' en die algehele verval wat toenemend daar heers. 

Ou Vuilbaard kon nie eens derduisende onskuldige kinders in Britse konsentrasiekampe van dode net so erg soos die Jode s'n tydens SS-strafkampe red nie. Waar was die god-ding terwyl kinders gehuil het van honger, met hul eie moeders wat magteloos met leë hande moes staan, om later daardie kinders wreedaardig te sien sterf? Watter 'god van liefde' sal nie dan intree en manna uit die hemel afgooi nie? Lekker ou stink god, daai van die bygelowige swape. As die ding bestaan - en dis nie die geval nie - kan ek verstaan hoekom hy nou al by Cloud Nine verbyhardloop in sy vlug van 6 miljoen bedonderde Jode en 27 000 Afrikaners. 

Die Britse filantropiese wyfie Emily Hobhouse het in 'n enkele dag meer gedoen om Boere te red, as wat laasgenoemde se denkbeeldige godjie tydens die hele Anglo-Boereoorlog gedoen het. Sy het haar die gramskap van haar eie volk op die hals gehaal deur menslikheid te betoon teenoor 'n ander etniese groep. En tog weet die meeste boerbare vandag niks van haar nie. Hoe kan jy trots wees op iets waarvan jy niks weet nie? 

Kruger se administrasie was korrup en deurspek met nepotisme, net soos Zuma s'n van onlangs. En terwyl Zuma 'n salaris van effens meer as R 2 miljoen per jaar getrek het, was Kruger s'n - met inflasie ingereken - meer as 7 miljoen rand per jaar. 

Terwyl die veragtelike skelm Zuma sy Nkandla met staatsfondse gefinansier het, het Kruger meer as 40 plase besit. Dit terwyl die tweegatjakkals 'n boek onderskryf het wat uitdruklik beveel dat breinsiekes alles wat hulle besit moet weggee aan armes - waarvan die ZAR baie gehad het - en agter hul hallusinasies moet aanloop. Baie oneerlik van karakter om een ding te preek maar die teenoorgestelde te doen, of hoe. 

Die Afrikaner het 'n neiging om homself te sensureer, en sy breinvigs - geloof - dra sterk daartoe by. Ongemaklike feite word geïgnoreer, of die boodskapper geskiet. Feite op die tafel wat hallusinasies bedreig word afgevee en saam met 'n nuuskierige kind onder die tafel ingeslaan. Boerbare beskou mos geweld as 'n opsie om probleme op te los, soos dit primitiewe ploerte van ingeteelde intellek betaam. 

Nog talle ander bewese feite oor die geskiedenis van die Afrikaner word soos tydens die apartheidsjare steeds in die kiem gesmoor. Moenie verwag om enige daarvan op 'n Made in China T-hemp te sien nie.

 Byvoorbeeld, wie onthou Freek Bezuidenhout, die man wat by 'Slagtersnek' vlak voor die Groot Trek 'n aanvang geneem het, opgehang is deur die Britse polisie in beheer van die Kaap daai tyd? En toe die tou breek, toe hang hulle die arme held weer! O die ontsteltenis! So ons almal haat die Engelse, okay kindertjies. 

Dis die selektiewe geskiedenis wat ons op skool geleer is, en nie die ander kant van die saak nie. Bezuidenhout was 'n moeilike vent, en het een of ander spul stront aangevang wat gemaak het dat die magistraat die polisie gestuur het om hom te gaan vang. 

Op sy plaas skop Bezuidenhout toe 'n bohaai op, heel rebels soos die Afrikaner van toe al af was, en as ek reg onthou het hy een of twee pote gebles ook met sy voorlaaier. Hy word toe op die daad - soos die gebruik selfs onder vroeë Afrikanerregerings later was - skuldig bevind, en die straf van die tye gegee: Om opgehang te word.

 Hy was geensins so onskuldig soos geskiedenisklasse op skool ons probeer wysmaak het nie. Dat die Britse koloniale regering egter bereid was om wet en orde te handhaaf was te veel vir die gemiddelde wederstrewige 'Afrikaander' van daardie jare wat min ontsag vir enige gesag gehad het, en hierdie voorval het bygedra tot die Afrikaner se drang om onder die Britse juk uit te kom. 

Nóg 'n feit wat geskiedenis onderwysers tydens die apartheidsera gerieflik uitgelaat het: Bezuidenhout was met 'n swart vrou getroud, en het kinders by haar en moontlik ander swart vroue ook gehad. Skokkend, né. So 'n fokken kraaibraaiende volksverraaier, sou Boetie en Saartjie albei op skool gesê het soos hul pappie en mammie hulle mooi geleer het. Sulke ekstra brokkies konteks sou boerbaartjies egter nie mooi lojaal aan Afrikanerskap gemaak het nie, so vir die doel van breinspoeling van hoe wonderlik die Afrikaner is is dit verswyg. 

Maar feite bly feite, en ek glo dat mens dit alles moet weergee om konteks te kan verstaan. Om dit nié te doen nie is gelykstaande daaraan om monumente af te breek en te verwyder, soos wat swartes in Suid-Afrika en Amerika vandag doen. 

Moet lesers die onderneming Valhalla se hemde koop? Ja, sê ek. Mits hul hemde deur werklose wit Afrikaners vervaardig word, bygesê. Waarom die ANC-bondgenoot China ondersteun net vir meer wins? En hoekom het Orania (dalk het Solidariteit of AfriForum?) nie sulke inisiatiewe om werk te skep vir die sowat 200 000 tot 500 000 blanke Afrikaners in wit plakkerskampe nie? 

Die Afrikanergeskiedenis is wel donker, maar het tog bygedra om 'n nuwe etniese groep wat bestaansreg het te vorm. Terwyl 'die vyand' (swart rassiste) slegs die donker kant as deel van gevaarlike propaganda belig, is dit die verantwoordelikheid van Afrikaners om ook hul kant van die verlede weer te gee, voordat die oneerlike propaganda van die EFF waarheid word in die bygelowige breintjies van onkundige verarmde swartes wat niks het om te verloor in 'n burgeroorlog nie. 

Ironies genoeg was dit Paul Kruger wat gesê het: 
Neem uit die verlede wat goed is, en bou daarop.
Al moet jy dan ook T-hemde uit skaapwol op een van 40 verdroogde plase op Sutherland waar ou Vuilbaard geen dier van 'n dorsdood kon red nie gaan maak. 






No comments:

Post a Comment


Get Paid to Hang Out on Social Media, Travel the World!