Be Notified of New Posts via Smoke Signals or Something

Saturday, February 13, 2021

Afrikaners is 'n Virus Wat Uitgewis Moet Word, skrou Coke-suipers



Breedbekkig skrou Malema en ander swart rassiste hoe sleg die Afrikaner is. Dan protesteer 'n al hoe kleinerwordende groepie Afrikaners en raak so 'n paar bobbejanerige sêgoed kwyt. Want raai wie klim toenemend ook op daardie wa dat die Afrikaner sleg is? Die Afrikaner self.

Die eens-gewilde popgroep wat eintlik soos hul gatte met sulke skor stemme gor as mens mooi luister, Fokofpolisiekar, het jare terug bekend geraak vir hul song met dieselfde naam. Die predikant se rebelse seuntjie François van Coke wat die groep begin het - nadat hy deur sy pa se liegstories op die kansel gesien het, kudos - het eenvoudig die onderwerp van die dag - die polisie is kak en moet fokof - geneem en 'n lied daaroor gemaak.

Net soos Bok van Blerk die Afrikaner se soeke na 'n redder uitgebuit en die nostalgiese Generaal De la Rey gekommersialiseer het. Sulke liedjies is siek, my china. (Cool, maar siek is mos die nuwe cooler woord daarvoor. Ja, dis glo cool om siek te wees, en nog beter as dit van 'n virus is. Watter godsnotlike logika.)

Nou het 'die Polisiekarre' - soos die eng verkoeklike Afrikaner media hulle aanvanklik genoem het - 'n nuwe song wat hulle hoop hulle weer in die kollig sal kry. Ek het nie eens die naam van die song probeer uitvind nie, dis sommer regdeur die lirieke daarvan.

'Ons is die virus' word herhaaldelik gesing, en daardie refrein gaan vassteek in die plat koppe van veral twintigerjariges wat klaar deur die geloofsgefokte breinspoeling van hul ouers beskadig is. Wat is die psigologiese impak van só 'n skadelike refrein op die lang termyn? Dis dieselfde as 'n vroueslaner wat aan sy vrou vertel sy is sleg en minderwaardig, na 'n ruk se herhaling daarvan glo sy dit.

Julle is 'n virus, liewe Afrikaanse luisteraars, spuug die Komminati se popgroep daar vanaf die verhoog. Ag, ek bedoel stage. Afrikaans is nie siek nie, so moenie dit gebruik nie hoor. Maar herhaal gerus die refrein 'ons is die siekte!' wat die song 'n treffer gaan maak.
En wat doen mens met 'n siekte soos 'n virus? Wis die ding uit, né. Hoewel die groep dít nie sing nie is daardie boodskap reeds onderbewustelik in die breintjies van jong aanhangers gegraveer, die spikkels moet net verbind word. Laat die klomp jong depressielyers dit nou oor en oor herhaal totdat hulle 'n paar van hul menigte pille vir al hul kwaaltjies aspris te veel sluk.

Dis wragtig net 'n kommin musiekgroep desperaat vir aandag en geld wat sulke gevaarlike snert in jongmense se koppe kan inprop, juis terwyl sulke boerbaartjies opgebou moet word om in hulself en hul toekoms te glo, as die Afrikaner sy identiteit wil behou.

Waar het jy al gehoor dat ABBA of Bad Boys Blue of ander regte popgroepe hul aanhangers só afbreek? Maar nou ja, as ons dan 'n hele generasie Afrikaners moet laat glo hulle is 'n virus wat uitgewis moet word, dan sal plaasaanvalle seker ook aanvaarbaar word vir die besmettendes wat klaar gril vir die godsnot wat hul poeksies en moeksies hulle probeer wysmaak het.

Moenie kom met die verdediging dat die lied kuns is nie - alle musiek is wel kuns - en daarom gesing mag word nie. Kill the Boer Kill the Farmer is ook 'n vorm van kuns, reg. Die mens glo wat hy by herhaling hoor, selfs al is dit 'n blatante leuen. Miljoene swartes glo die witman het sy grond gesteel, al is dit feitliks en geskiedkundig onakkuraat. Oor 5 jaar glo 'n hele spul jong blankes dat hulle werklik siek en 'n virus is wat verdien om uitgewis te word.

Ek verstaan alte deeglik hoekom die sanggroep, ag ek bedoel 'band' (se gat, hulle is maar 'n sleg namaaksel van 'n regte band), 'n aanhang onder jongmense het. Hulle neem sake van die dag, en maak dan liedere (? Wat 'n uncool hot woord) daaruit wat tot die vooroordele van hul aanhangers spreek. Slim. Maar gevaarlik, dis soos Jode wat vir hulself sing hulle verdien om vergas te word deur Duitsers. Behalwe dat Jode nie so onnooslik soos geloofsgefokte boerbare is nie, né.

Kyk maar, ná so 'n wilde paartie by 'n braai die Saterdagaand wanneer genoemde boerbare na daardie musiek geluister het sit hulle almal die volgende oggend nog effens gesuip in die kerk, waar Francois van Coke se predikantpa se liegbek-kollegas dan die spul verder vertel hoe sondig en sleg en minderwaardig hulle is. My jissis god tog.

Net terloops, dis interessant dat Coca-Cola onlangs in die nuus was vir 'n opleidingsessie waartydens die term 'be less white' gebruik is, en daardie term toe soos 'n virus - viral, my bro' - versprei het. Toe François van Coke agterkom hoe ongewild Coca-Cola skielik onder sy verploeterde aanhangers geword het verander hy - of iemand anders - sy verhoognaam na François van Pepsi. (Dalk net informeel tot die stof gaan lê het; die boerbare suip al klaar weer Coke saam met hul brandewyn, hul belaglike boikotjie al vergete.) Toe sal 'n boerbaar sowaar op die bose internet gaan uitsnuffel dat Pepsi die skuimgattige BLM finansieel ondersteun. PR-blapsie daar, woepsie wapsie se worsie. 

Dit verstom my hoe 'n groot komponent van Afrikaners hulself in die voet skiet, in die rug steek, en negatiwiteit omhels. Te fokken onnooslik en onbelese om enigiets van sielkunde en die impak van herhaalde toegeëiende selfkritiek op die kumulatiewe psige te begryp. Dit waarop jy fokus, 'n siekte, dit word jy.







No comments:

Post a Comment


Get Paid to Hang Out on Social Media, Travel the World!