Die Afrikaanse nuusblad Afrinuus gooi vandag 'n plasing dat die federale Amerikaanse speurdiens (FBI) tans Biden se huise deursoek vir geklassifiseerde dokumente wat veronderstel is om ingeboek te wees by die land se nasionale argiewe vir veilige bewaring.
Talle Afrikaners seil die kommentaarseksie toe in, trots boerbaars om hul onnooslikheid internasionaal te adverteer. Facebook wil mos nie die vertaalfunksie onskadelik stel nie, nou lees die hele wêreld weer hoe Afrikaners redeneer.
Slegs 1 uit 20 kommentators in die betrokke thread het die moraliteit om eers die balk in eie oog te noem. Die res veroordeel sommer dadelik, terwyl hulle ewe oneerlik 'n uur later vir ander predik dat daar nie geoordeel mag word nie, want ou Vuilbaard (hul god-ding) sal glo die veroordeling doen.
Elke boerbaar - met baie van daardie tweegatjakkalse wat my al vertel het ek moet my adellike neus uit SA se sake hou omdat ek nie meer daar bly nie - het nou hul groot bekke vol oor hoe iewel Biden en sy kabaal is. Dis dieselfde immorele gottamiete wat elke digitale straathoek met godsnot besmeer, en Rusland ondersteun.
Dieselfde Rusland wat elke Afrikaner sou uitwis as hulle maar net kon tydens die jare 1960 tot 1990, en 'n moerse oorlog teen SA gefinansier het wat duisende wit lewens geëis het. Spreek dit nie van 'n pure agterbakse karakter nie?
Elk geval.
Biden is al sy hele lewe lank in politiek, en vir die laaste 20 jaar geakkrediteer om met hoogs geheime dokumentasie te werk. Sy personeel ook. Hy is 24/7 in diens van sy land, en moet sy werk kan verrig waar hy ookal gaan.
Dis donders simpel eenvoudige logika dat geklassifiseerde dokumente by sy huise ook sou wees, omdat hy sekeres byderhand moet hê wanneer 'n krisis êrens opduik. Dis nie asof hy gou tydens 'n foonoproep met 'n oorsese leier kan sê "Yo Putipoes, hang a while with that nuke of yours, Imma just gotta go back to DC to check your mental health report first."
Op die ergste het sy kantoorpersoneel eenvoudig nie party dokumente betyds aan hul nasionale argiewe oorhandig nie, en dit kan ook wees dat sy personeel nie geweet het watter dokumente hy nog gaan nodig hê nie. Biden is reeds vir 20 tot 30 jaar lank omring deur FBI agente wat na sy veiligheid omsien. As sulks is waar hy ookal beweeg, 'secure'. Ook die betrokke dokumente.
Daarenteen het Trump uit en uit geklassifiseerde dokumentasie gesteel as aandenkings. Dis toe boonop gestoor in 'n vertrek gesluit net met 'n gewone slot, toeganklik vir enigeen van die duisende besoekers wat sy vakansie-oord besoek. En mens kan seker wees dat Russiese agente ook daar sou gaan rondhang het.
Ons weet ook dat Trump geldnood het, en besigheidsbelange in Rusland, en dat Putin heel moontlik 'n houvas op Trump het. Daar is glo 'n video van sluwe slette wat in Moskou op Trump gepis het as deel van 'n kinky bedpretavontuurtjie jare terug, in die FSB se besit. Dit is heel moontlik dat Trump sommer al lankal 'n paar geheimpies na Putin gesmokkel het. Hy is juis so los van tong.
Appels word dus met pere vergelyk deur Biden se geval met Trump s'n te vergelyk, en dit word uitgebuit deur oorgroeide kinders wat nie eens stemreg behoort te hê nie. Ja, dit sluit baie wit Suid-Afrikaners in wat soos hul gatte redeneer uit onkundige vooroordeel net omdat 'n geheime Russiese agent hulle wysgemaak het met propaganda op fake FB accounts dat Biden kamma sleg is.
Sal die geloofsgefokte samesweringsnertlikes in Suid-Afrika wat die korrupte, immorele skuim Trump ondersteun, asseblief albei hul breinselle aktiveer en begin dink. Dis geen wonder 7 uit 10 swartes daar stem steeds vir die Russies-ondersteunde ANC nie, dis uit veragting vir Afrikaners. Net soos baie internasionale lesers ook deesdae 'n baie lae dunk van alle Afrikaners het, terwyl nie alle Afrikaners boerbare is nie.
No comments:
Post a Comment