Be Notified of New Posts via Smoke Signals or Something

Sunday, September 11, 2022

Twee Stories: Die Kwien is 'n Reptiel, en 'n Pryswenner Boerbaresse




Koningin Elizabeth van Brittanje is op 96-jarige ouderdom die afgelope week oorlede. Slegs twee dae voor dit het die werkoholiese dame nog Brittanje se nuwe Eerste Minister wat Boris Johnson vervang, Mewyfie Liz Truss, se aanstelling tydens 'n persoonlike besoek van laasgenoemde by Balmoral kasteel in Skotland bekragtig.

Die oorlye van die koningin het wêreldwyd opslae gemaak, en vir dae lank al vergas al wat 'n nuuskanaal is die publiek met beelde van die massiewe voorbereidings vir die begrafnis. Uiteraard, weens Brittanje se omstrede rol tydens kolonialisme, is nie almal alte gaande oor die Britte nie, en die Britse koningshuis het sulke mooi mure wat nou met modder geblaker kan word.

Mens moet darem egter steeds 'n mate van simpatie betoon, en erkenning gee waar van toepassing. QE (koningin Elizabeth) se rol as hoof van die Statebond het bygedra daartoe dat talle lande verenig die gevaar vanuit kommunistiese Rusland kon teenstaan, en Russiese invloed kon beperk. Andersins het ons almal dalk nou Russies gepraat en onder 'n totalitêre regime gestaan sonder enige vryhede van spraak en beweging.

Tydens die afsterwe van 'n belangrike persoon, kan mens ander se karakter opsom uit hoe, en of, hulle medelye betoon. Selfs vyandige lande se staatshoofde betuig simpatie wanneer 'n ander land se leier sterf, dis hoe diplomasie en goeie maniere werk. Want onthou, niemand is net altyd nét sleg nie.

Ongelukkig is die regse komponent van Afrikaners bykans sonder uitsondering altyd besmet met godsnot, en het daarom 'n bykans totale afwesigheid van ware moraliteit. Wanneer so 'n Afrikaner semi-geletterd, onkundig, onnooslik, geloofsgefok, tweegatjakkalsig, en verregs is, bestempel ek sulke mans as boerbare, en sulke wyfies se vroulike vorm wat dan boerbaresse heet. Dis 'n portmanteau van die etniese groeperingsnaam 'Boer' (nie boer soos in landbouer nie) en 'barbaar', en dus nie 'n spelfout nie maar 'n nuutskepping wat ek so ongeveer 2013 opgedis het.

Heelwat boerbare het die afgelope week hul Christelik-lieftallige, vergewensgesinde karakters (ek mag dalk sarkasties wees) ten toon gestel, deur na QE in ongure taalgebruik te verwys en haar na hul denkbeeldige Hel toe te verwens.

So hier is vandag se toekenning. Dis gewoonlik 'n weeklikse ding, maar boerbare slaan deesdae hul name so woes met 'n plank internasionaal, dat daar nou elke dag een is wat meer onnooslik en onguur probeer wees as die vorige ene.



Die toekenning Boerbaresse van die Dag word op hierdie heuglike Zombiedag toegeken aan Mewyfie Roenel van Staden. 🏆


Sy word hiermee vereer vir haar superieure onnooslikheid, vir haar vrees vir wiskunde en die omseiling van sompompie-gebruik, en vir haar gebrekkige kennis oor die Anglo-Boereoorlog. Laasgenoemde het plaasgevind gedurende die jare 1899 tot 1902, en vir Koningin Elizabeth om skuldig te kon gewees het as opdraggewer aan die wandade van daardie tyd, sou sy minstens 140 jaar oud moes gewees het vandag.

Mewyfie van Staden hou die huidige monargie verantwoordelik vir die sondes van hul voorouers, maar skrou pure tweegatjakkalswyfie blou moord wanneer Sipho en Genote in die EFF haar verantwoordelik hou vir wat Oupa Piet Stoffontein 'n eeu terug gesondig het teenoor 'n ander ras. Meet met dubbele maat, so rol die Boerbarati voort.

