Be Notified of New Posts via Smoke Signals or Something

Thursday, October 5, 2023

Beste SA sepie nie eens op die tiewie

 


Suid-Afrika se beste sepie speel nie op televisie af nie, maar op die digitale straathoeke van Facebook. Ook kliphard buite die filmstel, met die gebeure wat dan getrou verdraaid na FB aangedra word. Dis wonderlik, want nou kan ook mense wat nie deur Netflix gerook wil word nie oor landsgrense heen regoor ons plat aardbol vermaak word. 

Deur aan sowat twintig groepe - almal toegewy aan die sepie - te behoort en nog twintig bladsye ('pages') te volg, kan mens verskillende bedrywe volg op dieselfde tyd. Dis soos om in 'n winkel na 20 televisiestelle op verskillende kanale gelykertyd te kyk. Mens moet kophou, en die regte dikvel-pille drink om te oorleef as mens dit sou waag om te wil deelneem.

Maar Afrikaners is braaf, hulle neem deel aan die sepie met 'n tornado van plasings en ontbloting en bytende kommentare, veral as die voggies vloei en hondjies nie ontvoer word nie. Naweke is besonder rof, want 'n verveelde Afrikaner is dan mos ekstra-lus vir skoorsoek. Selfs die onheilige Sondag word nie ontsien nie. Kant moet gekies word, draadsit werk nie. In 'n kampie in sal daar afgeval word. En Sondae word daar met die Bybel onder die arm geloop.

 LEES OOK: Staan opsy Monopoly, hier kom Damvis

 


Soos dit 'n Afrika-Hollywood betaam skei die spul akteurs ook vreeslik, en dan word die eks van 'n kant af uitgeskel. En sex tapes en audio opnames gedeel. Kinders word gedreig dat hul afgeteken gaan word, 'n denkbeeldige NPO vir mishandelde vroue word opgesit as teenvoeter, en aan na die volgende bedryf.

Ook, en onverfrissend anders as in misdaadstories in lande met moraliteit waar almal vir die poot squad skree, mag mens in dié sepie selfs die ander kant kies en hulle van raad bedien oor hoe om met 'n gediefde seiljaggie te ontsnap met 'n klomp crypto in 'n tas en die pragtige sonsondergang in te vaar na die Seychelles toe.

 


 

Synota: Die sepie het nog nie eintlik 'n naam nie, maar ek stel "Die Gottamiete / The Gottamites / iJô Hom di skelem Boer" voor. Mooi in drie tale, ja, multi-kultureel, en omdat meeste mense in SA mos deur 'n pratende slang in die bol gebyt is. Ek kan al sien hoe rol die intro oor televisies se skerms nog beter as Home Alone s'n. Die internasionale belangstelling in die sepie is, danksy FB se vertaalfunksie wat nou al swak Afrikaans baasgeraak het, so groot dat dit ook beskikbaar is in Gottamees, Aramees, Hebreeus, Sandvlooi en Siamees.

Die karakters:
Ek laat die name uit net om so misterieus soos ou Vuilbaard te wees, maar selfs verbyrollende FB-gebruikers sal die sepie se hoofakteurs herken:

