Be Notified of New Posts via Smoke Signals or Something

Monday, November 1, 2021

Alles Werk Ten Goede Uit?



Die meme sê dit alles. Êrens op die ver verlate vlaktes van Suid-Onnooslikia dans en baljaar 'n klomp geloofsgefoktes nou. Pure blydskap dat alles so mooi ten goede vir hulle verloop. Die berge en den dale weergalm soos die kindjies-klein vir die ontsnappende bontvarkies in hul hoofde liedjies sing en prys. 

  Dis mos darem heerlik om te hoor 'n gesinslid het die lewe ingeskiet in 'n motorongeluk. (Ek verneem die gesin in die motor was witpelsig, en dié in die taxi natuurlik swartpelsig.) 
  'n Maagd word geoffer om dankie te sê. 'n Skaap word keelaf gesny. Die skelm NG Kerk predikant vryf kiempies op sy gierige vet handjies dood in afwagting op die groot begrafnistjek. Die bekke water vir die heerlike kerrie-rys wat by die begrafnis voortgesit gaan word. Die trane van dankbaarheid vloei, al weet die kinders nie lekker waar hul kos vandaan gaan kom met hul ouers morsdoodvrek daar onder die grond nie. Ou Vuilbaard word bedank vir sy wonderlike voorafbepaalde plan, en so aan. 

Of andersins lieg daai kak Bybel mos. 

  Een oomblik lewe jy lekker en vertel jouself die Tandemuis sal jou kinders en vrou beskerm terwyl hulle op pad is na jou toe. Volgende oomblik lui jou mobiele sellulêre luisterapparaat en hoor jy jou familie is soos prinses Diana oor die paneelbord gesmeer. En dan soek jy vertroosting in 'n belaglike snertsprokiesbundel wat jou vertel dis ten goede. My jissis god man. 

  Hoekom belieg Afrikaners hulself so? En hoekom praat hulle sulke kak in die publiek en dink hulle kan langer daarmee wegkom? Hul kinders verdien om dit te sien in die toekoms, lekker buite Facebook - wat elk geval 'n publieke platform is - waar soekenjins dit optel. As jy 'n Bybelvers op jou timeline plak, en dit nogals 'n jaar later weer doen, dan onderskryf en glo jy mos daardie snert. 

  Nee, geagte leser, dié nig Leandri Blom is nog springlewendig en wonderlik bygelowig, dit was nie sy of iemand wat sy ken wat in die ongeluk betrokke was nie. Sy het net 'n leuen wat sy verlede jaar opgedis het wragtig gaan opdiep om wéér te herhaal op haar timeline. Dis ook maar ten goede dat sy nie merrie-go-rounds ontwerp vir 'n lewe nie. 

  Ek het albei plasings op verskillende plekke op FB gesien, en hulle toe bymekaar gevoeg op die meme om 'n eenvoudige konsep wat steeds bo die begripsvermoë van geloofsgefoktes is te illustreer. 
   Hopelik laat dié redelike, logiese vrae van my 'n paar bygelowige boerbare dink, hoewel ek nie geld daarop sal verwed nie. 

Ons almal weet Afrikaners in Suid-Afrika is baie lief hul denkbeeldige god-dingetjie, en dis glad nie siekies nie, hoor. Ook nie om in sy kind se bloed te wil bad en 'n slukkie daarvan te wil uitsuie nie. Nou moet ons net uitvind by Leandri hoe 'n plaasaanval waarin boer Jakobus doodgemartel, en sy vrou en kinders verkrag en met 'n pot kookolie lewenslank geskend word, ten goede uitwerk vir hulle. 

Of andersins - weereens - lieg die 'boek van waarheid' mos. 

Hoekom 'n boek onderskryf wat jou blatant vir 'n gat vat? 




3 comments:

  1. Hul besit geensins (of dit is BAIE laag) analitiese denk vermoë of begryping nie, wetenskaplik en sielkundig bewys. Dit is wel baie hartseer, mens wil so graag hul oë vir hul oopmaak, maa hul sal net aanhou "glo". (Vroeë kondisionering "warp" jou brein en denks patroon, en natuurlik Stockholm Syndrome...)

    ReplyDelete
  2. Ja, dis ongelukkig so. Dis tipies van mense met breinskade, daar is nie 'n mooi manier om dit te stel anders as so nie. Dis nie asof hulle nie self kan sien mense is dood in 'n ongeluk nie, so hoe het dit dan ten goede vir daardie mense of hul families uitgewerk? Maar dan sal malles wragtig sulke goed kwytraak op FB, want hul breine skakel mos af.

    ReplyDelete
  3. Ja as mens hulle vra hoekom laat hulle God toe dat plaasmoorde gebeur, reageer hulle bloot met daai ou "vryheid van keuse" snert. Heel selektief kom hulle altyd met daai storie. Maar dan vergeet hulle dat goeie dade ook te danke moet wees aan vryheid van keuse. Tog redeneer hulle altyd dat dit ou vuilbaard is wat die goeie daad laat gebeur het. Sulke eensydige snert maak my boos. As dit vryheid van keuse is, wat maak dat twee inbrekers 'n 84 jarige ou tannie se hande en voete brand met 'n blaasvlam dan moet dit tog vryheid van keuse wees wat veroorsaak dat 'n man in die swembad spring en 'n verdrinkende kleuter se lewe red deur cpr op hom/haar te doen. Tog weergalm dit gereeld goed soos - " Prys die Here", " Abba Vader", Dankie Here" etc. Laat hulle God dan toe dat bose mense die vryheid het om hulle bose keuses uit te voer en ander mense seer te maak? Met ander woorde, God se wil geskied nie. Nou wie wil vir so 'n God bid? As jy en jou familie aangeval word gaan hy niks doen nie want "vryheid van keuse'.

    ReplyDelete


Get Paid to Hang Out on Social Media, Travel the World!