Ons stinkbloedige boerbaresse se ouers het klaarblyklik aan inteling onder die familie gely, wat plat vehemeltes tot gevolg gehad het. Daarom het hulle nie hul broeisel se naam 'Ronel' gespel soos taalkundig vereis was daardie tyd nie, maar 'Roenel', soos ongeletterdes van die tyd gespel het soos hul ore gehoor het. Hulle het ooglopend hul tradisie om kennis en dink te vermy, aan hul dogter oorgedra. 'n Sterk voorkoms van die godsnot virus sal ook te bespeur wees in die ongevoelige wyfie se genealogiese geskiedenis.

Die Komitee vir die Erkenning van Boerbaarse Onnooslikheid vertrou dat ons nuwe ontvanger van die eerbewys dit nie as so onsensitief soos haar plasing teenoor ander was, sal ervaar nie.

My nuwe pryswenner loop slegs 'n kortkop voor 'n fake prokureur met grootheidswaan, wat homself as 'n leier onder die Boerbarati beskou (wat hy nie is nie) en wat môre saam met sy aanvallige vroutjie en haar wilde wenkbroue in 'n hof verskyn op aanklag van poging tot moord.



Hy het so ewe platvloers op sy Facebook blad gesê "The reptile is dead" toe die nuus van QE se vreedsame afsterwe bekend gemaak is. (Pure boerbaar was hy een van die anti-vaxxer swape wat in 2020 vir die samesweringsnert dat die elite reptiele vanuit die ruimte is, geval, en het hy kliphard sy mede boerbare aangehits om die wetenskap teen te staan re die Covid entstowwe.)


Van der Merwe het al sedert jaar toet politieke aspirasies, meer spesifiek, om 'n vorm van apartheid terug te bring. Die meriete daarvan is sekerlik debatteerbaar, met Suid-Afrika se talle etniese groepe wat mekaar beswaarlik kan verdra en dalk maar elk hul eie mishoop moet kry.

Ongelukkig maak die rondpensige man, wat homself gedurende 2020 as prokureur en selfs as advokaat voorgedoen het (wat hy geensins is nie), homself byna daagliks skuldig aan kleinlike aanvalle op lede van die publiek wat nie met sy omstrede stellings saamstem nie. Mense word links en regs gedreig met regsaksies as 'n vorm van intimidasie, wat op hul regte tot vryheid van spraak en die reg om publiek te protesteer inbreuk maak.

Talle vroue is al in hoogs persoonlike taal verbaal aangeval, iets wat mens nie van 'n publieke figuur en veral nie een wat homself as 'n Afrikanerleier ag, verwag nie.

Die skreiende teenstrydigheid tot sy gedrag is dat sy fraai wyfie die afgelope maand 'n Whatsapp / Telegram groep geopen het... vir vroue wat slagoffers van geslagsgeweld is!

Natuurlik vermoed lede van die 'haatgroepies' wat hom soos 'n valk dophou dat daar bedekte motiewe agter sy nuwe inisiatief is. Betaal die lede van vroulief Leoni se nuwe klub dalk 'n ietsie as donasie? Weerlose vroue is mos maklike prooi. Gaan hulle aangemoedig word om te skei, met gawe manlief wat heel toevallig net die regte prokureur kan aanbeveel deur sy ander nuwe inisiatief, 'n aanlyn netwerk van regslui genaamd LinkLawyer.co.za, met hom wat dan maklike kommissie vanaf die regte prokureurs ontvang?

Enige ware leier sou heel diplomaties medelye met die Britse koningin se afsterwe betuig het, en dan miskien 'n paar dae later beleefd op narighede tydens haar termyn gewys het. Die feit van die saak is, ondanks oorlogsmisdade 120 jaar terug gepleeg deur Britse soldate en swartes in Suid-Afrika, kan mens nie mense wat vandag lewe verantwoordelik hou vir hul lank-gevrekte ouers en grootouers se misdade nie.

