Be Notified of New Posts via Smoke Signals or Something

Wednesday, October 4, 2023

Staan opsy Monopoly, hier kom Damvis


Damvis kan skaak en Monopoly vervang in Suid-Afrika


Suid-Afrika se gewildste sepie, wat boonop nie eens op televisie is nie, is besig om opgang te maak. Soos dit met gewilde flieks en TV-reekse gaan, kan daar binnekort memorabilia en speelgoed en ander te-koop-goeters op winkelrakke verskyn.


'n T-hemp met die woorde "Ek is nie jou ma nie, Hansie" het 'n afgetrede poot wat langs 'n drankwinkel nes opgeslaan het só ontstel dat dit dadelik SABS-goedkeuring bekom het. Vals oogbroue (!) en elegante naels vir die kat in jou onder die handelsnaam Le Oni is reeds by uitgesoekte Chinese winkels beskikbaar. En dis maar net die begin.





Ook die skryfbehoeftevervaardiger Bic se verkope het dramaties geklim danksy die sepie en wat 'n clown alles daarmee kan aanvang. Om nie te praat van die Japanese horlosievervaadiger Casio se aandeelprys wat nou Fukushima s'n verbygesteek het nie. Daar kan dalk nog selfs 'n diplomatieke twis tussen SA en Japan ontstaan as laasgenoemde nie omkoopgeld aan die ANC wil betaal hieroor nie, hou maar die sepie dop.


Gerugte wil dit hê dat verskeie sangeresse reeds aan 'n mix-tape werk waarin die poeierwyfies die deugde van diamante en piramides besing.

Ja, net so herhaaldelik soos daardie weersinwekkende Skarumba wat ek jaar toet aanmekaar moes luister oor 'n motorradio en my vir ewig genees het van ooit weer na enige Afrikaanse musiek luister. Net soveel keer gaan julle 'diamant diamant diamant diamant' vir fokken 3 minute lank moet luister. Gaan tel 'n bietjie hoeveel keer haak die geloofsgefokte sangeres se koppie daar vas met die een woordjie Skarumba. En nou sit dit sommer in jou kop ook vas die hele dag.

Maar, Afrikaans mag wel vertrap word deur sy eie gebruikers, maar sing wil ons sing soos Stief sê. Sy seun sal dit beaam, hy is óók onder 'n skuilnaam in die sepie!  Welkom, welkom, Devon, hier is 'n vyftig Randjies vir jou. 😁

Selfs die politieke landskap in SA is besig om te verander te danke aan die sepie. Byvoorbeeld, 'n veroordeelde gomgat-misdadiger - wie se ooroupagrootjie Boere by Bloukrans uitgemoor het - gee skelm raad en word gefinansier deur die einste geldgierige boeries wie se oeroupagrootjies se families die slagoffers was. Natuurlik het die geslepe krimineel 'n klomp kornuite oor alle pelskleure heen.

 


Wanneer geld praat, word almal van familie en vriende tot ou Vuilbaard aan 'n krom balhaar gegryp en by die venster van moraliteit uitgesmyt deur Afrikaners. Dan tel geskiedenis en herkoms en moraliteit niks nie. Sal Sondag jammer sê en myself vergewe, Wolkpappie.

Verskeie van die akteurs was voorheen in die politiek betrokke, of mik nou soontoe. Die Oekraïniese president en voormalige komediant, asook die vorige Amerikaanse president en ook 'n voormalige TV-ster dien as inspirasie. Die woeste geliegery in die SA sepie het die betrokkenes beslis geslyp vir 'n politieke rol.



Dus, die sepie se invloed is besig om uit te brei, selfs internasionaal. Die dinge wat Afrikaners kwytraak word danksy FB se vertaalfunksie - wat nou al swak spelling kan ontleed - ook in België en Nederland gelees.

Net gister praat ek met 'n kaaskabouter, en hy seg toe ewe (my Hollands is maar nog nie van die beste): "Mijn grootte got! Ja, ik hebbe gehoort van deze soapie in Zuid-Shitholie, hoekom hille moert mekaar naai en kry klaart? Ik ben so gekontfokuleerd over zijn boerbaarians!"

Omdat die sepie nie betaling ontvang vanaf Mark Zuckerberg nie, moet die akteurs dus op ander maniere vergoeding ontvang vir die grenslose vermaak verskaf.

Publieke figure, deur hulself tot daardie 'status verhef' en nou kliphard aan't poog om weer privaat te gaan vir ekstra regsbeskerming, se pogings om lede van die 7-span te dagvaar vir die oorsig ('scrutiny') deur laasgenoemde gedoen is maar modder teen 'n muur gooi en lewenstyd verkwis wat beter met Bubba spandeer kon word. Net prokureurs gaan daaruit baat, geen akteurs nie.

Ek sou graag wou voorstel dat 'n boek oor die affêres geskryf word, juis omdat die sepie 'n begaafde digter-skrywer het. Maar hy kan dalk van subjektiwiteit en harige danse beskuldig word.

Boeke is klaarblyklik, ongelukkig, ook op pad uit, met mense wat deesdae videos verkies. Dus, roep daai vetstert-worsie van Orkney Snork Nie-faam nader. (Terloops, Willie Esterhuizen kry hopeloos te min krediet vir alles wat hy al vir televisie gedoen het.)

Daar is ander metodes ook om geld te maak uit die afgelope drie jaar - hardloop die sepie al so lank?! - se dramas en intrige.




As my bydrae tot die uitbreiding van die storie se winkelgoete - julle kan die wins mooi gelykop deel - wil ek graag 'n bordspeletjie voorstel. Die een akteur het juis skaak aan Suid-Afrika bekendgestel, en ek reken dié nuwe bordspel van my kan skaak dalk wêreldwyd vervang.

