Be Notified of New Posts via Smoke Signals or Something

Thursday, June 1, 2023

Wat is werklik agter Duitsland se sluiting van Russiese konsulate?




Duitsland se sluiting vandag van vier van Rusland se vyf konsulate in eersgenoemde land is nie net 'n tit for tat diplomatieke magspel teen Rusland nie, nadat Rusland 'n kort rukkie terug 'n klomp Duitse diplomate uitgesit het om Scholz se nagrus te versuur. Dis inderwaarheid 'n kommerwekkende eskalasie van die spanning regdeur Europa, en daar is meer agter die Bundestag se stap as wat dit op die oog af mag lyk.

Duitsland is verlede jaar as slaprug en bang vir die Russe gesien, iets wat nie goed in die Duitsers se klere gaan sit het nie. Stilweg en bykans ongemerk het die versigtige kanselier Olaf Scholz reeds verlede jaar al die meeste hulp aan Ukraine gestuur, pro rata en met Amerika buite rekening gelaat.
 Intussen het Frankryk en Brittanje egter die kollig gesteel met hul hardegat houding en het die media op hul besendings hulp gefokus, al het Macron pateties min hulp gestuur in vergelyking met Frankryk se militêre mag en vermoë. 

Die Duitsers het met tipiese Duitse deeglikheid stilweg eers hul eendjies in 'n ry gekry, voordat hulle nou begin stem dik maak het. Hulle het hul energie afhanklikheid van Rusland dramaties afgeskaal, nuwe verskaffers bekom en bindende kontrakte gesluit met lande in Afrika en die Midde-Ooste, en ook hul bergingsvermoë van gas, olie, en verwerkte olieprodukte verhoog. Dus, stof eers die bokshandskoene af en speel bietjie Rocky musiek, voor hulle sommer in 'n geveg indons. Die geskiedenis deur die eeue leer ons dat die Kruite - my Afrikaans vir Krauts - hou van baklei wanneer hul moere gekoer word.

Die sluiting van die aantal konsulate as diplomatieke belediging aan Rusland is 'n ernstige skoot oor die boeg, weens die langtermyn erns daarvan. Mos nie asof 'n konsulaat sommer oor 'n maand of selfs 'n jaar vinnig weer geopen word nie. 




Die Duitse skuif op die skaakbord is bedoel as baie ernstige waarskuwing aan Putin dat die Duitsers omgekrap raak. Hul ekonomie is die vyfde grootste in die wêreld, wat beteken hulle het leverage oor Rusland se bondgenoot China ook.

 Putin sal egter nie op die waarskuwing kan of wil ag slaan nie, en sal dit waarskynlik nou plooi as net nog 'n vernedering vir Rusland wat alle Russe sal wil wreek in die toekoms. Die haat van 80 jaar gelede tussen twee sterk moondhede is weer besig om na bo te borrel. 

Die hele Wes-Europa is tans besig om die skroewe nou nog harder aan te draai en Rusland verder te isoleer, en Oos-Europese lande word nou die hof gemaak - soos Macron in prentjiemooi Bratislava gedoen het - om kant vir die Weste te kies. Die Russe word nou verplig om daarop te reageer, en omrol en flou gesuip speel gaan hulle nie doen nie. 

Russiese invloed is groot in Oos-Europa weens historiese bande, maar die regerings in daardie lande besef goed watter kant hulle moet kies. Of hulle hul bevolkings oortuig gaan kry is waar die knoop lê, en Putin het 'n slim plan bedink om daardie bevolkings NAVO met wantroue te laat bejeën. 

 Rusland speel 'n belangrike diplomatieke rol tussen Serwië en Kosovo, en dis insiggewend dat konflik daar nou weer sterk opvlam. Putin probeer NAVO insleep in die groter konflik, en briljante skaakspeler wat hy is het hy dit vandag reggekry toe NAVO president Jens Stoltenberg 700 troepe na die Serwiese grens gestuur het om kamma vrede te bewaar. 
 
Daardie konflik wat reeds dekades lank onder die oppervlak stoom opbou tussen Serwië en Albanië, met Kosovo as bokskryt, dien as meer as net 'n weerligafleier vir Putin. Dit gee hom die kans om gewone Russe te oortuig dat NAVO nou in praktyk by die Ukraine oorlog betrokke begin raak. Onthou dat Putin se narratief sedert middel verlede jaar reeds begin swaai het van "oorlog teen die Nazi's" na "oorlog teen NAVO". Op Rusland se Oorwinningsdag parade op 9 Mei was dit die gesoekte oorlogsmisdadiger se hooftema in sy toespraak. 