  • 'n fake prokureur en sy aanvallerige wyfie wat albei van mislukte moord aangekla word (for real, hoor),
  • 'n diamanthandelaar en voorstander van onwettige wynaangedrewe mynboukundige migrante se denkbeeldige regte, wat kaalgat in die stort laaifs vir FB maak (ook for real!)
  •  'n onvermoorde sterstoffer langs 'n besoedelde rivier, waar barbers sommer self daar uitspring om van drywende bobbeltjies baby tjoklits te ontsnap,
  • 'n koekoes poot wat steeds drukkers-ink soek,
  • 'n toegewyde span van sewe burgerlikes wat reg en geregtigheid wil sien geskied en tweeduisend skuilprofiele beheer, wat baie raai-raai-riepa tot gevolg het,
  • lede van die Boerbarati wat die egoïstiese vreugdes van kitsvideobeeldsending (ook genoem 'laaifs') ontdek het en dit nou vir aktivisme en lugkastele en eie-stert-prysery inspan,
  • 'n amper-hitman wat Suid-Afrikaners leer hoe om nie moord te pleeg nie,
  • verskeie regte prokureurs wat deur 'n fake prokureur die skrik op die lyf gejaag word, maar steeds lekker geldmaak wanneer akteurs mekaar hof toe sleep,
  • 'n hoogs geheime spioen, Agent Koekie Double Oh One, wie se identiteit ondanks 782 raaiskote deur elke skurk, steeds 'n geheim bly,
  • 'n aantreklike 'black widow' wat agter die skerms belangrike toutjies trek,
  • en 'n uitgebreide aantal ander akteurs, minstens etlike duisende, baie met klaarblyklik duistere agendas, en met party wat selfs mik om ook op die A-lysie te kom van Suid-Afrika se hollie-nollie-proseque filmbedryf.


 


Wraak, afguns, nyd, dwelms, jagsheid, pedofilie, misdaad, godsnot, rassisme, Christelike taalgebruik, politiek, spioenasie, dreigemente, seks, afpersing, geld, gebrek aan geld, data en te min data, die sepie het dit alles. En for real, hoor, met selfs opreggeteelde regters van SA se regbank wat onder skuilname die sepie volg en onderbewustelik beïnvloed word. Dis nie 'beurtkrag' wat hofsake laat uitstel soos News24 gereeld berig nie, dis 'n nuwe verwikkeling in die sepie wat regters wegroep, kinders. Dallas het dit ook mos reggekry destyds.

Met die laaste telling was sowat 40 000 akteurs wat hulself vennote noem maar eintlik 'n klomp goedgelowige swapelinge is, en nog tienduisende ander meer intelligentes betrokke by die sepie. Verskeie van die NWO-beheerde hoofstroom media het al berig dat daar letterlik biljoene Rande ter sprake is in hoogs verdagte transaksies. Natuurlik is George Soros agter dit alles.

 



O ja, ek het vergeet om by die lysie hierbo by te voeg, samesweringsnert en groot-oog bangmakery van kindjies-klein deur ander bygelowige oorgroeide kinders is natuurlik ook deel van die sepie se wenresep. Gewoonlik, hoe meer geloofsgefok hoe swakker die spelling hoe meer verward die denkprosesse.


Sonder uitsondering wanneer mens wyshede soos op die skermgreep hierbo sien, kan mens dan maar weet, dis 'n geloofsgefokte tweegatjakkals (preek een ding, soos geskeide vroue doodgooi, maar doen dit dan nie) waarvan die breinvigs weer rumoer. 

Natuurlik is dit my pet hobby om hulle te trol, en eerste prys is wanneer hul plat koppe uithaak en ek nóg flyer miles Hel toe kry. Die fabelspinners se kinders sien ook hul oneerlike pappies en mammies se hallusinasies dat Kersvader in die skoorsteen afgeval het vir hul sondes. Dat die klomp webvoetige kindjies-klein so wragtig nie die moerse gate in die Bybel se storieplot kan raaksien nie dui op flukse inteling onder die voorgeslagte. Ek sit dit so mooi uiteen op die meme hieronder, maar probeer dit nou deur dik skedels gevul met godsnot kry.




Ek gaan nog eendag 'n artikel skryf oor hoekom Afrikaners die wêreldrekord hou vir die meeste bejaardes in ouetehuise, pro rata vergeleke met ouers wat by hul kinders inwoon, soos in ateistiese Europa dikwels die geval is. Verloor volwasse kinders dan respek vir hul liegbekkige ouers?

