Be Notified of New Posts via Smoke Signals or Something

Tuesday, October 10, 2023

Israel vasgedruk tussen die duiwel en die diep blou see. Letterlik ook.



Brussels, politieke hoofstad van Europa, het vanoggend gister se besluit om hulp aan Palestina op te skort, herroep. Wat ek al gister gesê het gaan gebeur.

 Die EU had nie 'n keuse nie, hulle moes die moreel regte ding doen, wat hulle toe ook gedoen het. Al lyk dit nou asof ramphulp na bewese terroriste gestuur word, wat wel ook die geval is. Nogals baie ironie hier, né. 

Hier is die verduideliking van hoekom die besluit geneem is, en wat ons te wagte kan wees. 

Nie almal in Gaza is Hamas ondersteuners nie, en baie wil net 'n normale lewe lei. Daar is boonop 'n swetterjoel broeiseltjies ook, môre se terroriste, maar vandag nog onskuldige lydendes wat nie gevra het om in 'n godsnotbesmette nes gebore te word nie. 

 Israel oortree internasionale wetgewing deur kos en water en medisyne na almal af te sny, en dit kom effektief op volksmoord neer. Uiteraard durf die EU dit nie onderskryf nie, of vir Rusland 'n slaanstok gee om die vrye Weste van hypocricy te beskuldig nie. 

Maar Israel sit tussen die duiwel en die blou see sover dit opsies betref, Hamas het bykans al die troefkaarte. Hoe meer Palestynse burgerlikes sterf, hoe meer gaan die internasionale gety teen Israel draai. 

Moslems wêreldwyd sien ook hoe hele woonstelgeboue met mense daarbinne ineenstort nadat 'n missiel dit getref het, en uiteraard maak dit hulle woedend. Saoedi-Arabië en ander Moslemlande beheer die wêreld se olie, so as die Weste nie die regte geluide nou maak nie gaan die oliekrane toegedraai word. 

Met Rusland wie s'n reeds vir Europa toegedraai is, en die Moslemland Azerbaijan wat nou die grootste gasverskaffer aan die EU is, loop die hele Wes-Europa die gevaar om van koue te sterf dié winter as die Moslemneste met mekaar op Zoom klim en teen ons draai. Daarom dat die EU nie meer die besluit om noodhulp af te sny durf onderskryf nie, dit maak nie moreel of ekonomies sin nie. 

Intussen skuil Hamas lede tussen burgerlikes, Israel kan hulle nie tref sonder om onskuldiges ook te tref nie. Dus, Israel is gefok, al wen hulle ook militêr.

 As die Israelis/Israeliete/Jode/Gottamiete nou hul hand oorspeel, gaan Moslems in ander lande Israel ook aanval, en dan sal Amerika verplig wees om self in te tree. Dan sit mens met die begin van 'n wêreldoorlog. Dit terwyl Israel nie eens 'n NAVO lid is nie, net soos Ukraine ook nie is nie. Maar daar is meer Jode in Amerika, met groot geld boonop, as in die hele Israel. 

Dit was reeds 'n baie dom skuif van Biden om 'n vliegdekskip om af te show te stuur. Die boodskap wat dit aan Rusland en China en ander haters stuur is een van arrogansie, dat Amerika 'n verdrukte etniese groep ook wil gaan uitmoor. Dit blaas haat in die helfte van die wêreld nóg sterker aan teen die vrye Weste, en versterk outokratiese regimes. 

China lek sy lippe af vir die kans om Taiwan te vat, en die VSA kan nie twee groot oorloë gelykertyd behartig nie. Dan sal hulp vir Ukraine opdroog tot so 'n mate dat Rusland daar gaan wen. Biden sal dus baie wys wees om dadelik die EU se besluit om wel aan te dring op noodverleniging en 'n humanitêre korridor vir die Palestyne te ondersteun, en boonop hard in die publieke domein. Ek verwag dat Biden dit wel sal doen binne 'n dag. 

Daar is in die hele konflik min kans vir diplomasie om te wen, eintlik nul, eenvoudig omdat albei kante deur die breinsiekte geloof gedryf word. Breinsiekes kan nie logies en met feite alleen redeneer nie. 




Soos die vorige PM van Israel dit duidelik vandag op televisie gestel het, dis 'n oorlog teen Christene en Jode, deur Moslems. Dis nie heeltemal waar nie, maar dis in Israel se belang om soveel moontlik lande se steun in publiek te wen, daarom dat geloofsgefoktes nou opgeroep word, asof dit elke Christen in die wêreld is wat in gevaar is. Dis waar, en ook nie waar nie. 

 Selfs drie dae nadat die verrassingselement verby is, reën daar steeds missiele regoor Israel heen neer, selfs in die middel, wat bewys dat die veelgeroemde 'iron dome' meer 'n briljante gelieg deur bemarkers as waarheid was. Ou Vuilbaard en Allah-Allah-I-like-not staan ook lekker eenkant en piele vleg, sonder om hul kindjies-klein te beskerm of uitmekaar te maak. Baie gaga wolkpappies daai. 

Israel het dus geen ander keuse as om nou die gevaar wat Hamas al dekades lank inhou, permanent te verwyder nie. Dis hoekom Netanyahu gesê het dit gaan 'n lang oorlog wees.

 Dit gaan egter tienduisende, selfs honderdduisende sterftes tot gevolg hê, en reeds oor 'n paar dae gaan groepe Moslems wêreldwyd aktief elke Jood en Joodse ondersteuner begin teiken. Tensy Hamas se 'resolve' reeds hierdie week gebreek word, gaan die oorlog eskaleer, en gaan hulle geen beheer meer hê oor moontlike vredesooreenkomste nie. Nie as die konflik meer lande betrek wat elk sy eie agenda het nie. 

Met 150 gyselaars as hefboom, gaan Hamas waarskynlik vasbyt. Daar lê opwindende ontploffings voor.

No comments:

Post a Comment


Get Paid to Hang Out on Social Media, Travel the World!