Ek slaan my hande saam en lag myself onderstebo. Waar sal ontlading vir 'n wilde Kaapse bo'jaan vandaan kom? 'n Ou kees wil paar, en hy steun sy belustigheid sommer so oor die glad nie verlate vlaktes van die internet uit.
Daar is 'n nuwe blad op Facebook, Netseks in Afrikaans, wat deur iemand wat ek ken bedryf word. Ek het nog nie daarby uitgekom om dit te gaan aai (dis die Afrikaans vir 'like') nie, en miskien ook maar goed so. Afrikaans se erotiese sy word besonder poëties daar ingespan om die oë te laat rek in wilde verbeeldingsvlugte.
Nêrens plaas die admin 'n foto van hom of haarself nie, slegs sexy generiese fotos vanaf die internet ter illustrasie. Baie betaamlik, eintlik. Maar dit verhinder geen boerbaar nie, as hy lus is is hy lus en basta. 'n Prentjie is geskets in die verbeelding en hormone is geskommel, laat die vasdrukkery begin.
Sommer met die eerste storie wat ek lees merk ek toe daarby een kommentaar - die enigste - én die benoude bloubaldraer vervat so 'n slag aan 'n gewurgde wors en volg toe dadelik op met 'n tweede kommentaar. Dis soos om tydens 'n dieet aan 'n verbode stukkie koek te proe, en dan te besluit fok dit, ek vreet die hele koek op.
Ene Petrus Carstens affie wonderskone Kaap se lus het behoorlik uitgehang. Die vermoede bestaan dat hy homself vir twee minute lank woes rondgepluk het op daardie stadium, en dalk 'n sleutelbeen uit potjie kon gehad het daarna.
Dit bly my verstom wat Afrikaners op die wêreldwye web kwytraak. Ek is al lank van mening dat boerbare nie naby 'n videokamera - selfone s'n ingesluit - toegelaat behoort te word nie, want wanneer hulle iets daarmee afneem land dit hulle in die warm water. Maar ek dink so 'n verbod kan maar uitgebrei word na alle gevetvingertjietikkery ook.
Om lakengimnastiek in 'n forum net daarvoor in 'n akademiese trant te bespreek is een ding, en dan gebruik mens mos darem 'n skuilnaam. Maar nie boerbare nie, o nee. Hulle gaan plak sommer alle verstand wat saam met die bloedtoevoer suidwaarts migreer het op publieke platforms soos Facebook, waar juis al wat vriend en werkgewer en kliënt is ook uithang. En verbeel jou, dan het van hulle nogals grade!
Volgens sy profiel het Carstens in 1979 gematrikuleer, en die norm was daardie tyd dat dit op 18 gebeur. En daarna graad gaan vang. Die uitgedroogde hanslam moet dus nou so ongeveer 61 jaar oud wees, en klaarblyklik spring hy nog bloupil voorskrifte vry. Dis blykbaar nie oud genoeg om te leer hoe om 'nakend' te spel nie, maar dit keer hom nie om na 'n kaalgattige episode te smag en redelik platvloers te raak daaroor nie.
As deel van my Jagse Afrikaner Soek 'n Streep-reeks, plaas ek dus dieselfde inligting wat Carstens van homself in die publieke domein geplaas het hier. Hy gaan ook by die bynaam Russ. Enige wyfies in die luim vir 'n streep teen 'n kransmuur of slymgrot se wand, gaan druk gerus op die man se tollie.
No comments:
Post a Comment