Die Suid-Afrikaanse koerant Beeld gooi Sondag (gister) 'n foto op hul Facebook blad oor hoe rof dinge nou in SA gaan. Natuurlik gaan bespied ek toe die kommentaarseksie van die artikel op FB, waar ek mos toe darem intelligente debat - okay ek lieg - verwag het. Jy weet, soos mens hier in Europa kry wanneer die virus bespreek word, en mense wetenskaplike joernale aanhaal, ens.
Maar, soos ek verwag het, wemel die kommentaarseksie toe van boererate, liegstories (Ivectomien, kan nou nie regte spelling van naam onthou nie, is nou goedgekeur en bewys dat dit werk deur wetenskaplikes, lieg die een boerbaar ewe glad daar), samesweringsnert wat 'bewys' word met YouTube videos, en natuurlik is die digitale straathoek skoon slymerig van al die godsnot wat die Afrikaners kwytraak. Sodra kindjies-klein mos bang raak vir die donker roep hulle hul denkbeeldige maatjie.
Soos my sewe lesers reg rondom die wêreld weet, is die derde vlaag in Suid-Afrika reeds erger (meer aansteeklik, en het daarom meer infeksies) as tydens die hoogtepunt van die vorige twee vlae in SA.
Belangriker nog, die teenswoordige vlaag is tans hoofsaaklik in Gauteng provinsie gesentreer, nog nie eens behoorlik in die ander 8 provinsies nie, en dit gaan beslis soontoe ook versprei. As net een provinsie reeds hoër syfers het as die hele land tesame tydens die vorige vlae (nog nie heeltemal daar nie, maar gaan dit bereik binne 2 weke), dan kan jy maar weet iets gaan êrens meegee.
- Dokters en verpleegpersoneel in Suid-Afrika is by die punt van uitbrand, dis hartverskeurend om hul relase en moedelose gepleit op sosiale media te moet lees.
- Geld word steeds fluks gesteel deur regeringsamptenare.
- Die moontlikheid van vervalste entstowwe neem toe.
- Teen die huidige pas van inentings gaan SA eers kudde-immuniteit teen einde 2022 bereik.
- 'n Nuwe mutasie mag die huidige entstowwe heeltemal nutteloos maak.
So ek reken daar lê 'n rowwe drie of vier maande vir SA voor... voordat 'n selfs gevaarliker, nuwe mutasie sy kop uitsteek vir 'n vierde vlaag. Die oorspronklike variant, Alpha, is sowat 10 keer meer aansteeklik as die gewone verkouevirus. Die tweede een, Beta, wat glo in Suid-Afrika ontstaan het, was meer gevaarlik, en die nuweling Delta nog meer so. Beramings dui daarop dat Delta tussen 60% en 100% meer aansteeklik as Alpha is, wat beteken tot dubbel soveel mense kry die virus in dieselfde periode.
Maar steeds is daar geloofsgefokte Afrikaners hier in die middel van 2021 wat sê die virus is 'n klug, 'n komplot, net 'n swaar verkouevirus. Hoe de fok moet mens respek hê vir sulke onnooslike breinsiekes en hul weersinwekkende gebrek aan logika en vrees vir kennis? Reg daar by elke Jan Rap se pote sit 'n toestel wat hom toegang gee tot die meeste kennis wat die mensdom ooit op een slag tot sy beskikking gehad het.
En dan is hulle nogals ou Vuilbaard se uitverkore volk, en reken hulle hulle is superieur teenoor swartes?!
Intussen hou Suid-Afrika se ekonomie aan met dip, politieke onrus groei terwyl 'n skelm oudpresident Lady Justice alweer verkrag en 'n slap president met die hande op sy bleskop sit, werkloosheid neem toe, en misdaad neem toe. Mens kan mos sien dit stuur op 'n kakspul af.
Maar wat doen geloofsgefokte Afrikaners? Staan hulle mooi saam en beraam hulle soos ateïstiese Yslanders planne om die dag te red? Nee! Boerbaar se kind baklei onder mekaar oor wat op presies dieselfde bladsy in hul sprokiesbundel staan. Hulle preek dat 'n god-ding wat reëls het vir hoe kinders as seksslawe ontvoer moet word, goed is. Hulle terroriseer hul eie kinders met dreigemente van denkbeeldige vuur, wat vir die bloedjies baie real is.
Metafories gesproke, hulle kwyl soos mental pasiënte in 'n gestig tot die stemme in hul koppe, kniegies opgetrek teen die bors, terwyl hulle heen en weer sit en wieg en 'Jissis min my salig lot' sit en sing so tussen die speeksel deur. Gaan soek gerus die groep Bybel Feite Bible Facts op Facebook, jy sal heeltemal van jou stoel af val. Sosiale media het dit baie duidelik gemaak hoe erg mental onstabiliteit in Suid-Afrika werklik is.
Geloofsgefokte boerbare raak die mees onnooslikste, mees absurd snert kwyt wat jy jou kan voorstel, soos die skermgreep bo-aan hierdie artikel illustreer. Waar kom Lettie Koos du Plessis aan sy/haar snert? (En hoekom vertrou die twee mekaar so min dat hulle 'n gesamentlike FB rekening het?)
Hul gebrekkige denkprosesse verlam die Afrikaner op onderbewustelike vlak. Ag, fok die masker, Liewe Jissis sal my beskerm, die vloek is mos nou verbreek nadat ek amen getik het, is die houding.
Baie van wat gelowiges kwytraak is sogenaamde woordslaaitjies, dit is slegs 'n samevoeging van woorde wat na iets klink, totdat mens gaan sit en dit ontleed. Dan kom jy behoorlik agter hoe min sin dit werklik maak. Toets dit self, vra tien gelowiges om te verduidelik wat daar staan, en jy gaan tien verskillende antwoorde kry soos elkeen sy eie weergawe as antwoord fabriseer.
Vervang gerus die noemname op die skermgreep heel bo-aan hierdie artikel met die naam Liewe Heksie, as jy wil sien hoe belaglik dit werklik klink. En tog is Liewe Heksie net so real soos die Christelike god, sy is ook in boek en nêrens anders nie.
En ek moet mense wat 'n hele pandemie, 'n hele virus, sommer net so kan wegbid, en dit dan glo en op hul aanteelseltjies afdwing, respekteer? Se moer man.
En hoe de fok kanselleer mens 'n negatiewe uitspraak? As ek 'n boom wat nie wil vye dra nie sou vervloek en slegsê - soos Jissis glo gedoen het - kan mens dan daardie negatiewe slegsê kanselleer, gaan die boom dan weer goed voel oor sy wortel?
Of, meer prakties, as ek sou sê die SA regering is onbevoeg en korrup (dis mos waar, en negatief), is dit nou nié meer negatief nie, omdat Lettie Koos du Plessis my uitspraak gekanselleer het? Is dit nou heeltemal onmoontlik vir enigeen om iets negatiefs te sê?
No comments:
Post a Comment