Elk geval, terug na die sepie en sy positiewe invloed op SA. Dis hoog tyd Suid-Afrika se slapgat president gee die sepie krediet vir die groot rol wat dit in sy leeggesteelde ekonomie speel. Groot geld verwissel oral van poot, ook met omkopery. Selfs verskeie akteurs moes al van duur lyfwagte gebruik maak, so het hul ongewildheid hul oorval. En oral speel fêns steelfotograaf as 'n akteur net durf waag om 'n oester te gaan suie.

Die uniekheid van hierdie nuwe formaat sepie bestaan daaruit dat die kyker kan fokus op die dele van die storieplot wat vir hom of haar die interessantste is, en terselfdertyd ook op hoogte bly met die res van die sepie, én selfs interaktief kan deelneem aan die geskinder en bakleiery. Kitsroem is net 'n omstrede kommentaar ver.



 

Met die gemiddelde deelnemer aan hierdie realiteitsreeks wat klaarblyklik enigiets tussen vyf en vyf-en-sewentig 'fyk profaails' het - troes bob - om blokke en klappe te ontduik, wonder ek hoe akkuraat is Mark Fuckerface se stelling dat Facebook 2 biljoen gebruikers het. As almal Suid-Afrikaners se voorbeeld volg het die site meer spoke as net 300 miljoen regte gebruikers.

En so tussendeur vra intelligente boerbare nog raad ook, en almal hou mos van raad uitdeel. Help gerus die dame op die skermgreep en deel jou boereraat op FB nadat jy die skermgreep hieronder afgelaai het. (regs-kliek, save as.)




Mens kry 'n oorsig oor alles wat in SA aangaan deur net die sepie te volg. Wanneer een boerbaar 'n ander boerbaar letterlik doodslaan oor gediefde kwakkie in Kommin Klerksdorp, dan word dit bespreek en dadelik sommer kant gekies ook.

Hierdie nuwe sepie-formaat is 'n boerbaarse uitvindsel wat die eerste hartoorplanting in die skadu gaan stel, kyk maar wat die uwe voorspel. Dis mos juis hoekom Mark Fuckerface my nie meer so baie in FB jail gooi nie, die man met die dooie oë - nee ek praat nie van Willem Petzer nie - kry baie slim idees van my af op FB. Gaan staan en vernoem sommer die moedermaatskappy na 'Meta' net omdat ek 'n spelfout gemaak het eendag, sies.




Die sepie se skrywers en regisseur is besonder begaafd, met nuwe akteurs wat
elke derde dag bykom om nog meer drama te veroorsaak. Opwindende cliffhangers wat Dallas sal onttroon en die sepie 'n top-tydverkwister gemaak het word daagliks in een van die vele bedrywe ingewerk. 

 


Die sepie se rykste akteur met 67 miljoen Rand vergoeding vir sy rol - en na bewering 'n baie magtige man in Suid-Afrika - het juis onlangs die gesogte PoeierPofpou-toekenning vir sy gebruik van cliffhangers ontvang in Dubai. Sy kritici beweer dat hoewel hy graag soos JR Ewing wil voorkom, lyk hy met sy opgeblase haarstyl meer na die animasie karakter Johnny Bravo, en kry hy net soveel keer op sy moer ook. Maar dan staan hy weer op, en stilletjies bewonder al sy haters hom daarvoor. Moenie sê hy motiveer julle nie.


 

Die draaiboek vir Oktober beloof 'n paar opwindende dramas, met 'n paar hofverskynings geskoei op die LA Law-formaat, en meer onverwagse skandale waaroor ek die leser in afwagting sal hou.

Lees gerus ook my voorstel oor hoe die sepie-akteurs vergoeding kan ontvang en wereldberoemd sal word met die nuwe bordspeletjie 'Damvis'.



* Hierdie is 'n werk van satire en word ondersteun deur my universele reg tot vryheid van spraak. Enigeen gepla daarmee, belê gerus in 'n piramideskema. 


No comments:

Post a Comment


Get Paid to Hang Out on Social Media, Travel the World!