Gewone Russe is besig om te begin val vir Rusland se geoliede propagandamasjien, wat dit veel makliker maak vir Putin om militêre krygsplig uit te vaardig. Die hele Rusland word reeds die afgelope 9 maande voorberei vir oorlog op eie bodem, met stede soos Moskou en St Petersburg wat lugafweerstelsels rond en bont begin oprig het, en bomskuilings wat uit die Tweede Wêreldoorlog dateer wat weer opgeknap word.

Die maatskappy Kalashnikov byvoorbeeld, vervaardiger van die AK-47, AK-74, en ander outomatiese oorlogswapens, het produksie van selfmoord-hommeltuie opgestoot na die hoogste vlak in die maatskappy se geskiedenis. Dieselfde gebeur tans by elke militêre onderneming in Rusland, en ook vervaardigers van kommersiële goedere begin gereedmaak om by die 'war effort' in te skakel. 

Aanvalle in Rusland het die afgelope paar weke sterk begin toeneem, nie net in Belgorod naby die Oekraïniese grens nie maar selfs in die hoofstad wat wemel van sekuriteit. Wetende hoe slim Putin is, glo ek dis nie alles net anti-Putin Russe of Oekraïniese insurgente wat daardie aanvalle uitvoer nie.

Ek glo Putin self laat daardie false flag aanvalle uitvoer, om gewone Russe sielkundig te mobiliseer vir 'n groter oorlog teen die hele Weste. Die enigste manier om 'n oorlog te wen, het ons uit Viëtnam geleer, is om jou eie bevolking se steun vir geweld teen 'n vyand te verseker. 

Laasjaar se aanvalle was op militêre installasies en olie depots en treinspore wat troepe na Ukraine vervoer, mens kan aanneem dit was waarskynlik Oekraïniers se werk, of Russe wat hulle goedgesind is. Maar die aanvalle die laaste paar weke was op burgerlike teikens, soos woonstelgeboue vol onskuldige mense. 

Dit sal Ukraine se reputasie 'n moerse knou gee as dit sou uitkom dat Kiev daarvoor verantwoordelik was. Sulke aanvalle baat Putin egter, omdat hy nou aan gewone Russe kan sê hulle is in gevaar. En dis insiggewend dat geen gewone Russe sterf in sulke aanvalle nie, sodat as dit sou uitkom die FSB het dit georkestreer, die publieke woede nie so erg sal wees nie. Die Russe is al gewoond deur die eeue gemaak dat hul regering maar 'n rowwe voog is. 



Mens moet na die groter prentjie kyk om te begryp hoe dinge ontvou, en waarheen dit onvermydelik lei. Daar is op hierdie stadium geen manier meer hoe nie net Putin, maar die hele Rusland met eer uit die oorlog kan tree nie. Slegs militêre oorgawe, wat direkte militêre aksies binne Rusland self gaan noodsaak, sal die bedreiging wat Rusland vir die hele wêreld inhou, kan beëindig. 

Elke enkele Europese land, ook diegene soos Hongarye wat na Rusland se kant toe leun, het hul militêre begrotings op dieselfde skaal as wat net voor WW2 gedoen is verhoog die afgelope jaar. Asiatiese lande het ook die voorbeeld gevolg. Dis triljoene dollars ter sprake, juis terwyl al daardie lande predik dat meer bronne aan bestryding van klimaatsverandering toegeken moet word. 

Dat hulle almal egter eerder geld in doodmaakmasjinerie pomp, toon dat hul leiers besef die enigste manier hoe om die aarde te red van katastrofale klimaatsverandering wat deur oorbevolking gedryf word, is om biljoene mense in enkele jare uit te wis.

Op hierdie oomblik is die elite agter die skerms wat regerings manipuleer, besig om slagordes op te stel voordat die oorlogspel begin. Twee opponerende individue, in publiek, mag dalk selfs vriende wees agter die skerms. Maar nou word voorgegee dat hul vyande van mekaar is, terwyl elkeen sy bevolking opsweep om die ander aan te val.

Intussen broei die gewone kreti en pleti reg rondom die planeet voort, en wens mekaar op sosiale media geluk met nóg 'n broeisel wat die aarde se volhoubaarheidsmeter dieper in die rooi druk. Geniet jou kort lewetjie, kind, dit sal nie meer as 'n dekade wees nie.


No comments:

Post a Comment


Get Paid to Hang Out on Social Media, Travel the World!