Mens moet individue oordeel, nie nasies in geheel nie. Nie alle Duitsers vandag is Nazi's nie, nie alle Russe ondersteun die oorlogskrimineel Putin nie (ons fake lawyer hier, en baie boerbare, ondersteun hom wel, fokken immoreel), en nie alle Afrikaners is boerbaristies nie.

Maar wat doen Boerbare Beperk se leier? Ta trek sommer los met 'die reptiel is dood'. Dit sou kaksnaaks gewees het, as mens die verworpe narsisme van 'n opreggeteelde stinkbloeder gehad het.

Terloops, stinkbloeder is nóg 'n nuutskepping van my, nadat soveel boerbariese anti-vaxxers na hulself as 'pure bloods' soos hul Hillbilly nefies in Alabama begin verwys het, wat toe later 'suiwerbloede' geword het. Dis tog siekies watter obsessie geloofsgefoktes met bloed het. Wil dit suip, wil daarin gewas word...



Nog 'n laaste stukkie ironie, wat mooi illustreer hoe maklik Afrikaners mekaar en ander in die rug steek: Koningin Elizabeth is vir dekades lank gekritiseer oor haar 'ondersteuning' (wat inderwaarheid meer begrip was vir SA se unieke politieke situasie) vir apartheid. Sy was uitgesproke krities oor Mandela se rol as terroris tydens die 1950s wat tot die sterftes van talle onskuldige burgerlikes gelei het.

Mandela was die een wat, as leier van die ANC, in 1955 opdrag gegee het dat burgerlikes, en nie net militêre beamptes, met bomme geteiken mag word. Kort daarna het die bomme in Wimpy restaurante begin ontplof. Wel, die Kwien was nie 'n fên van opgeblaasde kinders en onskuldige mammas se sterftes nie. Eers kort voor Mandela se vrylating het sy 'n meer gematigde houding aangeneem en net soos al die wyse mense van daardie tyd, besef dat onderhandelinge sou moes plaasvind met die eertydse terroris.

Dus, Koningin Elizabeth was nie teen Afrikaners nie, sy het begrip gehad vir Suid-Afrikaners se geskiedenis en omstandighede, en haar opinies en besluite was gevorm deur die tydsperiode.

Dis ook algemeen dat moeders nie van hul skoondogters hou nie, en die Kwien het met haar koue houding teenoor prinses Diana maar net gewys dat sy ook 'n mens is.




En omdat ons peasants almal ook maar mens is, en dit Britse ontgroeningstradisie is, sal die nuwe koning gebraai word in memes, sommer binnekort.

So effens af van die storie: Het julle opgelet dat eks-prins Harry (van wie ek meer hou as van William) op 'n rooi haar net soos die rooikop majoor lyk met wie Diana 'n skelm verhouding gehad het? Selfde tipe gesig, selfde liggaambou anders as die skraal bou van prins Charles - wat nou Koning Charles die Derde word - en William, en so aan. Maar dis natuurlik blote toeval, né. 😉

QE het geen groot skandale nagelaat nie, sy het nie soos Fergie aan tone gaan suig by 'n swembad nie. Nee, die Kwien was nogal werklik in diens van haar land, soos sy tydens haar bewindsaanvaarding belowe het sy sou. Natuurlik teen 'n astronomiese inkomste, waaroor ek elders in die toekoms sal lawaai.

Maar tog word die Kwien nou deur wit, ongeletterde, onkundige boerbare in Suid-Afrika vir alles wat sleg is uitgetrap, en danksy Facebook se vertaalfunksie lees seergemaakte Britte dit. Wees maar verseker daarvan, die Engelse sal dit onthou, en as groot handelsvennoot van SA gaan dit implikasies hê in die toekoms. Prins William wat sy pa binne 20 jaar as koning gaan opvolg is ook glad nie so dol oor Suid-Afrika soos Harry nie.









1 comment:

  1. Stem absoluut hiermee saam. Onopgevoede afrikaner gemors.

    ReplyDelete


Get Paid to Hang Out on Social Media, Travel the World!