Die voorgestelde bordspel bevat al die elemente van die sepie, en lesers kan gerus onder by die kommentare of op Facebook nog voorstelle byvoeg. Die spel is 'n eg-boerbariese damvis (bingo! Patenteer daai naam!) speletjie, wat beslis Monopoly in gewildheid kan verbysteek.

Dis nou mits een van die akteurs in die sepie wat reeds 'n suksesvolle klerereeks, 'n reeks horlosies, 'n Bic borgskap, 'n radiostasie, 'n uitgebreide aantal lock-up-and-squat ag ek bedoel go eiendomme besit, dit sou onderskryf. Hy het reeds 'n groot YouTube kanaal met tientalle kykers, en só 'n influencer is net wat die spel nodig het om internasionaal te gaan. Kan selfs in Sandvlooi (Arabies) en Gottamees (Hebreeus), Aramees en Siamees ook vertaal word.

Die spel Damvis (klink amper soos dambord of damduiker, né) werk so: Daar is 20 spelers om die bord, elkeen kry 'n speelgoeddingetjie om op die bord aan te skuif. Mens kan by die een speler geld leen ook, as sy 'n erotiese kiekie uit die bad saamstuur.



Juis om die regte séance te skep - die sepie het regte Wiccan hekse ook wat al gedreig het om mekaar te toor, en toe traai 'n amateur-heksie dit sowaar in 'n hotel - moet al die spelers maskers dra.

Onthou bietjie, ons moet eer betoon aan die Covid-19 virus ook, dis mos juis toe die sepie begin rol het. 'n Verveelde Afrikaner by die huis is 'n resep vir skop skiet en donder, geen wonder Chuck Norris is net bang vir Suid-Afrika nie. Ek weet selfs van 'n dokter daar wat sy huiswyfie pimpel en pers geslaan het. En so ontstaan die sepie mos toe in die huise van die peasants, terwyl ryk blinkes gaan gholf speel het met pers-passe.

Tydens die spel neem almal stilletjies foto's van mekaar die hele tyd. Maar in die spel word dit skermgrepe genoem, en jy mag net jou eie foon gebruik, nie 'n MILF wat payslips kan uitskryf s'n nie. Die ander hoef nie te weet daarvan nie, die fotos word as leverage en vir vuilspel later gebruik.




 Op die bord self is daar verskeie blokkies net soos met Monopoly, soos vir 'n casino met die Cliffhanger Hotel op die perseel, en 'n diamantsmous se huis, en 'n bedenklike crypto skema langsaan, asook Kakpraatstraat en Zuma Laan. Ook 'n nice vrou met baie katte met wie mens nie moet sukkel nie se huis, daar moet mens maar blitsig verbyskuif of jy word gebyt.

Natuurlik, sommer 'n groot blok het net een woord daarop: Tronk. Want dis blykbaar 'n plek waar alle spelers moet beland as dit van ander spelers afhang, en 'n paar akteurs in die sepie was al self daarbinne. Kyk maar YouTube, daar is videos oor hoe dit daarbinne lyk.




'n Deel van die spel bestaan daaruit om te raai wie die ander spelers is. As jy vyftig keer verkeerd raai gaan jy tronk toe, totdat iemand jou borg betaal en vir Bubba omkoop met 'n sakkie tabak om jou te los.

Almal dra mos maskers in dié opwindende speletjie, en gebruik wilde grensvegter skuilname wat gevaar en romantiek versinnebeeld. En daar is baie regverdiging daarvoor, want daar sal altyd 'n lafaard wees wat na Juffrou ag ek bedoel 'n ander speler se werkgewer draf om stories aan te dra as hy weet wie jy is. Dis dikwels ook hoekom sulke losbekkiges sommer oral vyande vanself maak, en net eenkeer saam met mense op fotos kan verskyn. Mens wil sommer jou Toyota dan vir 'n Tesla gaan inruil.

Vertroue bou en vertroue behou, dis die opvoedkundige aspek van die speletjie. Dis nie iets waarvan die gemiddelde Afrikaner die waarde besef nie.

 


 
Net soos met elke Big Brother TV reeks, bevriend elke speler soveel van die ander spelers as moontlik aan die begin, maar een speler - aanvanklik; later is almal haaks met mekaar, dis mos hoe Afrikaners rol - moet uitgehou word as vyand. Verkieslik een wat nie hou van opstelle nie.

As die vyand te gaterig van tand word kan 'n tydelike ander vyand gesoek word, en sy moet Nerine genoem word, al is sy soos Tolla se Rooikappie nie eens in die storie nie. Daar is ook 'n blokkie met 'n houthuisie, en die vyand se wyfie begeer daardie huisie. So maak almal maatjies die eerste deel van die game, so dis baie opvoedkundig en julle moet dit regtig aanbeveel by jul skole.

Die leser, veral besige akteurs en kykers van die sepie wie se kos alweer aanbrand op die stoof omdat dié artikel te lank is, wil natuurlik nou weet wat die einddoel van die nuwe bordspel Damvis is. So hier is dit, en dit som die gemiddelde Afrikaner goed op.

In die middel van die bord is daar 'n blokkie. En in die blokkie is daar 'n skuur. En in die skuur is daar 'n bus. En elkeen moet probeer om al die ander onder die bus in te moer. 🤣 


Lees gerus ook meer oor Suid-Afrika se beste sepie wat nie eens op televisie is nie, waaroor hierdie storie handel.

 

*Hierdie is 'n werk van satire. As jy jouself in die artikel herken, geluk, jy wen 'n opblaas duikboot.


 

No comments:

Post a Comment


Get Paid to Hang Out on Social Media, Travel the World!